Monday, September 3, 2012

Wie's die Koring en die Onkruid?

Wie's die Koring en die Onkruid?

"Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word,
SO SAL DIT WEES IN DIE VOLEINDING VAN HIERDIE WêRELD:  die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,  en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.  Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor" - Mat 13:40-43.

-  Jesus het die koninkryk van die hemele vgl. met 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het, en terwyl hulle geslaap het, het die vyand onkruid daaronder gesaai... (Matt. 13:24-30).  Wanneer Hy die gelykenis vir die dissipels verduidelik in v. 36-43, vgl. Hy

*   die goeie saad met die kinders van die koninkryk,

*   en die onkruid, met die kinders van die bose.


Die gelykenis van die Koring en die Onkruid,
 kan ook vergelyk word met 
 Mat 13:47-50 - "Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring;  en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.  So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande".


Omdat die "saailand" die wêreld is, kan die onkruid oral gevind word, selfs in die kerk!  Dit kan dus  (1) verwys na die ongelowiges "in die wêreld", en (2) kan verwys na die valse profete en valse leraars wat in die kerk is.  Jesus het van hulle gepraat as die "wolwe in skaapsklere".

 (Mat 7:20,21)  "So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is").



 Jesus het ons gewaarsku teen valse profete.  Hulle is nie Sy skape nie, maar doen hulleself voor as skape.  Hulle is dus nie gelowiges nie, maar wel in die kerk asof hulle gelowiges is! 

Jesus het vir ons geleer hoe om valse profete te identifiseer:
(1)  hulle dra nie die nodige vrugte nie;
(2)  hulle doen/soek nie na die wil van die Vader nie.


Volgens
 2 Pet. 2:1-3;  Matt. 24:24 en 1 Joh. 4:1-6,
 is VALSE PROFETE: 

 (1) die wat nie glo dat Jesus Christus die Messias is nie - "of die enigste weg is nie"; 
(2)  die wat praat soos die wêreld en die wêreld luister na hulle- "wêreldse wysheid";  
(3)   die wat nie na die waarheid luister nie- hulle "soek nie die waarheid nie, maar glo wat hulle wil".    


Op die dag van oordeel, sal die "koring" van die "onkruid" geskei word:  Dan sal die Here oordeel  tussen "gelowiges",  en "die wat hulle voordoen as gelowiges" of die "ongelowiges".

Daar sal onderskei word tussen die wat gewas is in die bloed van die Lam, en die wat in die wêreld is.

Daar sal onderskei word tussen die wat die wil van die Here doen, en die wat hulle eie wil doen.. 






No comments: