Sunday, September 16, 2012

pasop vir Verbittering...



Wanneer ons "verbitterd" is, voel dit soos 'n:  "swaar las", ons voel selfs "ontevrede" en somtyds "kwaad".  
 Ons voel somtyds soos Job - (Job. 23:2) - "Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug".

Ons laat gevoelens maklik groei in ons - in plaas van na die Here toe gaan soos Hanna in 1 Sam. 1:10, laat ons toe dat  hierdie gevoelens ons denke oorneem en ons verander in mense wat heeltyd kla en ontevrede voorkom.  Dit was nie perongeluk dat Paulus hieroor geskryf het aan twee verskillende kerke nie, want ook in die eerste kerke het Christene met hierdie probleem gewroeg.  Ons val so maklik in 'n plek waar ons ONTEVREDE voel.  Natuurlik moet ons nie "hartseer" verwar met "verbittering" nie!, maar "hartseer" kan verander in "verbittering" as ons nie by die punt kom waar ons aanvaar en dit nie na die Here toe neem nie.  VERBITTERING is iets waarteen die Christen moet veg in sy/haar lewe.  Ons moet nie toelaat dat dit ons beheer nie.



Kort opsomming:
* Hoe raak mense verbitterd?
   -sonde kan mense verbitterd maak;
   - wanneer iemand nie God se wil wil aanvaar nie, dan kan hy verbitterd raak;
   - ontevredenheid kan mense verbitterd maak;
   - wanneer mense afgunstig en selfsugtig is;
   - wanneer hulle skuldig is en nie hulle fout wil erken nie.

* Hoe help ons ander wat verbitterd is:
  - lei hulle om God se wil te aanvaar;
  - herinner mekaar om in alles dankbaar en tevrede te wees;
  - wys diegene wat afgunstig (jaloers) en selfsugtig is, tereg;
    stop mekaar as ons kwaadpraat van ander;
  - Christene moet daagliks hulle sonde bely.


-Ef. 4:31  "Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid".
-Kol 3:19  "Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie".
-Heb 12:15  "en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie".


1. Dit is so dat "hartseer" of "neerslagtigheid" in verbitterdheid kan omsit (soos in die geval van Job), maar wanneer die Skrif praat van "verbitterd", beteken dit egter in meeste gevalle iets anders. 
2. Om "verbitterd" te wees, word  natuurlik nie in die Skrif as iets mooi beskryf nie!  
3.  Almal raak somtyds ongelukkig, soos Hanna en Dawid e.a., maar soos hulle, moet ons ook ons tot God rig en by Hom "kla". 
4.   Nog 'n geval wat in die Bybel vir ons geskets word, is  "SKULD", (soos in die geval van Esau) waar hy ontevrede en kwaad geraak het vir ander oor iets wat hy self veroorsaak het. 
5. 'n Ander vb. is:  "ONTEVREDENHEID", (soos Simon in Hand. 8:18-24) waar hy nie tevrede was met wat hy het nie en besittings en kragte meer begeer het as die Here. 
6.  En dan, die grote, waarvan ons heelwat skrifte kry in die konteks van verbittering:  "AFGUNS EN SELFSUG", (soos Diotrefes in 3 Joh. 1:10 of die ongelowige Jode in Hand. 4:2 ens.) waar mense afgunstig is op ander en die waarheid verdraai omdat hulle jaloers is asook kwaadpraat van die wat die geregtigheid liefhet. Laasgenoemde is ongelukkig baie prominent in die kerk vandag.  Die persoon wat "te na gekom" word deur diesulkes, word gewoonlik geklasifiseer as die een wat "verbitterd" is (terwyl dit eintlik andersom is!!!), en wanneer "die wat te na gekom" is, die probleem aanspreek (wat ander verstaan as "kla", word hulle eerder aangepraat omdat hulle "nie vergewe nie", of omdat hulle "oordeel".   INTEENDEEL MOET DAAR MEER TEREGWYSING WEES IN DIE KERK TEENOOR MENSE WAT AFGUNSTIG EN SELFSUGTIG IS.  

Waarom raak mense verbitterd?
1.      Gen 27:34  "Toe Esau die woorde van sy vader hoor, skreeu hy met ‘n baie groot en bitter geroep, en hy sê vir sy vader: Seën my ook, my vader!"

Esau het ONTEVREDE gevoel en selfs kwaad!, al het hy self sy geboortereg vrywilliglik verkoop aan sy broer. (in v. 36 gee hy vir Jakob skuld) - so hy sou selfs die waarheid verdraai omdat hy ontevrede en kwaad was.  "Bitterheid" beïnvloed ons optrede.  Ook was dit heeltemal verkeerd van Esau om ontevrede te wees, en hierdie sonde het hom nie net verbitterd gemaak nie, maar ook veroorsaak dat hy die waarheid verdraai het.  

*  SONDE KAN MENS VERBITTERD MAAK - in hierdie geval  was Esau se ontevredenheid, 'n sonde.

2.      'n Sekere man, Simon, in Hand. 8:18-24 het ook toegelaat dat "bitterheid" sy lewe beheer.  Miskien was hy nie eens bewus van hoe verbitterd hy was nie - hy het gesien hoe Petrus en Johannes die hande op gelowiges lê sodat hulle die Heilige Gees kon ontvang.  Simon  "wou ook hê" wat hulle het hulle geld aangebied om ook die gawe te kan ontvang om mense hande op te lê sodat hulle die Heilige Gees kon ontvang.  Maar Petrus het Simon geantwoord: "Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.  Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie. Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.  Want ek sien dat jy in ‘n GAL VAN BITTERHEID en bande van ongeregtigheid is" - (Hand. 8:20-23). In v. 24 vra Simon dat hulle vir hom bid dat "niks van wat hulle gesê het, oor hom sal kom nie" - Simon is besorg oor die feit dat hy al sy geld kan verloor - terwyl hy sy eie hart moet ondersoek en vergifnis vra, is hy eerder besorg oor dit wat oor hom kan kom of wat hy kan verloor!  

*  MENSE WAT ALTYD MEER EN MEER WIL HÊ, IS ALTYD ONTEVREDE - HULLE HET "NOOIT GENOEG NIE" EN OMDAT HULLE SEKURITEIT LÊ IN DIT "WAT HULLE HET", IS HULLE MEER BESORG OOR WAT HULLE KAN VERLOOR. (Dit laat dink mens aan wat Jesus gesê het in Mat 6:19-21:-  "Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees".  -Dit wil nie sê dat ons geen besittings mag hê nie, maar dat die besittings nie vir ons 'n "sekuriteit" moet raak nie.  Vir Simon het dit nie gegaan oor die Here en wat die Here wil doen nie, maar oor wat hy kan kry en hoe dit hom meer tevrede of suksesvol kon maak.  

* Ook in hierdie geval was Simon se ONTEVREDENHEID 'n sonde (ontevrede oor "wat hy nie het nie") - ontevredenheid lei tot verbittering.

Jak 3:14  Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie. 
Jas 3:15  Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels; 
Jas 3:16  want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.

Wanneer ons bogenoemde gedeelte in konteks lees, sien ons dat dit handel oor "die Tong", waarmee ons God die Vader loof, maar ook mense vervloek! Dan gaan hy verder deur te dit duidelik te stel dat dit nie so hoort nie.  Die oorsaak daarvan?  BITTERE AFGUNS en SELFSUG ! (v. 14) 

                                             M.a.w.:  Mens kan maklik sien wie "afgunstig" en "selfsugtig" is, want hulle kan nie hulle tong in toom hou nie deur kwaad te spreek van ander en ander te vervloek.

"Dit is nie die wysheid wat van bo kom nie...";  "want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade".  Min kerkleiers raak die belangrike onderwerpe aan  deesdae en vele Christene word onderdruk in die kerk omdat ander afgunstig en selfsugtig is. Mense wat afgunstig en jaloers is, asook selfsugtig, verdraai maklik die waarheid en roem selfs in hul verdraaide standpunte.  Diesulkes is NOOIT TEVREDE, raak BESWAARD en selfs KWAAD wanneer iemand die waarheid praat - geen wonder hy noem dit "bittere" afguns nie...

*  MENSE WAT SELFSUGTIG EN AFGUNSTIG IS OP ANDER,  RAAK VERBITTERD.
Ef. 4:31  Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. 


CHRISTENE MOET ANDER CHRISTENE TEREGWYS WAT AFGUNSTIG EN SELFSUGTIG IS SODAT "alle bitterheid en woede en.........verwyder kan word".  
Soortgelyke voorbeelde in die Bybel van GELOWIGES WAT ONTEVREDE IS MET ANDER GELOWIGES (en L.w., oor die waarheid!), is bv.:
* Diotrefes (3 Joh. 1:10) wat slegte woorde teenoor Paulus en die ander broers gespreek het en selfs die ander gelowiges probeer verhinder het om gasvry te wees teenoor die apostels.
* Hoofman van die tempel en die Saduseërs (Hand. 4:2) wat baie ontevrede was dat Petrus die volk leer.
...ens. ens. ens.
Is daar 'n geval waar ons ontevrede mag wees?
Ja, Christene moet bietjie ontevrede raak met die "suurdeeg wat die hele deeg suur maak"!  Dit is nie reg om te oordeel nie, m.a.w. kwaadspreek en fout soek nie, maar ons moet opstaan vir die waarheid en gelowiges wat in opsetlik aanhoudende sonde stap, teregwys (soos die Here van ons verwag, sodat hulle tot insig kan kom!) - Vir te lank stap baie Christene in ongeregtigheid omdat hulle nie tereggewys word nie en gelowiges nie die verskil ken tussen teregwysing en oordeel nie.Ander voorbeelde:  Hand. 16:18

Ons moet tevrede wees:

Heb 13:5  "...WEES TEVREDE MET WAT JULLE HET, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie". 
Hand. 21:14  Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê: Laat die wil van die Here geskied! 
-Die ander dissipels moes tevrede wees met Paulus se besluit om steeds op te gaan Jerusalem toe, al het hulle geweet hy daar gevange geneem sou word - hulle moes dus vir Paulus vertrou dat hy weet wat hy van God hoor en tevrede wees met DIE WIL VAN DIE HERE.
 Fil.  4:11  Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. 


Spr. 27:7  ‘n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir ‘n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.
- die een wat tevrede is met min en sy hoop sit in die Here, is ook tevrede met enige iets wat hy kry of wat die Here op sy pad stuur.

No comments: