Sunday, September 16, 2012

Valse Profete

'n Profeet is iemand wat die wil van die Here aan ander bekend maak - die valse profeet gee voor dat hy die wil van die Here ken, maar in der waarheid praat hy uit sy eie -
- DIT IS DIE WAT SKYNHEILIG IS EN WIE SE MENSLIKE WYSHEID BELANGRIKER IS AS DIE HERE SE WIL.
(Valse profete is mense wat voorgee dat hulle die Here ken, maar hulle ken Hom nie regtig nie).
Hoe identifiseer ons mense wat VOORGEE DAT HULLE DIE HERE KEN?
*  Hulle wil hulle gesag op ander afdwing.
*  Hulle raak kwaad oor die waarheid.  (Hand. 5:28,29) (Matt. 15:7,12)

Van die skrifgeleerdes en Fariseërs het Jesus die volgende gese:
(Mat 15:8)  "(Mat 15:8)  Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.
(Mat 15:9)  Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is".  Jesus het hier onderskei tussen die wat die Here ken, en die wat Hom nie ken nie. Die basiese bewys van of iemand die Here ken of nie, is deur na die "vrug" van 'n persoon te kyk.  God kyk na die hart van die mens, maar ons weet nie altyd wat in die hart van 'n mens aangaan nie.  Iemand se vrug is egter die bewys van wat in die mens se hart aangaan;  daarom se Jesus in Mat 15:11- "Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein".  Die Fariseers het nogal aanstoot geneem oor die dinge wat Jesus oor hulle gese het, tipies hoe sulke mense kwaadraak oor die waarheid (v.12), maar Jesus se reaksie hierop aan sy dissipels, was as volg: "Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word.  Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val" - (v.13,14).  

Ons moet verstaan dat die hoofdoel van die "profeet" juis is dat daardie persoon die een is wat "van die Here hoor" en God se wil met ander deel.  As iemand hom dan nou voordoen dat hy "van die Here hoor", maar nie regtig hoor nie, dan sal hy nie die waarheid verkondig nie en kan veroorsaak dat die wat hom volg, ook "in die sloot val". Daar is baie valse profete in die wereld wat voorgee dat hulle van die Here hoor en vele gaan agter hulle aan om verskeie redes.
(Mat 7:15)  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

(Mat 7:16)  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
(Mat 7:17)  So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.
(Mat 7:18)  ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
(Mat 7:19)  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
(Mat 7:20)  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

Alhoewel ons die nie kan stop nie, moet ons "pas op" vir hulle, het Jesus gesê. Hy beskryf hulle as die "wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is".  Ware Christene dink maklik dat diesulkes vir hulle geen gevaar inhou nie, maar ons moet let op Christus se bevel hier en besef dat as ons nie die onderskeiding maak nie, ons van binne beroof kan word!   Jesus gee vir ons 'n baie eenvoudige manier om te kan onderskei:  "aan hulle vrugte sal julle hulle ken".  (Ons moet egter ook pasop dat ons nie verkeerd onderskei deur mense te beoordeel op die manier "hoe ons dit sien nie", want dan maak ons dieselfde fout as die valse profeet.)
ALHOEWEL GOEIE WERKE NIE ONS SALIGHEID KAN BEWERK NIE, DIEN "VRUG" AS 'N BEWYS DAARVAN DAT ONS HOM VREES, omdat geregtigheid slegs verkry kan word deur geloof. "Geregtigheid" word ook baie verkeerd verstaan en gesien as gehoorsaamheid aan leiers en kerkwette.  Geregtigheid is egter baie meer as dit en verwys eerder na " "n wil om reg te doen " en "gehoorsaamheid aan die Here"!  Sommige Christene reken dat hulle geregtigheid het omdat hulle "doen wat van hulle verwag word", maar is dit wat die Here van hulle verwag? Dit is slegs die persoon wat in 'n persoonlike verhouding is met die Here en versoekinge kan teestaan, wat 'VRUG DRA".  Dit is daardie persoon wat bereid is om sy lewe op te gee vir die Here.  Dit is dan ook waarop die gelowige gemeet word:  -op vrug!  Dit is die "ultimate" manier om te sien of iemand regtig die Here ken of nie en dit gaan ook bepaal of iemand die koninkryk ingaan of nie. 
 Die feit is:  nie alle "Christene" ken Hom regtig nie!, en nie alle Christene staan versoekinge tee en soek na die wil van die Here nie.  Baie dink hulle ken Hom, maar ken hulle Hom regtig?. (Matt. 7:21-23) Christenskap word deur sekere mense gesien as 'n "kerksaak", maar dit is eintlik 'n "hartsaak" ! 


 A.g.v. die feit dat die Fariseërs die Here nie regtig GEKEN het nie, was hulle vrug as volg:  jaloesie,  afguns, kwaadpraat, laster, hulle het selfs leuens oor Jesus en Sy dissipels versprei, kwaad geraak oor die waarheid en ander opgesweep om die leuen te glo........ is dit iets wat ons in die kerk sien vandag?     NOU PRAAT ONS VAN DIE VERKEERDE "OORDEEL" waarvan Jesus gepraat het:- WAAR MENSE KWAADPRAAT VAN  ANDER, HULLE AGTERAF BESKINDER EN  MANIERE SOEK OM DIE OPREGTES AF TE BREEK EN ANDER OPSWEEP TEEN HULLE.  (L.w. dat die skrif ons waarsku teen die kwaadsprekers en se dat, al staan so iemand as 'n broeder bekend, ons nie eens met hom moet saam eet nie! (1 Kor. 5:11)).  

Lees gerus die hele gedeelte in Matt. 23:1-33.  (Jesus het ook die volgende van hulle gesê:  dat hulle self nie die dinge doen wat hulle van ander verwag nie;  doen skyn lang gebede, blinde leiers, ens.)  Kyk v. 13 -  "Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie").  On s sien dus hier die probleem met "menslike wysheid/gebooie".  Waar mense eerder kultuur of menslike wette kies bo die waarheid, is hulle nie besig om van die Here te hoor nie en ook nie onderdanig aan die Here se wil nie. 
"AAN HULLE VRUGTE SAL HULLE GEKEN WORD" !!!

(Act 8:9)  En ‘n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stad met towery omgegaan en die bevolking van Samaría verbyster deur te sê dat hy iets besonders was.
(Act 8:10)  En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot krag van God.
(Act 8:11)  En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle ‘n geruime tyd deur sy towerye verbyster het.
(Act 8:12)  Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
(Act 8:13)  En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.
(Act 8:14)  En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
(Act 8:15)  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
(Act 8:16)  want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
(Act 8:17)  Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
(Act 8:18)  En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied
(Act 8:19)  en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.
(Act 8:20)  Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.
(Act 8:21)  Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie.
(Act 8:22)  Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.
(Act 8:23)  Want ek sien dat jy in ‘n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.
Simon wou BELANGRIK wees - sy hart was verkeerd, verkeerde gedagtes, gal van bitterheid, ongeregtigheid.... AAN HULLE VRUGTE SAL HULLE GEKEN WORD
...
(Act 13:6)  En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en ‘n towenaar gevind, ‘n valse profeet, ‘n Jood met die naam van Bar-Jesus.
(Act 13:7)  Hy was by die goewerneur Sérgius Paulus, ‘n verstandige man. Dié het Bárnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor.
(Act 13:8)  Maar Élimas die towenaar—want so word sy naam vertaal—het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.
(Act 13:9)  Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:
(Act 13:10)  Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?
(Act 13:11)  En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son ‘n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.
(Act 13:12)  Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo.
Hier sien ons 'n voorbeeld van iemand wat iemand anders opsweep om eerder die leuen te glo, as die waarheid.

Kyk ook na die volgende skrifgedeeltes wat meer verduidelik oor valse profete en watter dinge ons hulle mee kan identifiseer:
- 2 Kor. 11:13-15 (posisie)
- Kol. 2: 8,18        (menslike gebooie)
- Rom. 1: 18-32   (menslike wysheid)
- Rom. 16:17,18  (skyn, nie waarheid lief nie)
- Fil. 3:17-19        (bedink aardse dinge)
- 1 Tim. 4:1-8       (menslike gebooie)
- 2 Tim. 3:1-13     (liefhebbers van hulleself ens.)
- 2 Tim. 4:3,4       (eie begeerlikhede, verdraai waarheid)
- Judas 4-19       (eie goddelose begeerlikhede)
- Open. 2:14,20  (verdraai waarheid en leer ander om ook die verkeerde te doen)
"AAN HULLE VRUGTE SAL HULLE GEKEN WORD" !!!

(Hand. 19:13)  "En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
(Hand. 19:14)  Dit was sekere sewe seuns van Skeva, ‘n Joodse owerpriester, wat dit gedoen het.
(Hand. 19:15)  Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?
(Hand. 19:16)  Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het" .

As ons die gedeelte sou vgl. met Mark. 9:38-41 waar Jesus  die dissipels beveel het om nie die ander te belet om duiwels in Sy naam uit te dryf nie, sal ons merk dat daardie mense in Mark. 9 "vir Jesus was", maar die 7 in bogenoemde skrifgedeelte nie regtig vir Jesus geken het nie.  Ons kan tog nou nie van hierdie 7 ook sê, "wie nie teen ons is nie, is vir ons" nie!  Daar moet weer-eens deeglik beoordeel word - HOE?   Aan hulle vrug!  (L.W., hulle was "duiwelbesweerders" - het dit ook vir hulle gegaan oor "om gesien te word deur mense"?).  

--------------------------------------------------------------------------------

Hoe weet ons -:
Wanneer mense ONGEHOORSAAM is:
-IS DIE WAT HULLE VERHARD EN NIE OORTUIG WIL WORD VAN DIE WAARHEID NIE.

* Hulle hits ander op en verbitter hulle teen die regverdiges (Hand. 14:2)
* Hulle spreek kwaad van die regverdiges en die waarheid (Hand. 19:9)

Hoe weet ons wanneer-:
Mense JALOERS is:
- IS DIE WAT AFGUNSTIG EN NYDIG IS.

*  Hulle verdraai die waarheid en maak of die regverdiges leuenaars is (Hand. 17:5,7)

Hoe identifiseer ons -:
Mense wat NIE NA DIE WAARHEID WIL LUISTER NIE:
- IS DIE WAT HARDKOPPIG IS EN GLO DAT HULLE ALTYD REG IS.

*  Stook ander op teen die regverdiges en maak of hulle leuenaars is
*  Stel strikvrae en maak planne om die regverdige uit die weg te kry  (Hand. 6:9,10) (Matt. 12:10,14)

Hoe identifiseer ons -:
Mense wat VOORGEE DAT HULLE DIE HERE KEN:
- IS DIE WAT SKYNHEILIG IS EN WIE SE MENSLIKE WYSHEID BELANGRIKER IS AS DIE HERE SE WIL.

*  Hulle wil hulle gesag op ander afdwing.
*  Hulle raak kwaad oor die waarheid.  (Hand. 5:28,29) (Matt. 15:7,12)

Hoe identifiseer ons -:
Mense wat LIEG:
*  Hand. 5:8 - Selfsugtig.
"AAN HULLE VRUGTE SAL HULLE GEKEN WORD"

----------------------------------------------------------------------------

Hoe moet die Christen optree teenoor:

-Teenoor die wat tweedrag saai?

*  VERMY HULLE (Rom. 16:17)

(Rom 16:17)  En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.

(Rom 16:18)  Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.


-Teenoor die weerspanniges?

*  WYS HULLE IN SAGMOEDIGHEID TEREG (2 Tim. 2:25)

(2Ti 2:25)  Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie

-teenoor die kwaadsprekers?

*  VERMAAN EN ONTTREK JOU AAN HULLE (1 Kor. 5:11)

(1Co 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.

-teenoor die ongelowiges?

*  MOENIE IN DIESELFDE JUK TREK MET HULLE NIE (2 Kor. 6:14)

(2 Kor. 6:14)  Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

-teenoor ongehoorsame leiers:

*  WEES DIE HERE MEER GEHOORSAAM AS AAN HULLE (Hand. 5:29)

(Hand. 5:29)  En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.

-teenoor valse leraars wat mense betrokke kry by twisvrae, woordestryd en nuttelose stryerye:

*  ONTTREK JULLE AAN SULKE MENSE  (1 Tim. 6:3-5)

(1Tim. 6:3)  As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,

(1Tim. 6:4)  dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,

(1Tim. 6:5)  nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.


- Teenoor valse leraars wat nie bly in die leer van Christus nie:

*  ONTVANG HOM NIE IN DIE HUIS NIE EN GROET HOM NIE  (2 Joh. 1:10)

(2Jn 1:10)  As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.

- Teenoor die weerspanniges:

*  WYS HULLE IN SAGMOEDIGHEID TEREG (2 Tim. 2:24,25)

(2Ti 2:24)  en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.

(2Ti 2:25)  Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,

- Teenoor valse broeders:

*  MOET NIE OMGAAN MET SO IEMAND NIE EN VERWYDER DIESULKES UIT JULLE MIDDE (1 Kor. 5:10-13) (Gal. 5:19-21)

(1Kor. 5:10)  dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan—

(1Kor. 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.

(1Kor. 5:12)  Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?

(1Kor. 5:13)  Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

- teenoor 'n teruggevalle Christen:

*  VERMAAN HOM (2 Kor. 13:1-10)

(2Co 13:1)  Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.

(2Co 13:2)  Ek het dit vroeër gesê, en ek sê dit vooruit soos toe ek die tweede keer aanwesig was, en ek skrywe dit nou in my afwesigheid aan die wat vroeër gesondig het en aan al die ander, dat as ek weer kom, ek nie sal spaar nie,

(2Co 13:10)  Daarom skryf ek dit in my afwesigheid om nie, as ek teenwoordig is, strengheid te gebruik nie, volgens die gesag wat die Here my gegee het om op te bou en nie om af te breek nie.


- teenoor iemand wat nie die skrif gehoorsaam wil wees nie:


*  HOU GEEN GEMEENSKAP MET HOM NIE - BESKOU HOM NIE AS 'N VYAND NIE, MAAR VERMAAN HOM AS 'N BROEDER (2 Thess. 3:14)


(2Th 3:14)  En as iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken dié man en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word.

- teenoor ander broeders wat teen ons sondig:

*  VERGEWE HOM ELKE KEER WAT HY BEROU HET;
*  BESTRAF HOM, MAAR
*  AS HY NIE LUISTER, NEEM 1 OF 2 PERSONE SAAM;
*  AS HY NOG NIE LUISTER, Sê DIT AAN DIE GEMEENTE;
*  AS HY NOG NIE LUISTER, LAAT HOM WEES SOOS HEIDEN OF TOLLENAAR;
(Matt. 18:15-17) (Luk. 17:4)

------------------------------------------------------------------------------------

(Gal 5:19)  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
(Gal 5:20)  afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
(Gal 5:21)  afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

(2Pe 2:1)  Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;
(2Pe 2:2)  en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
(2Pe 2:3)  en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
(2Pe 2:4)  Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
(2Pe 2:5)  en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
(2Pe 2:6)  en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;

(1 Kor.  6:8)  Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.
(1 Kor.  6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
(1 Kor. 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
(1 Kor. 6:11)  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
(1Kor. 6:12)  Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.

(Ware kinders van God moet aanhoudend, opsetlike sondes aflê - terwyl "goeie vrug" nie saligheid bewerk nie, is dit 'n bewys van geloof en dien dit as 'n teken van of iemand die Here ken)




No comments: