Friday, September 7, 2012

Lees ons enige iets van "Irak" in die Bybel?

Lees ons enige iets van "Irak" in die Bybel?


*  Abraham was die eerste persoon in die Bybel wat 'n Hebreër genoem is - hy was geroep uit Ur van die Chaldeërs - die huidige nasie van Irak !

*  Die Bybel verklaar in Openbaring 9 dat wanneer die 6 de trompet blaas, die 4 engele wat gebind is by die Eufraatrivier (wat deur die huidige Irak loop), losgemaak sal word, gereed gehou om 'n derde van die mense dood te maak.

*  Die Bybel beskryf ook die plek waar die tuin van Eden was, in die omgewing van  Irak.

Babilon:
Babilon was 'n groot stad, op albei oewers van die Eufraatrivier sowat 80 km. suid van die huidige Bagdad in IRAK.  Ons lees vir die eerste keer van Babilon in Gen. 10:10 - Babilon is gestig deur Nimrod, "die magtige jagter".  Dit het later die hoofstad geraak van Babilonië.  Die stad was beskerm deur dubbele steenmure en die "hangende tuine" was een van die wonders van die ou wêreld.  Baie palms, bome en plante is gekweek vir skadu en kleur. Heelwat afgodstempels is opgerig, die sg. traptorings (soos die toring van Babel). Nadat die Perse die stad ingeneem het in 539 v.C., het Babilon agteruitgegaan en uiteindelik het net 'n reeks wyd verspreide puinhope oorgebly.  (Lees meer oor Babilon in:  Openb. 17 en 18; 2 Kon. 24:1; 25:7-13; Jes. 14:1-23; Dan. 1-6). Toe Jerusalem in 587 v.C. deur die Babiloniërs ingeneem is, is baie mense van Juda in ballingskap weggevoer na Babel.  Onder hulle was bv. die profete Esegiël en Daniël.  (Gaan lees gerus van die val van Jerusalem, die verwoesting van die tempel en die wegvoering van die volk in Jer. 39).  Die Jode was ballinge totdat koning Kores hulle in 538 v.C. toegelaat het om terug te keer.  

Die stelsel van afodsaanbidding wat in Babel begin het, was die oorsprong van alle afgod-stelsels en daarom dan dat Babilon genoem word die "moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde" in Openb. 17:5.  Ons moet onthou dat wanneer ons lees van Babilon in Openbaring, dit na meer as net 'n stad verwys en ook verwys na 'n afvallige  sisteem.  


No comments: