Friday, September 7, 2012

As 'n baba doodgaan, gaan hy hemel toe?

As 'n baba doodgaan, gaan hy hemel toe?

 Die skrif is duidelik daaroor dat kinders 'n besonderse plek  in die Here se hart het.  In Eseg. 16: 20,21 praat die Here van kinders as "Sy" kinders.  Volgens  Matt. 19:13,14 is dit ook duidelik dat die kindertjies "aan God behoort".  Vir die ouderdom oor wanneer kinders gereed is om self te besluit oor hulle saligheid, is daar geen skrif nie, maar dit is seker dat kinders "aan die Here behoort" voor 'n sekere ouderdom en diesulkes definitief hemel toe gaan met 'n vroeĆ« dood.


Die skrif is ook duidelik daaroor dat God alle mense sal oordeel op grond van sonde en of hulle die Here se weg van saligheid aangeneem het. Tot op 'n sekere ouderdom is kinders nog nie instaat om die saligheidsboodskap te verstaan nie en babas  nog nie instaat om daadsondes te pleeg nie (Rom. 4:15; 7:9).  In Deut. 1:39 word van klein kindertjies gepraat as "die wat van geen goed of kwaad weet nie", tog weet ons dat alle mense "in sonde gebore word" (Hand. 17:26; 1 Kor. 15:22).  Ons praat ook daarvan as "erfsmet", maar ons moet verstaan dat erfsmet anders gestraf word as "daadsondes".  
Heelwat geleerdes is van mening dat erfsmet slegs die fisiese dood meebring en dus is die fisiese dood die straf vir erfsmet.  Daadsondes word egter anders gestraf, maar babas pleeg nie daadsondes nie.  

Dus, as 'n baba doodgaan, gaan hy definitief hemel
 toe want hy het nie versoening vir daadsondes gepleeg nodig nie en kan in elk geval ook nog nie die saligheidsboodskap verstaan nie.  


Joodse babas:

In Bybelse tye, is pasgebore babas gewas en met sout ingevryf en dan in doeke toegedraai. Gedurende die dag, is die babatjie se vel met olyfolie ingevryf en met mirteblaarpoeier bestrooi.  So het Maria ook vir Jesus in doeke toegedraai toe Hy gebore is. In Ou-Testamentiese tye, het die baba-seuns name met geboortes gekry, maar in Nuwe-Testamentiese tye, het baba-seuns hul name op die agste dag, met besnydenis, gekry - kyk bv. met Johannes die Doper se besnydenis (Luk. 1:59 - 64). 


No comments: