Friday, September 7, 2012

Hoekom was die Joodse seuns besny op 8 dae oud ?


Hoekom was die Joodse seuns besny op 8 dae oud ?
Wanneer 'n seun "besny" is, het dit beteken dat hulle die "voorhuid afgesny het".  Die besnydenis was 'n teken van God se verbond met die volk.   Die seremonie was dus 'n bewys vir hulle dat elke kind in Israel, een van God se eie volk was.


(Gen 17:10)  Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word—
(Gen 17:11)  julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My en julle.
(Gen 17:12)  ‘n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte...

Joodse seuns:
 In Bybelse tye, was die seuns  meer belangriker as dogters;  in so 'n mate, dat wanneer 'n vrou se eerste seun gebore was, sy tot "Moeder van...(seun se naam)..." hernoem is. Die seuns het natuurlik ook die familienaam voortgedra. Daar was verskillende seremonies rondom die seuns, o.a. die "besnydenis" en die "reinigingsoffer" - lees bv. in Luk. 2:22-24  hoe Maria en Josef vir Jesus geneem het na Jerusalem om "Hom aan die Here voor te stel" - (Luk 2:23)  "soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word; (Luk 2:24)  en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: ‘n paar tortelduiwe of twee jong duiwe". (kyk ook Lev. 12:2-6; Eks. 13:13,15) 

'n Seun het op 13 jarige ouderdom " 'n man" geword.  Daar was dan 'n spesiale diens, genoem die "Bar Mitzvah". (kyk Num. 6:24-26 - die "seening" oor 'n seun uitgespreek met sy Bar Mitzvah)

No comments: