Sunday, September 2, 2012

"Wie sy lewe vind, sal dit verloor"

Wat het Jesus bedoel met die woorde:
 "Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind"
 -Mat 10:39.
(Lees Matt. 10:37-42;  Matt. 16:25-27;  Luk. 17:26-37, Luk. 6:20-26 en  Mark. 8:31-38, 2 Pet. 2:20-22, Jak. 4:13-17)
---------------------------------------------------

 -   "elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor" :
(1)  dit gaan oor DIE WAT NIE KAN AFSTAND DOEN VAN HUL WêRELDSE LEWE EN BESITTINGS NIE, (m.a.w. die wat "doen soos hulle wil en 'n lewe vir hulle skep soos hulle dink dit moet wees", - die wat hulle sekuriteit plaas in die wereldse dinge, -die wat meer besig is met die lewe, as met die Here!). 
(2) Dit is DIE WAT NIE DIE WêRELDSE BEGEERTES WIL OPGEE NIE (selfs iemand wat wel tot bekering gekom het, maar teruggeval het). 
(3) Dit is DIE WAT VOLGENS HULLE EIE WIL LEWE EN NIE NA DIE WIL VAN DIE HERE IN HULLE LEWENS SOEK NIE of na Sy wil vra nie. 
(4)  Dit is DIE WAT NIE DIE DINGE VAN GOD BEDINK NIE, MAAR DIE DINGE VAN MENSE - soos toe Petrus nie kon verstaan dat God kan toelaat dat Jesus moet ly nie - so is daar ook baie mense vandag wat nie kan verstaan hoe God kan toelaat dat Christene deur verdrukking sal gaan nie;  om so te dink, is om die "dinge van mense te bedink" - dit is die wat nie bereid is om "hulle lewens te verloor nie", wat so dink.
-----------------------------------------------------

-  "elkeen wat sy lewe verloor om die Here se ontwil, sal dit vind":
(1)  dit is DIE WAT BEREID IS OM TE LY TER WILLE VAN HULLE GELOOF, d.w.s. deur die mense gehaat word,  verstoot en beledig word en wie se naam deur hulle weggegooi word soos iets wat sleg is ter wille van die Seun van die mens; - daardie persone word deur die Here as die "saliges" of "geseëndes" beskou. (2)  dit is DIE WAT DIE HERE LIEFHET BO ENIGIEMAND EN ENIGE IETS.
(3)  dit is DIE WAT GEHOORSAAM IS AAN DIE HERE EN VIR WIE DIT NIE GAAN OOR "VERDIENSTE" NIE. 
--------------------------------------------------------


(Luk 17:10)  "So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen".

(Joh 15:20)  "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar".

No comments: