Saturday, September 28, 2013

Opsomming ONDERWERPE op SONDAGSKOOL MOBILE

HIER IS 'N OPSOMMING VAN AL DIE ONDERWERPE  SOVER  OP MY SONDAGSKOOL MOBILE BLOG.
 Die idee van die Sondagskool Mobile blog, is om maklik en vinnig by onderwerp opsommings uit te kom, waar jy ookal is, en verse te trek soos benodig, bv. ideaal vir die Sondagskoolklas, bybelstudie ens.  - die opsommings is heelwat korter gemaak, en opgestel om vinniger oop te maak op mobile as gewone webblaaie.
Hierdie lys van onderwerpe kan ook gevind word bo-aan die blog, gesorteer onderwerpe A-Z.

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Afgodsoffers:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/mag-die-kind-van-god-afgodsoffers-eet.html 
Afgode:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/wat-kan-alles-as-afgode-geklassifiseer.html
Afgodsdiens:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/is-jy-regtig-vry-van-afgodsdiens.html
die Antichris:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/die-antichris.html
Babilon:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/eindtyd-onderwerpe-verdere-aantekening.html
Beloftes en Voorwaardes:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/beloftes-en-voorwaardes.html
die Ewige Lewe:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-ewige-lewe.html
die Christen:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-christen.html
die Christelike Doop:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-doop.html
Debat oor Saligheid:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/10/christen-debat-saligheid.html
Bruid van Christus:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/10/wie-is-die-bruid-van-christus.html
Die wat buite is, word deur God geoordeel:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html
Bekering:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/bekering.html
Beproewing/versoeking:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/versoekingbeproewing.html
mag naby Bloedverwante met mekaar trou?:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/mag-naby-bloedverwante-met-mekaar-trou.html
Baba doodgaan:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/as-n-baba-doodgaan-gaan-hy-hemel-toe.html
Besnydenis:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/hoekom-was-die-joodse-seuns-besny-op-8.html
Ark van die verbond:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/wat-is-die-ark-van-die-verbond.html
Evangelie verkondig aan hele wereld: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-evangelie-aan-die-hele-wereld.html
soos 'n Dief in die nag:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/soos-n-dief-in-die-nag.html
Eindtye:  kort opsomming: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/kort-opsomming-oor-die-eindtye.html
Eindtyd onderwerpe: opsomming:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/opsomming-blogposts.html
Eindtydgebeure volgens die Evangelies: opsomming:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/volgorde-van-eindtydgebeure-volgens-die.html
Gebed:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/gebed.html
Geloof:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/geloof.html
Handoplegging: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/handoplegging.html
Krag in die Naam van die Here:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
Meer werd as baie mossies:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/julle-is-meer-werd-as-baie-mossies.html
...ons gemaak konings en priesters...":  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/ons-gemaak-konings-en-priesters.html
Saligheid (debat oor saligheid):  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/10/christen-debat-saligheid.html
die wat buite is, word deur God geOordeel:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html
die Opstanding:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/die-opstanding.html
...Ons gemaak konings en priesters...: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/ons-gemaak-konings-en-priesters.html
moenie Oordeel of veroordeel nie:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/moenie-oordeelveroordeel-nie.html
die 7 seels van Openbaring: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-7-seels-volgens-openbaring.html
Slag van Armageddon:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-slag-van-armageddon.html
Opsomming Eindtydonderwerpe:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/opsomming-blogposts.html
'n kort Opsomming oor die Eindtye:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/kort-opsomming-oor-die-eindtye.html
Skape en bokke:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/na-wie-verwys-die-skape-en-die-bokke.html
tot die Sonde vol is:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/tot-die-sonde-vol-is.html
7 briewe van Openbaring:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-7-briewe-in-openbaring.html
Vrae wat kinders vra:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/opsomming-blogposts-vrae-wat-kinders-vra.html
Wat was eerste?  Die hoender, of die eier?:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/wat-was-eerste-die-hoender-of-die-eier.html
Waarskuwings vir Christene:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/waarskuwings-vir-christene.html
nie Wederkoms verhaas nie:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/mag-n-christen-wens-dat-die-wederkoms.html
die Wederkoms:    http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-wederkoms.html
Vrug dra:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/wat-beteken-dit-om-vrug-te-dra.html
Wie sy lewe vind, sal dit verloor:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/wie-sy-lewe-vind-sal-dit-verloor.html
die groot Verdrukking:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-groot-verdrukking.html
die Val van Babilon:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-val-van-babilon.html (kyk ook na "Babilon" onder B)
Volgorde van eindtydgebeure volgens Evangelies:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/volgorde-van-eindtydgebeure-volgens-die.html
Valse Profete:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/valse-profete.html
die Valse Profeet:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/die-valse-profeet.html
Verbittering:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/pasop-vir-verbittering.html
die "Wegraping":  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/die-wegraping.html
die Vrug van die gelowige:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/die-vrug-van-die-gelowige.html
42 Maande/1260 dae/tyd, tye en halwe tyd:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/eindtyd-onderwerpe-42-maande.html
Wat is die verskil tussen "goeie vrug" en "goeie werke"?  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/wat-is-die-verskil-tussen-goeie-vrug-en.html
Wat beinvloed die vrug van die gelowige?  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/wat-beinvloed-die-vrug-van-die-gelowige.html
Versoeking/Beproewing:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/versoekingbeproewing.html
Versoeking deur eie begeerlikhede:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/versoeking-deur-eie-begeerlikhede.html
jy mag die Here jou God nie Versoek nie: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/jy-mag-die-here-jou-god-nie-versoek-nie.html
Weerstaan die duiwel:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/weerstaan-die-duiwel.html

Afgodsoffers
Afgode
Afgodsdiens
Ark van die Verbond
die Antichris
Babilon
Beloftes en Voorwaardes
Bekering
mag Bloedverwante trou?
Baba doodgaan
Besnydenis
Evangelie verkondig aan hele wereld
die Ewige Lewe
Eindtyd onderwerpe en opsommings
soos 'n Dief in die nag
die Christen
die Christelike Doop
debat oor Saligheid
Bruid van Christus
Gebed
Geloof
Handoplegging
Krag ontvang deur die Heilige Gees
Krag in die Naam van die Here
Meer werd as baie mossies
Die wat buite is, word deur God geoordeel
...ons gemaak konings en priesters...
moenie Oordeel/Veroordeel nie
Opstanding
die 7 Seels van Openbaring
die Slag van Armageddon
Skape en bokke
tot die Sonde vol is
7 briewe van Openbaring
Vrae wat kinders vra
Vrug dra
die groot Verdrukking
die Val van Babilon
Wat was eerste? Die hoender, of die eier?
Waarskuwings vir Christene
nie Wederkoms verhaas nie
die Wederkoms
Valse Profete
die Valse Profeet
Verbittering
42 maande
die "Wegraping"
die Vrug van die gelowige
Versoeking/Beproewing
Versoeking deur eie begeerlikhede
jy mag die Here jou God nie Versoek nie
Wat beinvloed die Vrug van die gelowige?
Wat is die verskil tussen "goeie vrug" en "goeie werke"?
Weerstaan die duiwel

Weerstaan die duiwel

(Jak. 4:7)  "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug".
(Ef. 4:27)  "en gee aan die duiwel geen plek nie".

Die Christen word beveel om nie net homself te "onderwerp aan God" nie, maar ook 
-  om die duiwel te weerstaan en 
 aan hom geen plek te gee nie
Dus, as hierdie dinge van die Christen verwag word, is dit tog duidelik dat die Christen in 'n stryd gewikkeld is, of hy dit wil glo of nie!

Die woorde "weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug", is spesifiek gebruik in konteks met iemand se eie pad van godsaligheid.  
(Dit beteken bv. nie dat ek die duiwel kan weerstaan om van iemand anders af weg te vlug nie, want daardie persoon moet self ag gee op sy pad van godsaligheid en die duiwel self weerstaan). 

Die waarheid is: 
dat die duiwel die woord wat deur die gelowige gesaai word, probeer steel uit mense se harte (kyk bv. gelykenis van die saaier - eerste groep)
en dat die duiwel ander mense (somtyds ander gelowiges) gebruik om mense afkerig te maak teenoor die waarheid wat deur die gelowige verkondig word -(wat tot gevolg kan he dat die gelowige vervolg word en dat ander bitter raak teenoor hom). Lees bv. Hand. 13:7-10, 13:50; 14:2 ens. - (Hand. 13:50)  Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas ‘n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf;  - (Hand. 14:2)  Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.
IETS WAT MIN CHRISTENE BESEF, IS DAT DIE TEMA VAN "OM DIE DUIWEL TE WEERSTAAN", EINTLIK MIN TE DOEN HET MET DIE GELOWIGE SE "OUTORITEIT", MAAR MEER TE DOEN HET MET DIE GELOWIGE SE "PAD VAN GODSALIGHEID".
In baie kerke word "geestelike oorlogvoering" voorgestel as 'n mag wat ons verkry het deur Jesus Christus oor die bose, terwyl die konteks van die tema in die Skrif, eintlik op iets anders wys. Dit wys nie op hoe sterk die gelowige alreeds is nie, maar op hoe hy die godsaligheid moet najaag.
 In onderstaande studie sal ons sien dat, die rede hoekom ons die duiwel moet weerstaan, gaan oor "gehoorsaamheid aan die Here", om Sy wil te doen en om jouself ondergeskik te stel aan Hom - (ook deur dit te doen, sal jy die duiwel weerstaan en hom geen plek gee nie).  
================================================================
Terwyl baie gelowiges dink dat die duiwel hulle uitlos omdat hulle "onder die bloed van Jesus Christus is", is die waarheid:

- dat die duiwel hulle steeds probeer vang om sy wil te doen, en nie die Here se wil nie.(kyk punt 1)

- dat die duiwel gelowiges nog steeds met sy listigheid probeer bedrieg, deurdat hy hulle probeer kry om (1) ‘n ander Jesus aan te neem; (2) of om 'n ander gees te ontvang; (3) en om 'n ander evangelie aan te neem. (kyk punt 2)

- dat die duiwel probeer om gelowiges se sinne bedorwe te maak (kyk punt 3)

- dat die duiwel ander mense (somtyds ander gelowiges) gebruik om ander afkerig te maak teenoor die waarheid wat deur die gelowige verkondig word -dit kan tot gevolg he dat die gelowige vervolg word en dat ander bitter raak teenoor hom (kyk punt 4)

- dat die duiwel gelowiges "se pad" probeer verhinder  (kyk punt 5)

- dat die duiwel die woord wat deur die gelowige gesaai word, probeer steel uit mense se harte (kyk punt 6)

- dat die duiwel onkruid saai tussen gelowiges, m.a.w. mense wat hulle voordoen as gelowiges, maar dit nie is nie (kyk punt 7)

- dat die duiwel probeer om gelowiges wat in sonde stap, opgeblase te maak met wereldse wysheid waardeur hulle hul sonde probeer regverdig (kyk punt 8)

- dat die duiwel probeer om gelowiges afvallig te maak van die Here, deur omstandighede, siekte ens. - (in die geval waar die gelowige getoets word om te sien of hy staande sal bly) (kyk punt 9)

- dat die duiwel gelowiges versoek om verkeerd te doen (kyk punt 10)
------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE DUIWEL IS NOG NIE GEBIND NIE, MAAR SAL BY DIE AANVANG VAN DIE 1000-JARIGE VREDERYK GEBIND WORD VIR DIE 1000 JAAR - daarna weer 'n rukkie losgelaat word...

(Openb. 20:10) 
(Openb. 20:2)  

MAAK NIE SAAK HOEVEEL MAAL 'N GELOWIGE SE, "EK BIND JOU IN DIE NAAM VAN JESUS", NIE, die duiwel IS STEEDS LOS!  (Die skrifte oor "bind en ontbind" het niks met die "duiwel bind of ontbind" te doen nie, maar in konteks gaan dit oor "broeders wat in opsetlike, aanhoudende sonde stap, vergifnis en oor gesamentlike gebed van gelowiges!)   GELOWIGES MOET VERSTAAN DAT DIE STRYD WAT HULLE STRY, NIE GAAN OOR "WOORDE" NIE, MAAR OOR DIE VOLGENDE:

- om die waarheid te soek/lief te he (te onderskei tussen ware en valse en weg te bly van valse leerstellings/leraars)(om die woord van God te ken)
- om die Here gehoorsaam te wees (om gedagtes gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus)(is bly saam met die waarheid, nie saam met die ongeregtigheid nie)(geregtigheid)
- om die wil van die Here te soek/te doen (om jouself ondergeskik te stel aan Hom en Hom as eerste Liefde te ken)
- om bereid te wees om die evangelie te verkondig (selfs bereid te wees om te ly ter wille van die evangelie)
- om seker te maak ek ken die regte Jesus, die regte evangelie, en die regte Gees (verlossing)
(sien punt 11)
================================================================
HOEKOM DINK SOMMIGE CHRISTENE DAT HULLE NIE NODIG HET OM DIE DUIWEL TE WEERSTAAN NIE?
(1)  Baie gelowiges dink dat dit onmoontlik is vir 'n Christen om in "die strik van die duiwel" te wees:

Kan 'n Christen 'IN DIE STRIK VAN DIE DUIWEL' wees?   
Wanneer iemand in die strik van die duiwel is, dan doen so iemand die duiwel se wil (2 Tim. 2:25,26).  
-  IS DAAR DAN GELOWIGES WAT DIE DUIWEL SE WIL DOEN? 
(lees gerus die gedeelte in konteks)
- WANNEER IS IEMAND IN DIE STRIK V/D DUIWEL?  - wanneer iemand sy wil doen (dit is die weerspanniges).  In konteks handel die gedeelte oor hoe hoe Tim. nie moet redeneer met mense wat betrokke is by valse leerstellings nie en die wat in ongeregtigheid stap, in sagmoedigheid moet teregwys - dit is hulle wat genoem word die "weerspanniges" - IN KONTEKS BETEKEN DIT DUS DAT DIE WAT AG GEE OP VERDRAAIDE LEERSTELLINGS EN DIE WAT IN ONGEREGTIGHEID STAP, DIE IS WAT IN "DIE STRIK VAN DIE DUIWEL" IS.  Alhoewel dit nie die geval was met Timotheus nie, moet ons verstaan dat Paulus hom raad gee op hoe hy gelowiges moet hanteer wat hierin val.  

Neem kennis wat Jesus vir die Fariseers gese het:  (Joh 8:44 - "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen.....").  Die Fariseers het daarop staatgemaak dat hulle kinders van Abraham was - net soos gelowiges vandag staatmaak daarop dat hulle "gered" is.  Ja, baie dink hulle is gelowig, maar doen die wil van die duiwel deur in ongeregtigheid te stap en die waarheid te verdraai.  Die ware gelowige is veronderstel om die wil van die Here te doen.  (1Jn 3:10 -  "Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie"). 

*  WIE IS DAARDIE GELOWIGES WAT IN DIE STRIK V/D DUIWEL IS?
  -  die wat die waarheid verdraai
  -  die wat in ongeregtigheid stap (soos aanhoudende sonde) 

(Ef. 4:27)  "en gee aan die duiwel geen plek nie".
(Jak. 4:7)  "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug".  

(JaK. 1:14) 
(1Ti 5:13-15) 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  Baie gelowiges dink dat "alles wat hulle dink", is die wil van die Here - hulle sukkel om te onderskei tussen hulle "eie wil" en die "wil van die Here" (tussen "eie gedagtes", of dit wat die Here vra/wil):
IN HIERDIE 2 SKRIFGEDEELTES VERKLAAR PAULUS DAT DIT MOONTLIK IS VIR 'N GELOWIGE SE "SINNE", OM BEDORWE TE RAAK (hy vertel ook hoe iemand se sinne bedorwe raak),  EN HY VERTEL HOE ONS "VESTINGS KAN NEERWERP".  

Die tema van "vernuwing van GEDAGTES" is nie 'n nuwe onderwerp nie, tog gee min gelowiges ag daarop. Wat ons dink, beinvloed ons optrede en dit is belangrik dat ons ons gedagtes gedurig vernuwe.  In die 2 Kor. 10 skrifgedeelte sal ons sien dat die manier om vestings neer te werp, juis gaan oor wat ons in ons gedagtes toelaat en hoe ons ons gedagtes gevange neem.  Let wel dat dit juis die manier is hoe die duiwel vir Eva in sy strik gevang het, deur 'n leuen en deur haar gedagtes te probeer verander.  Telkens is GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE, die antwoord.
(Gen 3:1-5) (2Kor. 11:2-4)
DUS:  HOE RAAK IEMAND SE SINNE / "MANIER VAN DINK"  BEDORWE?
(1) WANNEER HY 'N ANDER JESUS AANNEEM
(2) WANNEER HY 'N ANDER GEES ONTVANG
(3) WANNEER HY 'N ANDER EVANGELIE ONTVANG

Vgl. hierdie met die volgende: 
(2Kor. 10:3-6) 

DUS:  HOE VOER ONS DIE STRYD IN DIE GEES (OF HOE WERP ONS VESTINGS NEER?):
(1)  VERBREEK PLANNE EN SKANSE WAT OPGEWERP WORD TEEN DIEKENNIS VAN GOD (VERNIETIG GEDAGTES OF VERBEELDINGS WAT NIE DIE WAARHEID IS NIE, bv. valse leerstellings en moenie eens daaroor top nie, maar soek die waarheid)
(2)  NEEM GEDAGTES GEVANGE TOT DIE GEHOORSAAMHEID AAN CHRISTUS(STEL JOU GEDAGTES ONDERGESKIK AAN DIE HERE - WEES GEHOORSAAM AAN HOM)
-------------------------------------------------------------------------------------------------------(3)  DIE DUIWEL PROBEER OOK OM DIE GELOWIGE TE VERSOEK OM MEER BESIG TE WEES MET DIE LEWE, AS MET DIE HERE;  OOK PROBEER HY HULLE VERSOEK OM DIE HERE TE VERSOEK;  OOK PROBEER HY HULLE VERSOEK OM DIE HERE TE VERLOEN:

(Mat 4:1-11)  
IN ELKE GEVAL HET JESUS DIE DUIWEL WEERSTAAN MET DIE WAARHEID.  IN HIERDIE GEDEELTE LEER ONS DIE VOLGENDE:
- dat die duiwel Jesus probeer versoek het om Sy oe weg te rig van die Vader, en te rig op lewensbehoeftes;
- dat die duiwel Jesus probeer versoek het om die Vader te versoek;
- dat die duiwel Jesus probeer versoek het (deur beloftes) om die Vader te verloen.

*  Jesus het baie gepraat oor hoe ons Hom moet eerste stel, en meer besig moet wees met die Here, as met die dinge van die lewe;  hoe ons eerste die koninkryk en Sy geregtigheid moet soek....  Deur wereldse behoeftes, beloftes en plesiere probeer die duiwel gelowiges versoek om meer besig te wees met die lewe, as met die Here.
*  Wanneer ons die Here dien net oor wat ons kan kry uit die "deal", dan verwag ons voorspoed en seeninge en en en.  Maar wanneer ons die Here liefhet, gee ons nie om om te ly ter wille van die geregtigheid nie.  Baie Christene versoek die Here daagliks deur hulle eie begeertes - hulle reken omdat hulle die Here ken, moet Hy vir hulle dit en dat doen..... Deur behoeftes en begeertes probeer die duiwel gelowiges versoek om die Here te versoek.
*  Menig Christene plaas hulle vertroue eerder in wereldse wysheid, omdat die waarheid vir hulle dwaas is - is dit dan nie dwaas om "jou nie te bekommer oor die dag van more" nie? (tog het Jesus dit geleer);  is dit dan nie dwaas om "ook jou ander wang te draai wanneer iemand jou op die een wang slaan nie"? (tog het Jesus dit geleer); is dit dan nie dwaas om te se dat net sekere goeie dade beloon gaan word nie? (tog het Jesus dit geleer)............daarom probeer die duiwel gelowiges versoek met wereldse wysheid.

Kyk ook: (Joh 13:2)
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  DIE DUIWEL GEBRUIK ANDER MENSE OM ANDER AFKERIG TE MAAK TEENOOR DIE WAARHEID WAT DEUR GELOWIGES VERKONDIG WORD (SOMTYDS IS DAARDIE "ANDER MENSE" OOK SELF GELOWIGES!):

(Hand. 13:7-10) 
(Hand. 13:50)(Hand. 14:2) 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  DIE DUIWEL PROBEER GELOWIGES VERHINDER OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN:

(1Th 2:18) 
(Hand. 5:3)  
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6)  DIE DUIWEL PROBEER DIE WOORD STEEL UIT MENSE SE HARTE:

(Luk 8:12)  
(kyk ook punt 4)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7)  DIE DUIWEL SAAI ONKRUID TUSSEN DIE KORING:  MENSE WAT HULLE VOORDOEN AS GELOWIGES, MAAR IS EINTLIK KINDERS VAN DIE DUIWEL:
(2Kor. 11:13-14)  (Mat 13:39)  
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(8)  DIE DUIWEL PROBEER GELOWIGES OPGEBLASE MAAK, DEUR WERELDSE WYSHEID WAARDEUR HULLE SONDES REGVERDIG:


(1Kor. 5:5) (1Kor. 5:7) 
(1Kor. 5:9-13) (1Ti 1:18-20)  
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(9)  DIE DUIWEL PROBEER OM GELOWIGES AFVALLIG TE MAAK VAN DIE HERE, DEUR OMSTANDIGHEDE, SIEKTES ENS. - IN DIE GEVAL WORD DIE GELOWIGE GETOETS DAARDEUR OM TE SIEN OF HY STAANDE SAL BLY:
(Job 2:1-10)
GOD LAAT DIT OOK SOMTYDS TOE, SODAT ONS KAN AANDAG GEE AAN DIE GODSALIGHEID:
(2Kor. 12:7-9) (Openb. 2:10) (Luk 22:31-32) 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(10)  DIE DUIWEL PROBEER GELOWIGES VERSOEK OM VERKEERD TE DOEN:
(1Kor. 7:5) (Jak. 1:13-16) 
----------------------------------------------------

(11)
 (Ef. 6:11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
(Ef. 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
(Ef. 6:13)  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
(Ef. 6:14)  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
(Ef. 6:15)  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
(Ef. 6:16)  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
(Ef. 6:17)  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God
(Ef. 6:18)  terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
  DIE DUIWEL SAAI ONKRUID TUSSEN DIE KORING:  (MENSE WAT HULLE VOORDOEN AS GELOWIGES, MAAR IS EINTLIK KINDERS VAN DIE DUIWEL):
(2Kor. 11:13)  Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.
(2Kor. 11:14)  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.
==============
(Mat 13:39)  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
==============
ALMAL IN DIE KERK, OF DIE WAT SE HULLE IS CHRISTENE, IS NIE CHRISTENE NIE!  Daar is baie sg. Christene wat in die pad staan van die waarheid - hulle het ook nie die waarheid lief nie, en soek nie na die waarheid nie.  HULLE VERDRAAI DIT EN WORD DEUR DIE DUIWEL GEBRUIK OM MENSE AFKERIG TE MAAK VAN DIE WAARHEID.  HULLE GAAN SOVER AS OM ANDER mense OP TE HITS EN TE VERBITTER TEENOOR DIE REGVERDIGE.  DIE GELOWIGE KAN NIE HIERDIE OPTREDES STOP NIE, MAAR HY KAN AANHOU OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG!  (soos die vb. wat Jesus en Paulus en die ander dissipels vir ons gestel het). As iemand egter nie die waarheid verstaan of wil ontvang nie, kan die Christen dit nie afdwing nie - die Christen kan nie op hierdie manier die duiwel weerstaan nie, want dit is nou die ander persoon se verantwoordelikheid "om die duiwel te weerstaan". Die konteks van "weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug", gaan dus daaroor dat ek self die waarheid moet soek en liefhe, valse leerstellings moet weerstaan, gedagtes moet vernuwe ens. - dit gaan oor "onderwerping aan die Here, onsself verneder voor die Here (Jak. 4), NIE oor 'n geveg met die wat ons teestaan nie ( m.a.w. "die wat deur die duiwel gebruik word om die gelowige te vervolg nie)!  Die ware Christen sal vervolg word net soos Jesus vervolg is! 

Moenie oordeel/veroordeel nie

(Jak. 2:13)  "Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel".
"OM TE VEROORDEEL", of  "OM TE OORDEEL",
 BETEKEN:  

"wanneer iemand NIE WIL VRYSPREEK (nie vergewe) NIE" 
OF 
"wanneer iemand NIE BARMHARTIG IS NIE".

========================================================================

Daar is 'n verkeerde manier van oordeel (in daardie sin: "moenie oordeel nie")
maar ook 'n regte (regverdige) manier van oordeel (in daardie sin: "oordeel")

* Om VERKEERD TE OORDEEL, beteken dat iemand onbarmhartig is en nie wil vryspreek nie

* Om REG TE OORDEEL (regverdige oordeel), beteken dat iemand barmhartig is en wil vryspreek - DAAROM GAAN HY NIE "verkeerd" OORDEEL NIE; (sou hy oordeel, is die doel om die teruggevalle of ongehoorsame terug te roep - dus, die rede?  -om te vergewe/barmhartig teenoor)(hy gaan ook nie iemand oordeel op sonde wat hy self doen nie, en eers die balk uit sy eie oog haal, sodat hy goed kan sien om die splinter uit sy broer se oog te haal)

Wat "om te veroordeel" NIE beteken NIE ("regverdige oordeel"):
(1) 'n Verwagting aan 'n gelowige "om heilig te
      lewe", IS NIE "veroordeling" nie; (MAAR ONS KAN NIE VAN ONGELOWIGES VERWAG OM HEILIG TE LEWE NIE)
(2)  Teregwysing of vermaning IS NIE "veroordeling" 
       nie; (MAAR ONS MOET NIE ONGELOWIGES, GODDELOSES OF SPOTTERS TEREGWYS NIE)
(3)  Om die waarheid te verkondig,  IS NIE
       "veroordeling" nie. (om bv. te preek oor die komende oordeel - Hand. 24:25, Rom. 2:16)(MAAR AS IEMAND NIE DIE WAARHEID WIL ONTVANG NIE, MOET ONS DIT NIE PROBEER AFDWING NIE)

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-2.html

========================================================================
OM "TE OORDEEL/VEROORDEEL" ("verkeerde oordeel")BETEKEN DIE VOLGENDE:  
*  OM IEMAND TE OORDEEL OP MENSGEMAAKTE WETTE, EIE SIENINGE EN WERELDSE WYSHEID - (om iemand te oordeel volgens die vlees) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeel-veroordeel-nie-3.html
* OM IEMAND VERKEERD TE OORDEEL DEUR WOORDE  - (om iemand te oordeel volgens wat jy sien) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-4.html
* DEUR IEMAND ANDERS TE OORDEEL OP SONDE, TERWYL DIE PERSOON SELF IN SONDE STAP  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-5.html

========================================================================
WIE WORD DEUR HOMSELF VEROORDEEL, OF SAL VEROORDEEL WORD:

* WAAR IEMAND SE DADE VERSKILLEND VAN SY WOORDE(1Jn 3:17)  Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? (1Jn 3:18)  My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. (1Jn 3:19)  En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel, (1Jn 3:20)  want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles. (1Jn 3:21)  Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God - waar woorde, maar geen dade (sonder barmhartigheid), dan sal iemand se hart homself veroordeel - en as iemand deur sy eie hart veroordeel word, dan het hy nie vrymoedigheid teenoor God nie.

*  WAAR  GELOWIGES loop en FOUT SOEK BY ANDER BROEDERS - (Jak 5:9 - "Moenie teen mekaar sug (fout soek, sug) nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur". (Jak 5:10)  Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het.(Jak 5:11)  Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is".) - in hierdie geval sal iemand veroordeel word as hy loop en fout soek by sy broeder.

*  WAAR IEMAND NIE GLO IN DIE NAAM VAN DIE SEUN VAN GOD NIE - (Joh 3:18)  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. - Ons moet verstaan dat Jesus nie gekom het om die wereld te veroordeel nie, maar sou iemand kies om nie te glo nie, bring hy 'n oordeel op homself en is veroordeel. 

*  DIE WAT TEEN DIE HEILIGE GEES LASTER - (Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel— 
========================================================================

*  ONS MOENIE SPOTTERS EN GODDELOSES OORDEEL NIE (VERMAAN OF TEREGWYS NIE).
*  ONS MOENIE ONGELOWIGES OORDEEL NIE.
*  MAAR ONS MOET DIE WAARHEID VERKONDIG.

 Christene MOET "die wat binne is", oordeel: 

*  ONS MOET DIE WAT IN AANHOUDENDE SONDE STAP (NIE DIE SPOTTERS EN GODDELOSES NIE, MAAR DIE WAT HULLESELF WIL ONDERWERP AAN DIE HERE), IN SAGMOEDIGHEID VERMAAN 
*  ONS MOET VAN GELOWIGES VERWAG OM HEILIG TE LEWE/GODSALIGHEID NA TE JAAG
*  ONS MOET DIE WAARHEID VERKONDIG
---------------------------------------------------------------

Jy mag die Here jou God nie VERSOEK nie

IN HIERDIE GEDEELTE GAAN ONS SPESIFIEK KYK NA 
WAAR IEMAND die Here probeer versoek ("to test" or "try").  In die vorige temas oor "versoeking", het ons gesien dat alhoewel God "versoeking" toelaat, Hy niemand versoek nie. Ons wil ook nie graag versoek (beproef) word nie(want dan kan ons faal en dit is moeilik om daardeur te gaan); Jesus het ook vir ons geleer om die Vader te vra, "lei ons nie in die versoeking nie...".  "Om vleeslike begeertes te koester" kan gevaarlik wees, want deur dit kan ons onsself in versoeking lei/veroorsaak dat ons versoek word.  Versoeking gaan egter nie net oor "om deur die kwaad versoek te word" nie (om te toets of die persoon sal toegee aan sy begeertes nie), maar iemand se geloof word ook somtyds getoets, soos in die geval van Job. 

"Om die Here te versoek", beteken nie "om deur die kwaad versoek te word" nie, want God kan nie deur die kwaad versoek word nie, maar in alle gevalle van versoeking, gaan dit oor om die ander se motiewe te toets.  Ook wanneer iemand die Here versoek, gaan dit oor "om Sy motiewe te toets" - in die geval van die gelowige wat die Here versoek, toets hy of die Here regtig vir hom omgee; toets hy of Hy hom sal vergewe as hy nie Sy wil doen nie; toets hy of die Here tevrede sal wees met bloot offers, in plaas van barmhartigheid; toets hy of die Here Sy beloftes sal hou, al doen/begeer die persoon nie Sy wil nieIn die geval van die ongelowigewat die Here versoek (en ook die geval by sommige "gelowiges"!), toets hy die Here se outoriteit, en staan hy die waarheid tee.
=================================================================================

 (Mat 4:5)  Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan (Mat 4:6)  en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.

(Mat 4:7)  Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.


In die skrifte waarna ons spes. gaan kyk hieronder, is die betekenis van die woord "versoek", om te toets ("to test" or "try").  
=================================================================================


OPSOMMING:

Wat beteken dit as iemand "die Here versoek"?

-  (1) wanneer iemand kla oor die Here;  ontevrede is oor sy omstandighede en nie die Here vertrou nie (SOOS DIE VB. V/D VOLK IN DIE WOESTYN - 1 Kor. 10:1-12; Hebr. 3:7-13; Eks. 17:2-7; Num. 14:22,23; Deut. 6:16; Ps. 78:19-22...) (ongeloof;  hy plaas nie sy vertroue in die Here nie, m.a.w. waar iemand twyfel, die Here verag, nie na Sy stem luister nie, in sonde stap, wederstrewigheid - ontevrede, kla, verbitterd, begerig...vra volgens hulle sin, praat teen die Here - vertrou nie op die Here se hulp nie) (vergeet Sy werke, en hou nie Sy getuienis nie)(afgunstig teenoor die wat tevrede is).  Sekeres van die volk in die woestyn het bv. woorde gebruik soos "is die Here in ons midde of nie?";  die oomblik wat dinge nie so goed verloop het nie, het hulle God bevraagteken en Hom getoets, gemaak asof Hy nie vir hulle omgee nie; - hulle oe was nie op die Here nie, maar op hulle omstandighede; - hulle denke op die wereldse en hulle het nie regtig die Here vertrou nie. IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE HERE SE LIEFDE VIR HOM, TOG VERTROU HYSELF NIE DIE HERE NIE.

-  (2) wanneer iemand weier om te erken dat die Here in beheer is (SOOS IN DIE GEVAL WAAR DIE  Fariseërs en Sadduseërs JESUS VERSOEK HET DEUR TE VRA VIR 'N TEKEN - Matt. 16:1-4; Matt. 12:40-42; Luk. 11:14-28) (waar iemand die Here versoek vir 'n teken a.g.v. ongeloof/m.a.w. geen vertroue in die Here nie)(waar iemand wil bewyse inbring teen die Here)(waar iemand self in beheer wil wees). IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE HERE SE OUTORITEIT met die motiewe om te probeer bewys dat die Here nie in beheer is nie of omdat hyself in beheer wil wees.
  
-  (3) wanneer iemand die waarheid teestaan - menslike wysheid (SOOS IN DIE GEVAL WAAR DIE FARISEERS RAAD GEHOU HET OM JESUS IN SY WOORDE TE VERSTRIK - Matt. 22:15-22; 19:3-6; Luk. 10:25-42; Joh. 8:1-11)  (wanneer iemand probeer om die Here in Sy woord te verstrik)(vergader leermeesters wat hulle in hulle gehoor streel, en bevraagteken die waarheid) (waar iemand nie die waarheid liefhet nie)(sommige ongelowige Fariseers en wetgeleerdes het Jesus getoets en probeer om Hom 'n strik te stel om Hom te beoordeel op Sy woorde). IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE WAARHEID, met die motiewe om te bewys dat sy eie sieninge reg is.

 (4) wanneer 'n gelowige, nadat die Heilige Gees hom oortuig van sonde, voortstap in sonde sonder om dit af te le (SOOS IN DIE GEVAL WAAR ANANIAS EN SAFFIRA DIE HEILIGE GEES VERSOEK HET - Han. 5:1-11) (waar iemand weier om aanhoudende sonde neer te le - op die manier versoek (test) hy die Here deur te dink dat hy kan wegkom daarmee.  IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND OF HY KAN WEGKOM MET "SY EIE WIL DOEN".  

-  (5) wanneer iemand "offers" belangriker ag as barmhartigheid (SOOS IN DIE GEVAL WAAR SOMMIGE FARISEERS WAT GELOWIG GERAAK HET, GOD VERSOEK HET DEUR 'N JUK OP DIE DISSIPELS TE LE - Hand. 15:5-11) (waar wette belangriker as barmhartigheid)(waar iemand nalaat om die Here lief te he  en sy naaste soos homself - eerste twee gebooie - , maar gee meer aandag aan wat is "reg of verkeerd" (wette) en "goed doen" (in plaas van om die Here se wil te soek, Hom te ken...) IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE HERE DEUR SY GUNS TE PROBEER KRY DEUR WETTE OF "GOED DOEN", IN PLAAS VAN OM SY WIL TE DOEN.

 (6)  wanneer iemand die Here se beloftes gebruik vir eie gewin, in plaas van om die wil van die Vader te soek (SOOS IN DIE GEVAL WAAR DIE DUIWEL VAN JESUS VERWAG HET OM DIE VADER TE VERSOEK - Matt. 4:5-7) (waar iemand die Here herinner aan Sy beloftes, nie beweeg deur die wil van die Vader nie, maar beweeg deur eie gewin)(waar iemand God se beloftes gebruik om hulle eie begeertes te bevredig) IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE HERE OM TE SIEN OF HY SY BELOFTES SAL NAKOM, TEN SPYTE VAN OF DIE PERSOON SY WIL DOEN/BEGEER.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------