Sunday, December 28, 2014

Olyfberg

"OLYFBERG"  ("mount of olives"; "Olivet")
(lê voor Jerusalem, aan die oostekant)
In Jesus se tyd op aarde, het Hy en Sy dissipels heelwat tyd deurgebring op die Olyfberg (Matt. 21:1; Matt. 24:3; 26:30; Luk. 19:37; Joh. 8:1) - dit wil voorkom asof die Here Jesus selfs daar vernag het in sekere tye wat Hy in Jerusalem was! (Luk. 21:37). Getsemane was 'n tuin aan die voet van die Olyfberg, duskant die spruit Kedron - dit is hier waar hulle Jesus gevange geneem het voor Hy gekruisig is - Joh. 18:2 verklaar ook dat Jesus en Sy dissipels dikwels daar saamgekom het.  Die Olyfberg was dus amper soos 'n "huis" somtyds vir die Here en Sy dissipels.  Toe iemand op 'n stadium vir die Here Jesus se dat hy Hom sal volg waar Hy ookal gaan, was Jesus se antwoord as volg:  (Luk 9:58 - "... Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie").  Hy het arm geword ter wille van ons, sodat ons deur Sy armoede ryk kan word - (2 Kor. 8:9).  

Wat verder interessant is van die Olyfberg, is dat dit die juiste plek is waarvandaan die Here Jesus Christus opgevaar het hemel toe (Hand. 1:9-12), en dit ook die plek is waarop Hy sal kom staan wanneer Hy terugkom - (Sag. 14:4) "En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal....".  

SKRIFGEDEELTES:
====================================
(Mat 21:1-6)(Mark. 11:1)(Luk. 19:29)(Mat 24:1-3)(Mark. 13:3)(Mat 26:26-31)(Mark. 14:26)(Luk 19:37-44)(Luk 21:29-38)(Joh 8:1,2)(Hand. 1:9-12)(Sag. 14:1-21)(2Sa 15:30)(Mat 26:36)(Joh 18:1,2)
_________________________________________________________________________________