Monday, September 3, 2012

Waarskuwings vir Christene


Waarskuwings vir Christene:
(Volgens die 7 briewe van Openbaring)

-  "Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. ANDERS KOM EK GOU NA JOU TOE EN SAL JOU KANDELAAR VAN SY PLEK VERWYDER AS JY JOU NIE BEKEER NIE". (Openb. 2:4,5)

-  "...Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. DIE WAT OORWIN, sal deur die tweede dood geen skade ly nie". (Openb. 2:10,11)

-  "So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat. Bekeer jou, ANDERS KOM EK GOU NA JOU TOE EN SAL TEEN HULLE OORLOG VOER MET DIE SWAARD VAN MY MOND". (Openb. 2:15,16)

- "Kyk, Ek werp haar neer op ‘n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, IN 'N GROOT VERDRUKKING, AS HULLE HUL NIE VAN HUL WERKE BEKEER NIE". (Openb. 2:22)
"En aan HOM WAT OORWIN EN MY WERKE TOT DIE EINDE BEWAAR, sal Ek mag oor die nasies gee..." (Openb. 2:26).

-  "Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; AS JY DAN NIE WAKKER WORD NIE, SAL EK OP JOU AFKOM SOOS 'N DIEF, EN JY SAL NIE WEET IN WATTER UUR EK OP JOU AFKOM NIE". (Openb. 3:3)

-  "Kyk, Ek kom gou! HOU VAS WAT JY HET, SODAT NIEMAND JOU KROON KAN NEEM NIE". (Openb. 3:11)

- "Maar nou, OMDAT JY LOU IS en nie koud of warm nie, SAL EK JOU UIT MY MOND SPUUG".(Openb. 3:16)
"...Wees dan ywerig en bekeer jou" (Openb. 3:19)

"AAN HOM WAT OORWIN, sal Ek gee ..." (Openb. 3:21)

No comments: