Monday, September 23, 2013

Handoplegging

Die tema van handoplegging, was nie iets vreemds
 in die eerste gemeentes nie. 

Die gebaar van handoplegging was 'n ernstige saak in die O.T. sowel die N.T., en behoort steeds so gesien te word.  In die Nuwe Testament word die volgende van ons verwag in 1 Tim. 5:22:  "Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein" -(rol af vir konteks).


(1)    Matt. 9:18, 19:13, Mark. 5:23, 7:32, 8:25,  wys op hoe die Here Jesus Christus deur handoplegging kinders GESEEN (EN VIR HULLE GEBID HET); Baie vb.e wys ook dat Hy mense die hande opgele het  WANNEER HY HULLE GESOND GEMAAK HET.

(2)  'n VOORBEELD in die N.T.  WYS DAT DEUR DIE HANDOPLEGGING VAN DIE APOSTELSDIE HEILIGE GEES GEGEE WAS AAN DIE WAT TOT GELOOF GEKOM HET (Hand. 8:18). Let wel dat die ontvang van die Heilige Gees, nie onderworpe was aan die handoplegging van die apostels nie - kyk bv. na Hand. 10:44/11:16. Ons sien egter 'n vb. in Hand. 8 van waar gelowiges in Samaria alreeds gedoop was in Christus Jesus (die Christelike doop), maar nog nie die Heilige Gees ontvang het nie! - die apostels het vir hulle die hande gaan ople sodat hulle die Heilige Gees kan ontvang  (Hand. 8:14-17).

(3)  IN DIE GEVAL VAN SAULUS (LATER PAULUS), HET ANANIAS IN OPDRAG VAN DIE HERE, GEGAAN EN HOM DIE HANDE OPGELE SODAT HY WEER KON SIEN (die Here het hom gestuur) (Hand. 9:12).

(4)  NOG 'N VOORBEELD WYS DAT OUDERLINGE HANDOPLEGGING GEDOEN HET WAAR 'N GENADEGAWE AAN IEMAND GEGEE IS (deur profesie - m.a.w weer-eens deur die wil van die Here gedrywe!)(1 Tim. 4:14). 


(5) WANNEER ONS WEET DAT IEMAND IN OPSETLIKE SONDE STAP, OF HULLE NOG NIE BEKEER HET VAN DOOIE WERKE NIE, MOET ONS HULLE NIE DIE HANDE OPLE NIE - In daardie sin:  "moenie iemand haastig die hande ople nie!" - laat jou liewer lei deur die Heilige Gees.  Dit moet nie gaan oor "vir wie jy wil hande ople nie", maar soos die Here jou lei (1 Tim. 5:22).
--------------------------------------------------------

(6) Baie siekes is ook gesond gemaak "deur die hande" van die apostels. (Selfs wanneer doeke of voorskote wat aan Paulus sy lyf was, op die siekes gelê is, het die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan!  (Hand. 19:12)).  Genesing deur handoplegging, was nie net vir die apostels uitgesit nie, maar Jesus het dit duidelik gemaak in Mark. 16 dat enige gelowige die hande op siekes kan le (Mar 16:16).

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OU TESTAMENTIESE SKRIFTE OOR HANDOPLEGGING:

-  Kyk bv. Gen. 48:14 (Israel  lê sy hand op die hoof van Efraim... dit was toe hy sy kinders geseen het);  soos ook die vb. van hoe die hele volk die Leviete geseen het nadat hulle gereinig is (Num. 8:10); en waar Moses vir Josua geseen het en die hande opgele het (Num. 27:22; Deut. 34:9; Num. 27:23);
-  handoplegging was ook gedoen met die sondoffer, waar die hande op die kop van die bul gelê is (Eks. 29:10; 29:15; Lev. 4:15; 8:14,18,22...) - in hierdie geval 'n offer aan die Here; of belydenis van die volk se sonde, waar die sonde deur handoplegging op die bok se kop gele is (Lev. 16:21); -hierdie was ook gedoen op iemand wat vir God gevloek het in Lev. 24:14 - die wat hom dit hoor se het, moes hulle hande op sy hoof le voor hy gestenig word;
-  Kyk ook waar versoening gedoen is vir die hele volk: Lev. 9:22, en 'n seen daarna oor die hele volk uitgespreek:  "Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het"; ook Num. 8:20.


==============================================================================

Ander interessante feite oor die tema van "hande" in die Skrif :

Die woord "hande" word baie gebruik in terme van beeldspraak in die Skrif:
Dit praat van "krag" in hande, "verdienste van die hande", "werk van die hande" ens.  Dit is deur God se hande wat Hy die mens geskep het.  
-Van iemand wat regverdig is, word die beeldspaak "rein van hande" gebruik.
- Van iemand wat doodmaak, word die beeldspraak "hande vol bloed" gebruik. -  Van die goddelose, word die beelsdspraak "boosheid van hulle handelinge" gebruik, of gepraat van die werke van hulle hande.  
- Van 'n hart wat swak raak (soos die vrees wat oor die goddelose sal kom met Jesus se wederkoms), word die beeldspraak gebruik "hande slap".


(Jos. 10:6 -in hierdie sin het dit gegaan oor hulp - "soos 'n hand op hulle" wat hulle moet help; Rig. 7:9-11in hierdie sin is dit "soos mag in sy hand" - ook Rig. 9:24 en 2 Sam. 2:7;  2 Sam. 17:2Die teenoorgestelde beeldspraak:  "slap hande" Esra 1:6; 4:4.  (ook Neh. 2:18; 6:9...) ;   2 Kron. 34:25 - goddelose verstrik in die werk van sy hande; Rig. 9:16 "verdienste v/d hande";  Job 1:10; Ps. 9:16,17; Job 10:8; 17:9; Ps. 18:24,25; Jes. 1:15,16; 3:6,7,11)



  
*  (Psa 139:5)  "U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my".

'N HAND OP IEMAND, KAN DUS VERWYS NA HULP OF IETS AFSPREEK OP IEMAND, SOOS IN DIE GEVAL VAN DIE VADERS TOT DIE SEUNS.  DIT IS SOOS IETS WAT NEERGELE WORD OP IEMAND. IN DAARDIE GEVAL OOK JOS. 10:6, DIE HAND OP HULLE WAT HULLE HELP, of waar die sonde op die bok neergele word...   
===========================================================
Iets anders interessant oor "hand":
Dit lyk of "hand onder iemand se heup le", in die O.T. 'n manier was om iets te "belowe": Gen. 24:2,3;  47:29-31



No comments: