Saturday, September 28, 2013

Julle is meer werd as baie mossies

(Mat 10:30)  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
(Mat 10:31)  Wees dan nie bevrees niejulle is meer werd as baie mossies.



In konteks het Jesus die woorde van "meer werd as baie mossies", gebruik saam met "vervolging" en "verdrukking" - ook saam met "om te getuig".  Hoekom moet ons nie bevrees wees nie?  -nie omdat Hy ons sal verlos van verdrukking nie, maar kyk die volgende woorde (v.26):  "daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie" As iemand ter wille van sy geloof verdruk en vervolg word, en selfs doodgemaak word, sal dit wat die ander persoon aan die gelowige doen, aan die lig kom - die gelowige sal nie "op die aarde val sonder die Vader nie", m.a.w. sonder dat Hy weet nie, en dit sal uiteindelik aan die lig gestel word!  Die gelowige is baie werd vir die Vader en die ander sal geoordeel word vir die feit dat hulle die waarheid (deur die getuienis van die gelowige) verwerp het, en vir enige vervolging of verdrukking wat die gelowige moes verduur.

LEES GERUS DIE HELE MATT. 10.  

(Mat 10:39)  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Gaan die bloed van die gelowiges gewreek word?

In Openb. 6, onder die 5 de seel, sien ons die siele onder die altaar, van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis (v.9). Volgens v. 10 is duidelik dat die gelowiges wat gedood is, wag op die tyd wanneer hulle bloed gewreek word: 

(Openb. 6:10)  En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesĂȘ:Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
(Openb. 6:11)  En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesĂȘ dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.


"Vrees hulle dan niewant daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie"!
=================================================================
Die gelowige se oe moet nie gerig wees op 'n uitkoms nie!, maar op die feit dat die Here alles weet en omdat Hy vir die gelowige omgee, daardie mense sal oordeel wat in opstand kom teen Sy kinders - Die feit dat Hy vir die gelowige omgee, gaan dus nie daaroor dat Hy noodwendig 'n uitkoms gaan gee nie, maar eerder dat Hy weet van alles en elkeen sal oordeel vir hulle werke en die gelowiges se bloed sal wreek op die ongeregtiges. 

No comments: