Saturday, September 28, 2013

Versoeking deur eie begeerlikhede

IN HIERDIE GEDEELTE GAAN ONS SPESIFIEK KYK NA WAAR IEMAND VERSOEK WORD "as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word":

(Jak. 1:12)  Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
(Jak. 1:13)  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
(Jak. 1:14)  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
(Jak. 1:15)  Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
(Jak. 1:16)  Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Neem kennis dat hierdie geskryf is aan gelowiges!  VOLGENS DIE SKRIFGEDEELTE IS DIT DUIDELIK DAT BEGEERLIKHEDE OOK KAN VEROORSAAK DAT DIE GELOWIGE VERSOEK WORD, en let wel dat as die GELOWIGE TOEGEE AAN DIE VERSOEKING, DAN SONDIG HY; EN L.W. DAT "AS DIE SONDE TOT VOLLE ONTWIKKELING GEKOM HET", bring dit die DOOD VOORT(Jak. 1:16)  "Moenie dwaal nie, my geliefde broeders".  Dus, volgens Jak. 1:12-16 is dit duidelik dat sonde (in 'n gelowige se lewe), wat tot volle ontwikkeling gekom het, "die dood" kan voortbring.   (Vgl. dit gerus met die tema van "aanhoudend, opsetlike sonde").    http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/sonde-kan-nooit-vervulde-wette-raak-nie.html

1 Tim. 6:9 praat van dieselfde ding: -
 "Maar die wat ryk wil word, val in versoeking  en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang" - ook hierdie verwys dit na die begeerlikhede van die mens wat veroorsaak dat hy in versoeking val.  Hierdie skrif in konteks gelees, sal ons sien dat dit veral gaan oor dat die GODSALIGHEID saam met VERGENOEGDHEID 'n groot wins is - gaan lees gerus 1 Tim. 6:1-21 (- hy verwys na die wat nie instem met die woorde van Jesus Christus nie en die leer volgens die godsaligheid nie - die wat dink dat die godsaligheid winsgewend is - die wat RYK WIL WORD, die geldgieriges).  Hy maak ook die volgende opmerking: (1Ti 6:10)  "Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeerhet hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

Ons moet nie ons hoop in wereldse dinge plaas nie (soos Jesus vir ons geleer het);  die lewe moet ook nie vir ons gaan oor wat ons bymekaarmaak nie (soos Hy vir ons geleer het).  Iemand voel moontlik belas omdat hy materialisties ingestel is (l.w. begeertes,  gedagtes) op besittings, voorkoms ens...  'n Ander voel dalk belas omdat hy homself meet aan ander se standaarde, soos om "belangrik te wees in die samelewing" - (weer-eens, let op die begeertes en gedagtes). As iemand net besig is met die dinge wat 'n GEJAAG NA WIND is, dan sal hy,  wanneer hy deur sy begeerlikhede in versoeking kom,

afval, onvrugbaar raak, of geen ryp 


vrug dra nie  (2de en 3de groepe, gelykenis van die saaier).
(en 'n loot wat nie vrug dra nie, word uitgekap...)
Jesus het ook die volgende hieroor te se gehad..... - LEES Luk 12:15-21  
=====================================================================
OOK HIER IN LUK. 12:16-21, VERWYS DIT WEER-EENS NA WAT IN DIE HART VAN DIE PERSOON AANGAAN - of SY VRUG GETUIG VAN WAT IN SY HART AANGAAN. 

Dink maar hoeveel gelowiges begeer om ryk te word?  Hoeveel kerke leer vir hulle lidmate dat hulle geseend is as dit finansieel goed gaan met hulle en hulle besittings vermeerder!?  Daar is baie verdraaide leerstellings vandag, Christene wat glo dat die "godsaligheid winsgewend" is!  Hierdie verkeerde begeertes kan tot gevolg he dat, sou so iemand versoek word, hy afvallig kan word van die geloof.   Waar valse leerstellings veroorsaak dat iemand in sonde verval, kan dit saligheid beinvloed!  Sommige kerke glo dat "meer geloof" beteken dat iemand "geseen word" deur die Here, maar hulle verstaan nie eens wat dit beteken om 'n geseende te wees nie!?  
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html

"Meer geloof" beteken inteendeel daaroor dat ons soos "onverdienstelike diensknegte" moet wees - dit gaan nie oor wat ons uit die "deal" kan kry nie!
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/gee-ons-meer-geloof.html

Die begeertes van die hart kan dus  veroorsaak dat iemand afval in tyd van versoeking, of onvrugbaar raak, of geen ryp vrug dra nie - so iemand glo net vir 'n tyd, of word verstik deur sekere dinge: (vgl. dit met die 2de en 3 de groepe, gelykenis van die saaier) - kyk veral wat dit is van die 3de groep, wat veroorsaak dat hulle onvrugbaar raak: 
"genietinge v/d lewe",
"verleiding van die rykdom"
en "sorge v/d lewe". 

(2de groep - gelykenis van die saaier)
(Luk 8:13)  En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.
(3de groep - gelykenis van die saaier)
(Luk 8:14)  En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.
(Mat 13:22)  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.


========================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html
========================================================================
(Mat 15:8) -" Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af".

No comments: