Saturday, September 28, 2013

Bekering

Wat beteken dit "Om tot bekering te kom"?

(2Pe 3:9)  "Die Here vertraag nie die belofte (van Sy wederkoms) soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
__________________________________________

Toe Johannes die Doper die volgende woorde gebruik het in Mat 3:2-"...Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom", was hierdie begrip glad nie iets nuuts vir die Jode nie.  Hulle het presies geweet wat dit beteken "om te bekeer".  Jesus het ook dieselfde woorde gebruik rakende die koninkryk van die hemele wat naby gekom het:  (Mat 4:17)  "Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom".  

Die Jode was maar alte bekend met die geskrifte, en hoeveel God die volk moes terugroep tot bekering.  "Bekering" was altyd soos 'n voorwaarde gebruik, en daar was natuurlik gevolge vir die wat nie tot bekering gekom het nie.  Hulle het goed verstaan dat dit gegaan het oor: 
"bekeer van werke" (die wil v/d Here soek bo werke, of barmhartigheid eerder as werke)
"bekeer van afgode" (om afgode te verwyder en die Here alleen te dien), en
"bekeer tot die Here" (sonde neerle,  na Sy stem  luister, Hom  gehoorsaam, reg  doen en die waarheid  soek).   
 Ook in die voorbeelde van evangelie prediking in die boek van Handelinge, in die eerste gemeentes, is dit duidelik dat bekering een van die voorwaardes was om kinders van die koninkryk te wees/word http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/evangelie-verkondiging.html. Nie net is bekering een van die voorwaardes nie, maar dit is self deel van "geloof"! Iemand kan nie bely "hy glo", maar hy het nooit tot bekering gekom nie.  Daarom is daar baie onbekeerde "Christene", mense wat beweer dat hulle glo, maar hulle is nie vry van afgodsdiens nie; hulle stap in opsetlik, aanhoudende sondes; hulle soek nie daagliks na die wil van die Here in hulle lewens nie;  hulle soek nie na die waarheid nie; hulle het werke meer lief as barmhartigheid...
========================================================================
(1)  JESUS HET DIE VOLGENDE OPMERKING GEMAAK in Mar 4:11- "En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, (Mar 4:12)  sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie". (kyk ook na Jes. 6:10, Joh. 12:40,41, en Hand. 28:27).
BEKERING 
en
VERGIFNIS VAN SONDES
gaan hand aan hand.
Dit is ook deels wat die doop voorstel! (wat die doop van Johannes voorgestel het, en deels wat die Christelike doop voorstel).   As iemand bely dat hy "vergifnis van sondes" ontvang het, moes hy ten minste eers tot bekering gekom het!
Ook waar Jesus die 12 uitgestuur het in Mark. 6, het hulle uitgegaan om mense "tot bekering" te roep (6:12) -(saam met die bekering sien ons hoe baie mense vrygeraak het van duiwels en siekes gesond gemaak is, omdat siektes somtyds die gevolg van sondes is - hulle "sondes word vergewe" wanneer hulle tot bekering kom).  
(Lees ook Luk 24:45-47; Hand. 5:30, 31; 15:3; 26:19,20)
================================================================
(2)  (Psa 7:11)  (7:12) God is ‘n regverdige regter, en ‘n God wat elke dag toornig is.
(Psa 7:12)  (7:13) As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee
"BEKERING" was nooit opsioneel nie!

(Lees Rom 2:3-6; 2 Kor. 7:9,10; 2 Tim. 2:25; Hebr. 6:6; Luk. 13:103; 15:10; Hand. 9:35)
================================================================
(3)  (Psa 51:13)  (51:15) Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.

WANNEER IEMAND BEKEND RAAK MET DIE WEE VAN DIE HERE, IS DIT LOGIES DAT BEKERING VOLGENDE VOLG.  So iemand raak bewus daarvan dat hy self die sonde en homself dien, en kom tot die besef dat hy homself moet bekeer om die Here ALLEEN te dien.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  BEKERING uit dooie werkeWAS DEEL VAN DIE FONDAMENT WAT GELE IS IN DIE EERSTE GEMEENTES:

(Heb 6:1,2; Hand. 8:22; 2 Kor. 12:21; Jak. 5:19,20; Openb. 2:5; 2:16,21; 3:3) 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  OM DAARDIE REDE IS DIE CHRISTEN GEROEP OM VRUG TE DRA, nie om wette na te kom nie, maar OMDAT DIT WYS OP DIE FEIT DAT IEMAND TOT BEKERING GEKOM HET.  Die persoon wat voorgee dat hy 'n Christen is, maar nie die nodige vrug dra nie, wys eintlik dat hy nie tot bekering gekom het nie!

(Mat 3:8; 9:13; 2:17)
================================================================
(6)  KOM ONS KYK NA DIE BETEKENIS VAN "BEKERING":

(Jer 35:15)  En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en maak julle handelinge goed en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien nie; dan sal julle bly in die land wat Ek aan julle en julle vaders gegee het. Maar julle het geen gehoor gegee en na My nie geluister nie.
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Deu 30:2)  en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,
-  NA SY STEM LUISTER
- HOM GEHOORSAAM
(Deu 30:10; Jer. 18:8-10; Eseg. 18:21; Sag. 1:4) 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Sa 7:3)  Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.
(1Sa 7:4)  Daarop het die kinders van Israel die Baäls en die Astartes verwyder en die HERE alleen gedien.
- OM DIE HERE ALLEEN TE DIEN

(2Ki 17:12,13) 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Ki 8:33)  As u volk Israel verslaan word voor ‘n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, en hulle hul tot U bekeer en u Naam bely en tot U bid en smeek in hierdie huis,
- VAN SONDE BEKEER
(1Ki 8:35; 1 Kon. 8:47; 2 Kron. 6:24; Jes. 55:7; Jer. 3:8-10; 23:14; 36:3; Eseg. 18:21, 23, 24; 18:27; Sag. 1:4)
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Ki 23:25)  En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot die HEREbekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele wet van Moses, en ná hom het nie een soos hy opgestaan nie.
-  AG GEE OP DIE HERE SE WIL/GEBOOIE (NA SY STEM LUISTER)(WIL HOM GEHOORSAAM) - v.1-3
 VERWYDER AFGODE -  2 Kon. 23: 4-24
(2Ch 30:9; 2 Kon. 23:4-24; Jes. 31:6,7; Jer. 4:1; 23:14; 25:5,6; 44:5; Eseg. 14:6)
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jer 5:1)  Swerf rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is wat reg doen, wat waarheid soek—dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.
(Jer 5:2)  En of hulle al sê: So waar as die HERE leef, sekerlik sweer hulle vals.
(Jer 5:3)  o HERE, is u oë nie op opregtheid gerig nie? U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie, hulle tot niet gemaak, maar hulle het geweier om tugtiging aan te neem; hulle het hul aangesig harder gemaak as ‘n rots, geweier om hulle te bekeer.
-  WIL REG DOEN 
-  WAARHEID SOEK 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Eze 3:17-21) 

-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Openb. 9:21)  En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.
- BEKEER VAN SONDE
(Openb. 16:11)  en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.

(Openb. 16:9)  En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
- OM HOM ALLEEN TE DIEN
================================================================

(2 Kor. 3:15)  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart;
(2 Kor. 3:16)  maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.

================================================================
(Psa 22:27)  (22:28) "Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid".
========================================================================http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html

No comments: