Saturday, September 28, 2013

Moenie oordeel/veroordeel nie

(Jak. 2:13)  "Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel".
"OM TE VEROORDEEL", of  "OM TE OORDEEL",
 BETEKEN:  

"wanneer iemand NIE WIL VRYSPREEK (nie vergewe) NIE" 
OF 
"wanneer iemand NIE BARMHARTIG IS NIE".

========================================================================

Daar is 'n verkeerde manier van oordeel (in daardie sin: "moenie oordeel nie")
maar ook 'n regte (regverdige) manier van oordeel (in daardie sin: "oordeel")

* Om VERKEERD TE OORDEEL, beteken dat iemand onbarmhartig is en nie wil vryspreek nie

* Om REG TE OORDEEL (regverdige oordeel), beteken dat iemand barmhartig is en wil vryspreek - DAAROM GAAN HY NIE "verkeerd" OORDEEL NIE; (sou hy oordeel, is die doel om die teruggevalle of ongehoorsame terug te roep - dus, die rede?  -om te vergewe/barmhartig teenoor)(hy gaan ook nie iemand oordeel op sonde wat hy self doen nie, en eers die balk uit sy eie oog haal, sodat hy goed kan sien om die splinter uit sy broer se oog te haal)

Wat "om te veroordeel" NIE beteken NIE ("regverdige oordeel"):
(1) 'n Verwagting aan 'n gelowige "om heilig te
      lewe", IS NIE "veroordeling" nie; (MAAR ONS KAN NIE VAN ONGELOWIGES VERWAG OM HEILIG TE LEWE NIE)
(2)  Teregwysing of vermaning IS NIE "veroordeling" 
       nie; (MAAR ONS MOET NIE ONGELOWIGES, GODDELOSES OF SPOTTERS TEREGWYS NIE)
(3)  Om die waarheid te verkondig,  IS NIE
       "veroordeling" nie. (om bv. te preek oor die komende oordeel - Hand. 24:25, Rom. 2:16)(MAAR AS IEMAND NIE DIE WAARHEID WIL ONTVANG NIE, MOET ONS DIT NIE PROBEER AFDWING NIE)

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-2.html

========================================================================
OM "TE OORDEEL/VEROORDEEL" ("verkeerde oordeel")BETEKEN DIE VOLGENDE:  
*  OM IEMAND TE OORDEEL OP MENSGEMAAKTE WETTE, EIE SIENINGE EN WERELDSE WYSHEID - (om iemand te oordeel volgens die vlees) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeel-veroordeel-nie-3.html
* OM IEMAND VERKEERD TE OORDEEL DEUR WOORDE  - (om iemand te oordeel volgens wat jy sien) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-4.html
* DEUR IEMAND ANDERS TE OORDEEL OP SONDE, TERWYL DIE PERSOON SELF IN SONDE STAP  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-5.html

========================================================================
WIE WORD DEUR HOMSELF VEROORDEEL, OF SAL VEROORDEEL WORD:

* WAAR IEMAND SE DADE VERSKILLEND VAN SY WOORDE(1Jn 3:17)  Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? (1Jn 3:18)  My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. (1Jn 3:19)  En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel, (1Jn 3:20)  want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles. (1Jn 3:21)  Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God - waar woorde, maar geen dade (sonder barmhartigheid), dan sal iemand se hart homself veroordeel - en as iemand deur sy eie hart veroordeel word, dan het hy nie vrymoedigheid teenoor God nie.

*  WAAR  GELOWIGES loop en FOUT SOEK BY ANDER BROEDERS - (Jak 5:9 - "Moenie teen mekaar sug (fout soek, sug) nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur". (Jak 5:10)  Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het.(Jak 5:11)  Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is".) - in hierdie geval sal iemand veroordeel word as hy loop en fout soek by sy broeder.

*  WAAR IEMAND NIE GLO IN DIE NAAM VAN DIE SEUN VAN GOD NIE - (Joh 3:18)  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. - Ons moet verstaan dat Jesus nie gekom het om die wereld te veroordeel nie, maar sou iemand kies om nie te glo nie, bring hy 'n oordeel op homself en is veroordeel. 

*  DIE WAT TEEN DIE HEILIGE GEES LASTER - (Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel— 
========================================================================

*  ONS MOENIE SPOTTERS EN GODDELOSES OORDEEL NIE (VERMAAN OF TEREGWYS NIE).
*  ONS MOENIE ONGELOWIGES OORDEEL NIE.
*  MAAR ONS MOET DIE WAARHEID VERKONDIG.

 Christene MOET "die wat binne is", oordeel: 

*  ONS MOET DIE WAT IN AANHOUDENDE SONDE STAP (NIE DIE SPOTTERS EN GODDELOSES NIE, MAAR DIE WAT HULLESELF WIL ONDERWERP AAN DIE HERE), IN SAGMOEDIGHEID VERMAAN 
*  ONS MOET VAN GELOWIGES VERWAG OM HEILIG TE LEWE/GODSALIGHEID NA TE JAAG
*  ONS MOET DIE WAARHEID VERKONDIG
---------------------------------------------------------------

No comments: