Saturday, September 28, 2013

Wat is die verskil tussen "Goeie vrug" en "goeie werke"

Wanneer ons praat van "goeie vrug", verwys dit nie net bloot na "goeie werke" of goeie gesindheid nie, maar inteendeel werke wat uitspruit uit gehoorsaamheid aan die Here omdat die persoon tot bekering gekom het - omdat hy diensbaar geword het aan God.  Goeie vrug van die gelowige is dus 'n bewys dat iemand hom/haarself onderwerp het aan die Here.  Hy soek na die wil van die Here, en doen dit. 
=============================================================================================

Om "goed te doen" of die manier hoe ons optree, word ook gesien as "vrug", bv.  vredeliewendheid, vriendelikheid, barmhartigheid, die manier hoe ons praat, goeie lewenswandel, om in ander se behoeftes te voorsien, stoflike goed te deel ens. (Jak. 3:11-18; Fil. 4:17; Rom 15:26-28)  Die vrug van die Gees is immers  liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.  HIERDIE "VRUG" VAN DIE GELOWIGE IS EGTER NIE DIESELFDE AS DIE VRUG VAN DIE ONGELOWIGE NIE - al lyk dit ook of DIE ONGELOWIGE "GOEDDOEN".  

-DIT IS NIE DIESELFDE NIE, WANT DAN SOU DIT BETEKEN DAT IEMAND DIE EWIGE LEWE KAN VERKRY DEUR WERKE en ons weet goed dat saligheid nie verkry kan word deur werke nie. 

DIE VERSKIL tussen die gelowige wat goeddoen, en die ongelowige wat goeddoen, IS DAT DIE GELOWIGE DIENSBAAR GEWORD HET AAN GOD!, maar dieselfde kan nie gese word van die ongelowige nie - die ongelowige doen soos hyself goeddink, maar die gelowige doen die wil van die Here. 
-  (Rom 6:21,22)(Mat 7:20)  
(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
--------------------------------------------------

 Kyk gerus my blogpost getiteld  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html vir meer skrifgedeeltes oor die onderwerp van "goed doen". 
Bv. (1)  As iemand liefdadigheid bewys omrede  'OM GESIEN TE WORD' of 'SELFVERHEFFING', dan sal so iemand nie daarvoor beloon word nie;  dus,  As iemand liefdadigheid bewys omrede 'OM GESIEN TE WORD' of vir 'SELFVERHEFFING', dan is daardie daad nie volgens die wil van God nie! (2)Wanneer iemand beoog om goed te doen,maar nie sy "ja, ja hou nie", dan soek hy sy eie wil en nie na die wil van die Vader nie. (3) "Om goed te doen" gaan oor DIEN, nie oor gesag uitoefen of "OM EERSTE TE WEES" nie.  (4) Deur om "goed te doen" slegs omrede "VIR EIE GEWIN", bring iemand 'n oordeel oor homself. (5) Wanneer iemand "goed doen" volgens menslike wysheid, bedink hy nie die dinge van God nie en kan 'n struikelblok wees in die plan van God.

"OM GOED TE DOEN" moet dus beweeg word deur die leiding van die Heilige Gees
dit moet geskied "uit gehoorsaamheid", nie omrede selfverheffing nie. 
--------------------------------------------------------------------------------------------
(Joh 12:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.


Lees ook (Rom 7:1-6)  

"Goeie Vrug", of "vrug wat by die bekering pas", het dus te doen met "gehoorsaamheid aan die Here" - "die wil van die Vader doen", nie "doen wat ek dink ek moet doen" of om te "probeer om goed te doen nie"Dus moet die gelowige IN DIE HERE BLY om Sy wil te ken en Hom gehoorsaam te wees - hy vra die Here se wil in alles, hy vertrou die Here, soek na die waarheid, spandeer persoonlike gebedstyd met die Here....ens.  Dit stem ooreen met wat Jesus gese het: (Joh 15:5)  "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie".


---------------------------------------------------------------------------------------------
Die koninkryk van God sal gegee word aan die wat die vrugte daarvan dra!

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/goeie-vrug-en-goeie-werke.html

No comments: