Saturday, September 28, 2013

Wat beteken dit dat daar KRAG is IN DIE NAAM VAN DIE HERE; en om in die Naam van die Here op te tree?

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html

"om 'n woord IN DIE NAAM VAN DIE HERE te spreek, of ander IN SY NAAM te leer", betken die volgende : 

(1) "om van Hom te getuig", Jesus Christus te verkondig aan ander en te bewys dat Hy die ENIGSTE Saligmaker is, die Seun van God; 
(2)   om lering te gee en te verkondig wat Jesus vir ons gedoen het, bv. "om die opstanding uit die dode" en "vergifnis van sondes" te verkondig;
(3)  om te getuig van Sy werke (bv. wat Hy doen, gawes en bedieninge wat Hy deur ons werk, ens.) en Sy genade (bv. persoonlike ervaringe met Hom- "sien en hoor").
---------------------------------------------------------------------------------
(1) WAT BETEKEN DIT DAT DAAR "KRAG IS IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS"?:  



  *  (Jer 10:6)  
*  (Dan 2:20) 
*  (Rom 9:17) 
*  (Ef. 1:20)

BG. SKRIFGEDEELTES IN KONTEKS GENEEM, BETEKEN "KRAG IN DIE NAAM VAN DIE HERE", DAT DIE HERE GROOT IS -  "HY IS IN BEHEER, DIE LOT IS IN SY HANDE, ALLES IS AAN JESUS ONDERWERP" - "omdat Hy in beheer is, is daar krag in Sy Naam"


LEES OOK:  (Openb. 4:11)  (Openb. 5:12)  (Fil. 2:9)  (Fil. 2:10)  
========================================================================
(2) WAT DIT BETEKEN OM "IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS" OP TE TREE:

 Wat beteken dit "om te SPREEK OF ander te LEER" IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS -
(soos die dissipels gedoen het...)


(Hand. 4:18) (Hand. 5:40)  (Hand. 9:27)

*  WAT BETEKEN DIT OM IN IEMAND ANDERS SE NAAM OP TE TREE?:
(1Sa 17:45) -  As jy gestuur word om in iemand anders se naam op te tree, maar jy voer nie daardie persoon se wil uit nie, dan tree jy nie meer op ter wille van daardie persoon nie, maar vir jouself! Die Naam van Jesus moet nie soos 'n towerwoord gebruik word nie!  As 'n gelowige weergee dat hy iets se of doen "in die Naam van Jesus" (m.a.w. om in Sy Naam op te tree), maar hy tree nie op volgens die wil van die Here nie, dan tree hy eintlik op "vir homself"!  Deu 18:20 - "Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe" -  In die Nuwe Testament het Jesus ons egter beveel dat ons sulke mense moet verdra (Mark. 9:38,39) - elkeen sal uiteindelik geoordeel word vir sy dade. 
Elke gelowige moet verstaan dat, om in die Naam van die Here iets uit te spreek, nie gaan oor "outoriteit" nie, maar eerder "verantwoordelikheid"
=================================================================================
-  "omdat Hy in beheer is, is daar krag in Sy Naam" - dit is nie die Christen wat in beheer is nie!  Die Here is in beheer, en die Christen moet "ter wille van Hom" spreek, m.a.w. "Sy wil uitvoer..." (hoe kan jy Sy wil uitvoer, as jy nie weet wat Sy wil is nie?) -(Joh 15:4,5 - "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie")
=================================================================================
*  WAT BETEKEN DIT OM "TEEN DIE NAAM VAN JESUS" OP TE TREE?  -Paulus noem die tyd wat hy die gelowiges vervolg het, 'n tyd wat hy "teen die Naam van Jesus" daardie dinge gedoen het:   (Hand. 26:9 - Wat my betref, ek het gemeen dat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Jesus die Nasaréner moes doen).  
Die persoon wat egter "in die Naam van Jesus" optree, verteenwoordig die Here en erken Hom as Here en in beheer:  (Mat 25:40)  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen - kyk ook v.45.  Alhoewel sommige gelowiges dink dat hulle altyd "in die Naam van Jesus" optree, is dit tog nie so nie - baie gelowiges tree "teen die naam van Jesus" op wanneer hulle bv. in die pad staan van 'n ander broer se bediening, kwaadspreek van sy broeder, sy broeder vervloek ens.  
=================================================================================

No comments: