Saturday, September 28, 2013

Maar die wat buite is, word deur God geoordeel!

Ons kan twee dinge leer uit 1 Kor. 5:12 en 13:
*  MOENIE OORDEEL NIE (die wat buite is)(die ongelowiges)
*  ONS MOET OORDEEL (die wat binne is)(die gelowiges)(verstaan dat hierdie oordeel spesifiek gaan oor die wat in "aanhoudende sonde" stap, bv.  hoerery, gierigheid, afgodsdiens, kwaadspreek, dronk drink, steel ens.; dit gaan nie oor om "fout te soek by ander" of hulle te oordeel op "mensgemaakte wette" nie!!!)



Die Christen se plig is nie om die afvalligheid te keer nie, maar om die evangelie te verkondig!   Dit beteken nie dat die sonde wat hulle doen, reg is nie; ook nie dat die Christen die waarheid moet verdraai nie, maar baie Christene is so besig om vingers te wys na ongelowiges, dat hulle nalaat om die evangelie te verkondig!  Terwyl in evangelie-prediking die ongelowige bedag gemaak word van hoe verlore hy is in sy sonde, kan die Christen egter nog nie van 'n ongelowige verwag wat hy van 'n gelowige verwag nie (evangelie-verkondiging gaan nie daaroor dat ons die ongelowige oordeel op wat hy verkeerd doen nie, maar gaan oor om hom te beweeg om te kies om die Here te dien, wat dan sal beteken dat hy bv. afgodsdiens moet neerle).  "Bekering" gaan oor "ondergeskiktheid aan die Here" en 'n belsuit "om Hom gehoorsaam te wees", maar die persoon wat nog nie tot daardie punt gekom het nie, wat nog nie tot bekering gekom het nie,  is die "natuurlike mens" - hy neem die dinge v/d Gees nie aan nie, want dit is vir hom dwaasheid - hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word.

BEKERING was altyd saam met geloof gepreek:
-kyk Johannes se prediking;  
-ook het Jesus die belangrikheid van bekering gepreek;  
-kyk maar hoe die evangelie verkondig is in die eerste gemeentes...: http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/evangelie-verkondiging.html 
=================================================================================
Dus, terwyl die Christen nie vingers wys nie, is dit belangrik dat die ongelowige gewys word dat hy verlore is in sonde.

Om dus te se dat hoerery of homoseksualisme of lieg ens. sonde is, beteken nie "om te oordeel" nie; Maar om bloot vingers te wys na die ongelowige en om van hom te verwag wat ek van 'n gelowige verwag (nl. "om in geregtigheid te stap), is "oordeel".  Ons mag uitwys "wat sonde is", maar ons moet versigtig wees wanneer ons van ongelowiges verwag om in geregtigheid te stap, terwyl hulle nie "geregtigheid" ontvang nie (omdat hulle nie glo nie).

In Evangelisasie le die klem op geloof, nie wette nie (alhoewel iemand slegs tot geloof kan kom deur sy sonde af te le en die Here se wil te kies).   
  Wanneer Jesus terugkom, dan sal Hy hulle met 'n ysterstaf regeer (Openb. 2:27; 19:15)- Hy sal dit doen; dit is nie die Christen se plig om nou te regeer met 'n ysterstaf nie, want ons regeer nog nie - ons sal eendag saam met Hom regeer, ja, en Hy sal hulle met 'n ysterstaf regeer... Die Christen moet homself altyd sien as 'n dienskneg, nie as 'n regter nie. (Ook waar die Christen oordeel "die wat binne is", gaan dit oor om die persoon terug te bring op die pad, nie om regter te speel nie!).

No comments: