Saturday, September 28, 2013

Die Vrug van die Gelowige

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-vrug-van-die-gelowige.html

Die Vrug van die Gelowige

(Joh 15:1)  "Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jak. 5:7)  "Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike VRUG van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het".
---------------------------------------------------------------------------------------------
(Mar 4:26)  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi;
(Mar 4:27)  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.
(Mar 4:28)  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.
(Mar 4:29)  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.
================================

Die gelowige is geroep "om vrug te dra":
 (Joh 15:16)  "Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkiesen julle aangestel om vrug te gaan dra EN dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee". 
  In die gelykenis van die saaier, verduidelik Jesus 4 groepe mense - (1) die wat hoor, maar vergeet;  (2)  die wat hoor, die woord ontvang, maar net vir 'n tyd glo en in tyd van versoeking of verdrukking afval;  (3) die wat die woord hoor, ontvang - begin vrug dra - maar die rykdom en genietinge v/d lewe ens. verstik dit en hulle raak onvrugbaar, of dra geen ryp vrug nie;  (4)  die wat die woord hoor en ontvang, in 'n goeie hart hou en met volharding vrug dra.  Dit is slegs die wat met volharding vrug dra (dertig, sestig of honderdvoudig), wat verseker kan wees dat hulle nie uitgekap sal word nie. As iemand slegs vir 'n tyd glo, dan "bly hy nie in die Here nie" - en Jesus het dit duidelik gemaak dat as iemand nie in Hom bly nie, hulle nie vrug kan dra nie.  Iemand kan dus tot bekering/wedergeboorte kom (die woord hoor en met blydskap aanneem)(soos baba-stadium in trappe van geestelike onderving)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/hoe-groei-die-christen-geestelik.html), maar as hy nie "in Hom bly" nie - as hy "net vir 'n tyd glo", dan gaan hy nie vrug dra nie!  Kyk ons na die volgende vlak van geestelike groei, nl. "kind", dan gaan dit juis oor 'n verhouding met die Here - waar iemand Hom begin KEN.  Iemand wat nie geestelik oorgaan van baba na kind nie, gaan nie vrug dra nie!  

Net soos daar dinge is wat die gelowige doen wat veroorsaak dat hy vrug dra, bv. "om in die Here te bly", so is daar dinge wat veroorsaak dat hy nie vrug dra nie (bv. om net vir 'n tyd te glo), of dat hy onvrugbaar raak (bv. om meer besig te wees met die lewe as met die Here.
===============================================
Die onderwerp van "vrug dra" gaan egter nie oor "werke wat saligheid verwerf" nie, maar oor iemand wat "reeds saligheid ontvang het" in Jesus Christus! (m.a.w. iemand soek bv. daagliks na die wil van die Here omdat hy saligheid ontvang het, nie om saligheid te verkry nie;  of iemand maak persoonlike gebedstyd met die Here omdat hy saligheid ontvang het, nie om saligheid te verkry nie...)(MAAR sou iemand nie in die Here bly nie, Sy wil soek nie, Hom as eerste Liefde ken nie ens., dan gaan hy nie vrug dra nie - en sy vrug dan bewys dat hy nie regtig die Here liefhet nie, en sal hy afgesny word en in die vuur gegooi word - in so 'n geval kan iemand sy saligheid wat hy ontvang het, verloor). 
 (Luk 6:44)  "Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ‘n mens tog nie vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n doringbos nie". 

As die koringkorrel nie sterf nie, bly dit alleen, maar as dit sterf, dra dit veel vrug! (Joh. 12:24,25).  

(Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
========================================================================
(Mat 12:35)  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn". 

Vrug is 'n bewys van wat in iemand se hart aangaan.

(Heb 12:5)  En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;
(Heb 12:6)  want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.
(Heb 12:7)  As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns;want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?
(Heb 12:8)  Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
(Heb 12:9)  Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?
(Heb 12:10)  Want húlle het ons wel ‘n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.
(Heb 12:11)  Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

(Joh 15:2)  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
========================================================================

No comments: