Saturday, September 28, 2013

Jy mag die Here jou God nie VERSOEK nie

IN HIERDIE GEDEELTE GAAN ONS SPESIFIEK KYK NA 
WAAR IEMAND die Here probeer versoek ("to test" or "try").  In die vorige temas oor "versoeking", het ons gesien dat alhoewel God "versoeking" toelaat, Hy niemand versoek nie. Ons wil ook nie graag versoek (beproef) word nie(want dan kan ons faal en dit is moeilik om daardeur te gaan); Jesus het ook vir ons geleer om die Vader te vra, "lei ons nie in die versoeking nie...".  "Om vleeslike begeertes te koester" kan gevaarlik wees, want deur dit kan ons onsself in versoeking lei/veroorsaak dat ons versoek word.  Versoeking gaan egter nie net oor "om deur die kwaad versoek te word" nie (om te toets of die persoon sal toegee aan sy begeertes nie), maar iemand se geloof word ook somtyds getoets, soos in die geval van Job. 

"Om die Here te versoek", beteken nie "om deur die kwaad versoek te word" nie, want God kan nie deur die kwaad versoek word nie, maar in alle gevalle van versoeking, gaan dit oor om die ander se motiewe te toets.  Ook wanneer iemand die Here versoek, gaan dit oor "om Sy motiewe te toets" - in die geval van die gelowige wat die Here versoek, toets hy of die Here regtig vir hom omgee; toets hy of Hy hom sal vergewe as hy nie Sy wil doen nie; toets hy of die Here tevrede sal wees met bloot offers, in plaas van barmhartigheid; toets hy of die Here Sy beloftes sal hou, al doen/begeer die persoon nie Sy wil nieIn die geval van die ongelowigewat die Here versoek (en ook die geval by sommige "gelowiges"!), toets hy die Here se outoriteit, en staan hy die waarheid tee.
=================================================================================

 (Mat 4:5)  Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan (Mat 4:6)  en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.

(Mat 4:7)  Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.


In die skrifte waarna ons spes. gaan kyk hieronder, is die betekenis van die woord "versoek", om te toets ("to test" or "try").  
=================================================================================


OPSOMMING:

Wat beteken dit as iemand "die Here versoek"?

-  (1) wanneer iemand kla oor die Here;  ontevrede is oor sy omstandighede en nie die Here vertrou nie (SOOS DIE VB. V/D VOLK IN DIE WOESTYN - 1 Kor. 10:1-12; Hebr. 3:7-13; Eks. 17:2-7; Num. 14:22,23; Deut. 6:16; Ps. 78:19-22...) (ongeloof;  hy plaas nie sy vertroue in die Here nie, m.a.w. waar iemand twyfel, die Here verag, nie na Sy stem luister nie, in sonde stap, wederstrewigheid - ontevrede, kla, verbitterd, begerig...vra volgens hulle sin, praat teen die Here - vertrou nie op die Here se hulp nie) (vergeet Sy werke, en hou nie Sy getuienis nie)(afgunstig teenoor die wat tevrede is).  Sekeres van die volk in die woestyn het bv. woorde gebruik soos "is die Here in ons midde of nie?";  die oomblik wat dinge nie so goed verloop het nie, het hulle God bevraagteken en Hom getoets, gemaak asof Hy nie vir hulle omgee nie; - hulle oe was nie op die Here nie, maar op hulle omstandighede; - hulle denke op die wereldse en hulle het nie regtig die Here vertrou nie. IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE HERE SE LIEFDE VIR HOM, TOG VERTROU HYSELF NIE DIE HERE NIE.

-  (2) wanneer iemand weier om te erken dat die Here in beheer is (SOOS IN DIE GEVAL WAAR DIE  Fariseërs en Sadduseërs JESUS VERSOEK HET DEUR TE VRA VIR 'N TEKEN - Matt. 16:1-4; Matt. 12:40-42; Luk. 11:14-28) (waar iemand die Here versoek vir 'n teken a.g.v. ongeloof/m.a.w. geen vertroue in die Here nie)(waar iemand wil bewyse inbring teen die Here)(waar iemand self in beheer wil wees). IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE HERE SE OUTORITEIT met die motiewe om te probeer bewys dat die Here nie in beheer is nie of omdat hyself in beheer wil wees.
  
-  (3) wanneer iemand die waarheid teestaan - menslike wysheid (SOOS IN DIE GEVAL WAAR DIE FARISEERS RAAD GEHOU HET OM JESUS IN SY WOORDE TE VERSTRIK - Matt. 22:15-22; 19:3-6; Luk. 10:25-42; Joh. 8:1-11)  (wanneer iemand probeer om die Here in Sy woord te verstrik)(vergader leermeesters wat hulle in hulle gehoor streel, en bevraagteken die waarheid) (waar iemand nie die waarheid liefhet nie)(sommige ongelowige Fariseers en wetgeleerdes het Jesus getoets en probeer om Hom 'n strik te stel om Hom te beoordeel op Sy woorde). IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE WAARHEID, met die motiewe om te bewys dat sy eie sieninge reg is.

 (4) wanneer 'n gelowige, nadat die Heilige Gees hom oortuig van sonde, voortstap in sonde sonder om dit af te le (SOOS IN DIE GEVAL WAAR ANANIAS EN SAFFIRA DIE HEILIGE GEES VERSOEK HET - Han. 5:1-11) (waar iemand weier om aanhoudende sonde neer te le - op die manier versoek (test) hy die Here deur te dink dat hy kan wegkom daarmee.  IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND OF HY KAN WEGKOM MET "SY EIE WIL DOEN".  

-  (5) wanneer iemand "offers" belangriker ag as barmhartigheid (SOOS IN DIE GEVAL WAAR SOMMIGE FARISEERS WAT GELOWIG GERAAK HET, GOD VERSOEK HET DEUR 'N JUK OP DIE DISSIPELS TE LE - Hand. 15:5-11) (waar wette belangriker as barmhartigheid)(waar iemand nalaat om die Here lief te he  en sy naaste soos homself - eerste twee gebooie - , maar gee meer aandag aan wat is "reg of verkeerd" (wette) en "goed doen" (in plaas van om die Here se wil te soek, Hom te ken...) IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE HERE DEUR SY GUNS TE PROBEER KRY DEUR WETTE OF "GOED DOEN", IN PLAAS VAN OM SY WIL TE DOEN.

 (6)  wanneer iemand die Here se beloftes gebruik vir eie gewin, in plaas van om die wil van die Vader te soek (SOOS IN DIE GEVAL WAAR DIE DUIWEL VAN JESUS VERWAG HET OM DIE VADER TE VERSOEK - Matt. 4:5-7) (waar iemand die Here herinner aan Sy beloftes, nie beweeg deur die wil van die Vader nie, maar beweeg deur eie gewin)(waar iemand God se beloftes gebruik om hulle eie begeertes te bevredig) IN HIERDIE GEVAL "TOETS" IEMAND DIE HERE OM TE SIEN OF HY SY BELOFTES SAL NAKOM, TEN SPYTE VAN OF DIE PERSOON SY WIL DOEN/BEGEER.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments: