Saturday, September 28, 2013

...ons gemaak konings en priesters...

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/en-ons-gemaak-het-konings-en-priesters.html

...en ons gemaak het KONINGS EN PRIESTERS vir sy God en Vader... 


Die term van "konings en priesters" verwys veral daarna  "dat gelowiges saam met die Here sal regeer" (in die 1000 jaar): 
-(Openb. 5:10)  en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.
-(Openb. 20:6)  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Vgl. dit met Dan. 7:
(Dan 7:18)  en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.
(Dan 7:27)  Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.
================================================================

HIERDIE BELOFTES WAS SPESIFIEK GEMAAK AAN DIE JOODSE VOLK (sou hulle die voorwaardes nakom!):

(Eks. 19:5)  "As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou (L.W. VOORWAARDE!), sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
(Eks. 19:6)  En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
KYK OOK JES. PROFESIE:
(Jes. 61:6) "Maar júlle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem".

================================================================
Die vraag is nou, of hierdie woorde bedoel is vir alle gelowiges, en of dit net vir gelowige Jode bedoel is? In die boek van Petrus word dit vir ons goed verduidelik dat hierdie van toepassing is op alle gelowiges: 
(1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
(1Pe 2:10)  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
(1Pe 2:11)  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
(1Pe 2:12)  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

In die 1000 jaar sal dit nie net die gelowige Jode wees wat saam met Jesus gaan regeer nie, maar alle gelowiges (die wat deel het aan die eerste opstanding) - "hulle sal saam met Hom as konings regeer 1000 jaar lank.

-  KYK DIE DOEL VAN DIE "HEILIGE VOLK", V.9: "om te verkondig die deugde van Hom"
-  KYK OOK DIE KONTEKS VAN PETRUS SE SKRYWE:
(1Pe 1:15)  "Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word"
(1Pe 2:11)  "Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
(1Pe 2:12)  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon..." 

DIE HEILIGE VOLK, DIE GELOWIGES, MOET AG GEE OP DIE PAD VAN GODSALIGHEID.  DIE GELOWIGE IS GEROEP OM VRUG TE DRA EN TE VERTEL VAN DIE HERE. AS ONS DAN WIL VERKLAAR DAT ONS KONINGS EN PRIESTERS GEMAAK IS, DAN MOET ONS OOK DIE NODIGE VRUG DRA.  DIE GELOWIGE MOET BEREID WEES OM HOMSELF OP TE GEE VIR DIE HERE IN HIERDIE LEWE, SODAT HY DAARDIE BELOFTES DEELAGTIG KAN RAAK - hy moet die Here gehoorsaam wees en Sy wil soek,  Hom as eerste Liefde ken, en volhard in die geloof.

-KYK OOK Rom 8:17:  "en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word".
-(2Ti 2:12)  "As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën".
(Gal 3:7)  Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.

------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/jood-sowel-heiden-het-hulle-messias.html
-----------------------------------------------------------
DIE "EVANGELIE VAN VREDE?"
(Hand. 10:34)  En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,
(Hand. 10:35)  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
(Hand. 10:36)  Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal.

In hierdie gedeelte maak Petrus dit duidelik dat "evangelie van vrede" die volgende behels:
- dat "(1) God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in ELKE NASIE die een WAT HOM VREES en GEREGTIGHEID DOEN, Hom welgevallig is";  -(v.36)(2)"HY IS DIE HERE VAN ALMAL.
-Hierdie feit word ook in Ef. 2 goed verduidelik.
-Kyk ook  Rom 10:12-15 - "(1) Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde (2) Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!


========================================================================

Terwyl ons alreeds verklaar dat ons "kinders van die koninkryk" geword het deur ons geloof in Jesus Christus, en daarom 'n koninklike priesterdom, moet ons nie uit die oog verloor dat dit juis beteken dat ons "diensknegte" is van Jesus Christus (" 'n volk as EIENDOM verkry..")
Die wat nie die nodige vrug dra nie, sal uitgewerp word!
(Mat 7:20)  "So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele niemaar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is".


Die tema van "konings en priesters", verwys na die toekoms, wanneer ons saam met Hom sal heers soos konings - en is beperk tot die wat deel het aan die "eerste opstanding". - ons regeer nog nie as konings en priesters saam met Jesus Christus nie - ons moet eers deel he aan die eerste opstanding!  Die gelowiges wat nie die nodige vrug dra nie, sal nie deel he hieraan nie!  

No comments: