Friday, October 4, 2013

Jesus is die Christus!

BEWYSE DAT JESUS DIE CHRISTUS IS:

-    Dit was nie net Paulus  wat Jesus verklaar het as die Christus en Seun van God nie, maar heelwat ander het dit spesifiek verklaar.

*  Johannes die doper het dit verklaar: 
 (Mat 3:11,12)(Mark. 1:7,8).
 (Luk 3:15,16)  En terwyl DIE VOLK IN VERWAGTING WAS, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Christus was nie, antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie—Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur - (hierdie is ook bewys op die dag van Pinkster met die uitstorting van die Heilige Gees! - Hand. 2).  (Joh 1:32-34)  En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.  En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop. En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is. 


* Petrus het die verklaar:
(Mat 16:14-18)  "...En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. ...".(Joh 6:68-70)  "En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God...".

-  God het dit uit die hemel verklaar: (Mat 3:16,17)  En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.  En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het - (ook Mark. 1:9-11).
-ook deur engele:  (Luk. 2:10; Luk. 1:35.36; Matt. 1:21)(Matt. 17:5 toe Moses en Elia in gesprek met Jesus was - Petrus, Jakobus en Johannes het dit waargeneem). 

nog ANDER BEWYSE:
-  Wat van die wyse manne wie vir Jesus genoem het, "die Koning van die Jode"? (Matt.2)-  Wat van die herders in dieselfde landstreek as waar Jesus gebore is, en die engel van die Here wat aan hulle verskyn het en gese het:  (Luk 2:10) " En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê".

-  Wat van die man Símeon:  (Luk 2:25-30) " En daar was ‘n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom. En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie. En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet, het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê..."

-  Wat van Anna, die profetes: (Luk 2:38)  "En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het".

- Ook die feit dat Jesus uit die geslag van Dawid, asook in Betlehem, gebore is, soos die profete voorspel het, (Matt. 1:1-17;  Matt. 2:1-6; Miga 5:2; Jer. 23:5), was 'n bewys dat Hy die Een was/is. (ook hierdie feit is weer bewys met die wyse manne en die herders).

-  Wat van die engel wat aan Maria verskyn het?  En aan Josef?  (Luk 1:35,36 - "....Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word. ...".) (ook het die engel vir haar gese van Elisabet - ons weet dat Elisabet haar op daardie stadium verberg het en Maria niks geweet het van die feit dat sy swanger was nie - dus ook 'n bewys dat die engel aan Maria verskyn het en sy die waarheid gepraat het, want sy het na Elisabet gegaan net uit dit wat die engel haar vertel het)(ook het Elisabet, vervul met die Heilige Gees, erken: (Luk 1:43)- "En wat het my oorgekom dat die moedervan my Here na my toe kom?").  En aan Josef: (Mat 1:21)  "en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:  Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons".
  
- (Mat 11:2-6 - "En Johannes het in die gevangenis gehoor van die werke van Christus, en twee van sy dissipels gestuur en vir Hom gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?  En Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: Gaan vertel aan Johannes wat julle hoor en sien:  blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig.  En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie".)  (kyk Jes. 29:18,19; Jes. 32:3,4; Jes. 61:1) - (dit was ook vervulling van profesie).
-  Kyk ook na: (Mat 27:54) "" En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.

-  (Mar 1:1) " Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God".

-  Selfs die duiwels het verklaar dat Hy die Seun van God is, en hulle sidder (Mar 3:11) " En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!"  (Mar 5:7)  "en skreeu met ‘n groot stem en sê: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek besweer U by God om my nie te pynig nie". (Luk 4:41) " En duiwels het ook uit baie uitgegaan en geskreeu en gesê: U is die Christus, die Seun van God! En Hy het hulle bestraf en nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus was".

-  (Joh 1:49)  (1:50)" Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!"

-   (Joh 20:28-31)  "En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God! Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het. Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie;  maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam".

-  (Hand. 8:36, 37)  "En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is".

-  ANDER: - hulle het Hom HERE genoem - (Matt. 17:15; Matt. 8:2; 8:21; 8:25; 9:28; 13:51; 14:28; 15:25,27;  16:22; 17:4;  17:4,15; 18:21; 20:30,31,33; 21:3; 22:3-45); (Mat 28:5,6)  "Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.  Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het".


JESUS HET BAIE PROFESIEE VERVUL: 
* (Mat 1:22)  "En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:,23 Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons" ( Jes. 7:14)
*  (Mat 2:14,15) " Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek".  En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep". (Hos. 11:1)
*  (Mat 2:16-18)  "Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het. Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het: ‘n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie". (Jer. 31:15)
*  (Mat 2:23)  "En hy het gaan woon in ‘n stad met die naam van Násaret, sodat vervul sou word wat deur die profete gespreek is, dat Hy Nasaréner genoem sou word".  (Jes. 11:1)
*  (Mat 4:13-16)  "En Hy het Násaret verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali, sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het:  Die land Sébulon en die land Náftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Galiléa van die heidene— die volk wat in duisternis sit, het ‘n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan".  (Jes. 9:1,2)
*  (Mat 8:16,17)  "En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met ‘n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak,  sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra". (Joh 12:38)  "sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar?"  (Jes. 53:1,4)
*  (Mat 12:16-21)  "en hulle ‘n streng bevel gegee dat hulle Hom nie bekend moes maak nie, sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur Jesaja, die profeet: Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel ‘n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig. Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. ‘n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. En op sy Naam sal die heidene hoop".  (Jes. 49:5,6; 52:13; 53:11)
*  (Mat 13:14)  "En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie".  (Mat 13:35) " sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af". (Jes. 6:9,10; Eseg. 12:2)
*  (Mat 21:4) " En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is: Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ‘n esel, ja, ‘n jong esel, die vul van ‘n pakdier".(Sag. 9:9)
*  (Mat 26:52-54)  "Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan. Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie? Hoe sou die Skrifte dan vervul word dat dit so moet gebeur?"  
*  (Mat 27:8)  "Daarom is dié stuk grond genoem Bloedgrond, tot vandag toe. Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel";  (Joh 13:18) " Ek spreek nie van julle almal nie—Ek weet wie Ek uitverkies het—maar dat die Skrif vervul kan word:Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig".  (Hand. 1:16)  Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het"; (Sag. 11:12,13; Ps. 41:9; 55:12-15)
*  (Mat 27:35)  "En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp".  (Mar 14:48,49)  "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Het julle soos teen ‘n rower uitgetrek met swaarde en stokke om My gevange te neem?  Dag vir dag was Ek by julle in die tempel besig om te leer, en julle het My nie gegryp nie. Maar die Skrifte moes vervul word".  (Ps. 22:16-18) 
*  (Mar 15:27) " Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter— en een aan sy linkerkant.  En die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken".  (Jes. 53:12)
*  (Joh 15:24,25)  "As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.  Maar die woord wat in hulle wet geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat".  (Joh 17:12)  "Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word".  (Joh 18:9)  "sodat die woord vervul sou word wat Hy gespreek het: Uit die wat U My gegee het, het Ek niemand verloor nie".  (Ps. 7:4)
*  (Joh 19:36) " Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word:Geen been van Hom sal gebreek word nie".  (Ps. 34:20)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


-  Johannes die Doper was ook self 'n bewys, as die een wat die pad regmaak, om "vir die Here" 'n toegeruste volk voor te berei:
- Die een oor wie eeue voor die tyd, geprofeteer was, die een wat die pad vir die Messias sou regmaak:  (Mal 4:5) (Luk 1:17) ( Mark. 9:11-13).   Dat die Fariseërs en Sadduseërs probeer het om hulle deur Johannes te laat doop, is 'n bewys dat hulle geglo het dat Johannes inderdaad die een was op wie hulle gewag het.  Hulle het tog die skrifte goed geken en geweet dat Johannes juis "bekering" sou preek.  Is hy dan nie die een wat die harte van die vaders terugbring om vir die Here 'n toegeruste volk voor te berei nie?  Met Johannes se aankoms, het hulle definitief die koninkryk verwag! (Mat 3:2). Dit is ook duidelik uit spesifieke vrae wat gevolg het deur verskeie Jode dat hulle die koninkryk verwag het.  Johannes was dus self 'n bewys van "dat die Messias" oppad was. Tog het almal van hulle nie geglo nie. Toe die owerpriesters en skrifgeleerdes Jesus se gesag bevraagteken, was Jesus se antwoord:  (Mat 21:25-27 ; Mat 11:18,19)  Maar was Johannes se pa dan nie 'n priester nie?  En was Johannes se geboorte dan nie deur 'n engel aangekondig wat gepaardgegaan het met Sagaria se blindheid en die bewys van die naam met die besnydenis nie.........?  Daar was inderdaad genoeg bewyse, die owerpriesters en skrifgeleerdes wou dit net nie aanvaar nie;  ook was hulle dalk kwaad oor Johannes nie almal van hulle wou doop nie en is hulle "gesag" aangeraak.  Ten spyte van die paar wat nie geglo het nie, het die meerderheid geglo dat Johannes die een was wat die pad sou voorberei vir die Messias, soos die profete voorspel het: (Mar 1:2-5)  .......En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments: