Sunday, September 16, 2012

Geloof



Mattheus 6:7 -"Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie.  Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik."

Mense probeer hulle geloof "sterker" te maak, deur allerhande metodes:  deur iets baie hard uit te spreek, of om dit oor en oor te sê...hulle dink dat iets sal gebeur "as hulle meer geloof het". Dit is soos mense wat afgode aanbid en hulle dink dat deur sekere pligte of woorde te herhaal, hulle hulle gode kan omkoop.   MAAR GELOOF IS NIE IETS WAT JY PROBEER WAKKER MAAK NIE, OF IETS WAT JY MOET VERDIEN NIE! 

*  Ons raak te gou opstandig of bang!  Daar is geen manier hoe ons geloof op ons eie kan "produseer" nie, maar wanneer ons Hom ken en vertrou, ons gedagtes op Hom hou en gehoorsaam is aan Sy wil, dan verkry ons "geloof" outomaties.

*  Mense wil graag "meer geloof" hê sodat hulle 'n lekker lewe kan lei, deur ander geken word as "suksesvol" en met die idee dat hulle 'n lewe kan lei sonder probleme, maar "geloof" is nie 'n kaartjie om te kry wat ek wil hê nie.  (wat begeer ons?)  

*  Dit gaan nie oor om meer geloof te probeer kry nie, maar oor "Om my lewe in Sy hande te sit, heeltemal gewillig en tevrede en Hom toe te laat om te doen en vra wat Hy wil en Hom gehoorsaam te wees.  (minder van ons, meer van Hom!)
Iemand wat se hart nie reg is voor die Here nie, kan nie "meer geloof" kry nie.


Jou antwoord op die volgende vrae behoort 'n goeie aanduiding te gee van hoeveel "geloof" jy het:
*  Hoeveel tyd spandeer jy in GEBED tot die Here?
*  Is die Here jou eerste Liefde?
*  Is jy gehoorsaam aan die Here se opdragte en doen jy wat vir Hom aanneemlik is?
*  Soek jy in alles na die wil van die Here?
*  Vergewe jy ook ander soos die Here jou vergewe?
*  Is jy absoluut onderdanig aan die Here en wil jy 'n slaaf vir Hom wees?


Wanneer Jesus woorde gebruik het soos, "kleingelowiges" of "omdat julle geloof te klein is", is dit tog duidelik dat daar iets geskort het met die dissipels se "geloof".  Hulle vra dan ook vir Jesus op 'n stadium vir "meer geloof".
GEE ONS MEER GELOOF...
In Luk. 17:5-10 vgl. Jesus die hele kwessie van "meer geloof" kry, met die voorbeeld van "om 'n dienskneg te wees.  Dit gaan oor DIEN, nie oor wat jy kan kry nie!  Meeste gelowiges sien dit andersom en dan is dit niks anders as die "heidense" gelowe waar hulle hulle gode probeer omkoop nie.  God beantwoord gebede omdat Hy wil, nie omdat ons dit verdien nie. Geloof gaan oor "om die Here te dien", nie oor wat ek verdien nie. 


Dit gaan dus oor die gelowige se "uitkyk" op dinge -
*  Kies jy die Here omdat jy Hom liefhet en respekteer as die ware God, of kies jy Hom net omdat jy voordeel daaruit kan trek?


Mense soek "meer geloof" gewoonlik oor selfsugtige redes.  Wanneer my begeerte na" meer geloof" gaan oor wat ek kan kry of wat ek kan doen, dan gaan dit oor "my wil" en nie die "Here se wil" nie.  Baie min Christene verstaan wat dit beteken om die Here se slaaf te wees, omdat hulle nog nie regtig hulleself ONDERDANIG gestel het aan Hom nie - daarom sukkel hulle om "geloof" te verstaan, want hulle soek dit om verkeerde redes en nie om die Here se wil uit te voer nie. Die Christen moet bloot GEHOORSAAM WEES, dan sal "geloof" outomaties kom, m.a.w. " 'n dienskneg".

"GELOOF KOM DEUR DIE WIL VAN GOD TE KEN EN TE WEET WAT HY WIL DOEN"
Ons kan egter somtyds bewus wees van God se wil, maar wanneer ons dinge soos vrees, twyfel en bekommernis toelaat, dan demp dit ons geloof:


(Numeri 13:1-3 en 26-33.  Kyk veral na verse 31 en 31)



Onder die12 wat die land gaan verken het, was dit net Kaleb wat DIE GELOOF GEHAD HET dat hulle die land kan verower.  Die ander manne was so BANG dat hulle 'n slegte gerug onder die Israeliete versprei het.  Hier sien ons 'n duidelike vb. van waar God die land aan die volk belowe het en hulle absoluut geweet het wat Hy vir hulle sê om te doen, maar hulle VRESE veroorsaak het dat hulle nie genoeg geloof gehad het nie.  Hoekom het Kaleb die geloof gehad, maar nie die ander nie?  HY HET GOD SE WIL GEKEN EN HOM ABSOLUUT VERTROU! Kaleb het nie getwyfel in die Here se woord nie en nie toegelaat dat vrese dit oorheers nie.  Geloof is 'n hartsaak, 'n wete wat God vir jou gee en, van jou kant af, 'n vertroue in Hom.

Num. 14:8 -"As die Here ons goedgesind is, sal Hy ons na hierdie land toe bring en dit aan ons gee, 'n land van melk en heuning".  "AS DIE HERE ONS GOEDGESIND IS" - weer-eens 'n houding van 'n "dienskneg"!

* GELOOF IS ONDERWORPE AAN GEHOORSAAMHEID

- v. 9 -"JULLE MOET NET NIE TEEN DIE HERE IN OPSTAND KOM NIE.  Moet ook nie vir die mense van die land bang wees nie, want ons sal hulle maklik verslaan.  HULLE GODE SAL HULLE NIE KAN BESKERM NIE.  DIE HERE IS BY ONS.  Moenie vir hulle bang wees nie!" Die volk het verbitterd geraak en God begin kwalik neem vir die situasie waarin hulle was. (Dit het veroorsaak dat hulle kinders nog 40 jaar in die woestyn moes rondtrek voor hulle in die land kon ingaan en die ongelowiges het gesterf en nooit die land gesien nie!)

* GELOOF IS OM JOUSELF TE ONDERWERP AAN GOD SE WIL EN PLAN.




------------------------------------------------------------------------------------------------

Die antieke Grieke het in allerhande gode geglo - dit is selfs onmoontlik om te sê hoeveel Griekse gode daar was, letterlik honderde, maar hulle was van mening dat die gode hulle kon help.  Dit was soos 'n aangeleerde geloof waar mites en kennis oorgedra is van generasie na generasie.   Van die mees bekende onder die sogenaamde gode, was Apollo, Zeus, Demeter, Hermes, Ares en ander.  Die Grieke het geglo dat Apollo die toekoms ken,  Ares was die god van oorlog en kon in mense ingaan en woede in hulle skep sodat hulle die begeerte het om te veg.  Daar was ook Athene, die godin van wysheid en Demeter, die godin van groeiende goed.  Hermes was die god wat jou gehelp het wanneer jy op reis gaan en Aphrodite was die Griekse godin van liefde.  Alhoewel die gode vir hulle niks kon doen nie, het hulle voorgegee dat hulle baie verstandig is en in die plek van die onverganklike God, het hulle beelde opgestel wat lyk soos verganklike mense of soos diere.  (Rom. 1:23) 


Rom. 1:20,21 - "Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat Sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie.  
Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie, omdat, AL WEET HULLE VAN GOD, hulle Hom nie as God eer en dank nie...".

Ons wil egter vra:   hoekom het die Grieke verkies om afgode te aanbid terwyl ons duidelik in Romeine 1 lees dat God, wat alles gemaak het, HOMSELF BEKEND MAAK AAN ELKE MENS.  Elke persoon in elke nasie en taal, raak op een of ander stadium bewus van die ware enigste God.    Hoekom dan aanbid en dien hulle eerder "dinge" as vir God Homself? Selfs "God se volk", die Israeliete, het baiemaal afgedwaal en baie van hulle het afgode begin aanbid.  Hulle het God se almag eerstehans ervaar en het geen rede gehad om agter gode aan te gaan nie, tog het baie van hulle, maar hoekom? 


*  Hoekom  het die Grieke, Egiptenare en ander nasies in so baie gode geglo?  En hoekom het so baie van die Israeliete gekies het om agter afgode aan te loop terwyl hulle die mense was wat werklik kon getuig van die enigste ware God en Sy krag en almag - hoekom sou enige van hulle kies om afgode te aanbid (soos in die woestyn met die goue kalf)?  
Die heidense volke se geloof was gebaseer op "wat hulle daaruit kon kry".  Dit was ook 'n "aangeleerde geloof" en nie noodwendig iets wat hulle "geweet" het nie, maar iets wat hulle "gekies het om te glo";  -mense hou daarvan om "in beheer" te voel en soek na 'n geloof waar hulle nie afhanklik is van wat God van hulle verwag nie, maar eerder waar hulle hom wil manipuleer deur "werke" om vir hulle goed te wees, m.a.w. mense "SPEEL" graag geloof!
Lees Romeine 1 in konteks:  Rom. 1:18-25
  Wat sê die skrifgedeelte, is die rede hoekom mense KIES om nie die ware God te aanbid nie?
Kyk spesifiek na vers 18 (b) - "mense wat die waarheid deur hulle ONGEREGTIGHEID probeer onderdruk";  en vers 25 - "Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen.  Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig...".  Afgodediens was die wortel van baie ONGEREGTIGHEID en ONSEDELIKHEID onder die heidene asook onder God se volk.  Tye wanneer die Israeliete afgode aanbid het, was wanneer hulle juis afvallig geraak het, gekies het om in sonde stap en nie wou regmaak met God nie. So, omdat hulle skaam was of bloot hardkoppig, kon hulle nie die ware God "in die gesig kyk nie", en het vir hulle dan afgode gemaak om die dinge vir hulle te doen wat God nie vir hulle wou doen nie;  asof die afgode enige iets kon doen! Sodoende het hulle gedink dat hulle kon voortstap IN SONDE sonder om reg te maak en vir hulle 'n god skep wat hulle nie beoordeel nie. Dit is soos 'n klein kindjie wat 'n tantrim gooi as hy nie kan kry wat hy wil he nie!  Hulle wou self "god" wees oor hulle lewe en wou eintlik net 'n god dien om selfsugtige redes. 

GEHOORSAAMHEID aan God se wil, was altyd 'n voorvereiste om in 'n verhouding met Hom te wees.  
In Christenskap gaan dit oor "om myself onderdanig te stel aan die enigste waaragtige God wat hemel en aarde gemaak het" en om tot die besef te kom dat, omdat ons almal sondig is, ons 'n Saligmaker nodig het en dat God die Vader Sy Seun, Jesus Christus gestuur het om vir ons die prys te betaal vir ons sonde sodat, as ons in Hom glo, ons in 'n regte verhouding kan wees met God".  Dit is verseker genade dat ons 'n kans kry om reg te maak met ons Skepper.  Om Jesus Christus as ons Saligmaker te KEN, maak die verhouding tussen ons en God die Vader, weer reg, sodat ons met vrymoedigheid na Hom kan gaan.

BAIE MENSE RAAK NET "DEEL VAN CHRISTENSKAP" OOR SELFSUGTIGE REDES, nie omdat hulle hulleself ondergeskik stel aan die almagtige God nie of omdat hulle begeer om Hom te ken of waarlik dien nie.  Hulle wil nog steeds doen soos hulle wil en stap in aanhoudende opsetlike sonde sonder om 'n oog te knip - dit is nie "geloof" nie!!!  GELOOF IS 'N HARTSAAK!  God ken elke mens se hart en weet wie Hom waarlik ken en liefhet! Om bewus te wees van sonde in ons lewens en dit daagliks te bely, is deel van Christenskap en die bewys dat ons GELOOF het in Jesus Christus as ons Saligmaker.  As ons die sonde ignoreer en dit nie bely en aflê nie, dan is ons hardkoppig en soek ons ons eie wil.  Christenskap word gekenmerk deur iemand wat God se wil soek.  OM GEHOORSAAM TE WEES, MAAK ONS GELOOF STERK;  INTEENDEEL, DEUR TE DOEN WAT GOD VAN ONS VERWAG, ONTVANG ONS "GELOOF" OUTOMATIES!  

Gehoorsaamheid en Geloof, gaan dus hand aan hand.  Ons kan nie geloof verdien nie, ons moet net gehoorsaam wees aan die Skepper, en dan sal ons outomaties geloof hê. "GELOOF" gaan nie oor dat ek "kies" waarin ek glo nie, maar gaan oor om God te erken as my Heerser en om Hom gehoorsaam te wees en onderdanig te wees aan Sy gesag volgens hoe Hy Homself aan ons openbaar.

Christene voel somtyds magteloos omdat hulle geen "krag" in hulle lewens ervaar nie.    Joh. 14:12 -"Dit verseker Ek julle:  Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen;  en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan". 

*  Hoekom skort Christene "geloof"?
Dit lyk of ons nie die enigstes is wat sukkel met "geloof" kwessies nie - selfs die dissipels  het gesukkel daarmee, al was Jesus by hulle dag en nag!  Jesus het baie gereeld met hulle gesels oor "geloof" en hulle geleer dat as hulle geloof het, hulle selfs berge kan versit! 

  Kom ons kyk hoe mense reageer wanneer hulle "nie  geloof  het nie" ? 

Matt. 8:23-27
"Waarom is julle bang, kleingelowiges?"

Matt. 14:22-35
"Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?"

Matt. 16:5-12
"Kleingelowiges!"
Opsomming:
*Matt. 8:23-27 - "waarom is julle BANG"  - Vrees veroorsaak dat ons nie geloof het nie.
*Matt. 14:22-35 - "moenie BANG wees nie"
                            "waarom het jy begin TWYFEL"  
-Vrees en Twyfel veroorsaak dat ons nie geloof het nie.

*Matt. 16:5-12 - In die gedeelte was die dissipels so BEKOMMERD oor die brood wat hulle vergeet het, dat hulle Jesus heel mis verstaan het toe Hy praat oor die Fariseërs en die Sadduseërs - Bekommernis veroorsaak dat ons nie geloof het nie (en ook nie altyd kan hoor wat die Here wil sê nie).
Dus:  Vrees, Twyfel en Bekommernis veroorsaak dat ons nie geloof het nie.


 WAT MOET ONS DOEN OM "GELOOF" TE HÊ?
(Ondersoek elke skrif hieronder in konteks (verse voor en na) om te sien wat ons moet doen om meer geloof te he)

Matt. 21:21 -"Daarop antwoord Jesus hulle:  Dit verseker Ek julle:  As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die byeboom gedoen het.  Meer nog:  Julle sal vir hierdie berg kan sê: 'Lig jou op en val in die see!' en dit sal gebeur".

Matt. 14:14 -"As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen".

1 Joh. 3:22(a)  -"en wat ons vra, kry ons van Hom..."

Matt. 17:20 -"Omdat julle geloof te klein is", sê Hy vir hulle.

Mark. 11:23,24 -"Dit verseker Ek julle:  Elkeen wat vir hierdie berg sê: 'Lig jou op en val in die see', en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur.  Daarom sê Ek vir julle:  Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees".  

Luk. 17:6 -"Maar die Here antwoord:  "As julle maar geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê:  'Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see', en hy sou julle gehoorsaam."

Opsomming:
*Matt. 21:21 - v. 22 GEBED en GELOOF(vertroue)  is noodsaaklik - VERTROUE in Hom, in dat Hy enige iets kan doen. 
* Joh. 14:14 - vers 15 LIEF wees vir die Here, Hom GEHOORSAAM wees en GLO (vertrou),v. 11-13.
*1 Joh. 3:22 - vers 21 ons GEWETE moet reg wees - sodat ons die vrymoedigheid kan hê;  v.22 (b) - GEHOORSAAMHEID en GEREGTIGHEID.
*Matt. 17:20 - vers 21 GEBED en VAS (sommige vertalings)
*Mark. 11:23,24 - vers 25 wanneer jy bid, en jy het iets teen iemand, VERGEWE hulle

Geloof gaan dus altyd oor "DIE WIL VAN GOD".
 Alhoewel sommige meer en ander minder geloof het, gaan dit nie soseer oor "dat ek meer geloof  moet probeer kry nie, maar dit gaan eerder oor my verhouding met die Here God en om Sy wil te ken en gehoorsaam te wees.

Joh. 14:12 -"Dit verseker ek julle:  Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat ek doen;  en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan".


Hebr. 11:1 -"Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie".  Die vraag is:  WAAROP IS ONS HOOP?  Wat/wie  behaag ons?  Jak. 4:3 -"Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring". BEHAAG ONS REGTIG DIE HERE?  WIL ONS ONDERDANIG WEES AAN HOM? 

Hebr. 11:6 -"As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil.  Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy die wat HOM SOEK, BELOON".  / 11:2 -"Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is:  die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie".  IEMAND MET GELOOF, IS IEMAND WAT DIE HERE PERSOONLIK KEN, TYD MAAK MET HOM EN SY  WIL KEN; DAAROM  'N ABSOLUTE WETE HET VAN WAT SY PLAN IS.  
"GELOOF" IS NIE GEBASEER OP MY EIE WIL NIE, MAAR OM SEKER TE WEES VAN GOD SE WIL EN HOM ONVOORWAARDELIK TE VERTROU. As ons Hom soek, dan sal Hy ook tot ons nader, vir ons absolute sekerheid gee en Sy wil aan ons bekend maak, maar dan moet ons nie begin twyfel daarin nie, of toelaat dat vrees en bekommernis dit oorheers nie, maar Hom vertrou met ons hele hart. 
--------------------------------------------------------------
Iemand wat "geloof" het, is iemand wat die volgende kenmerke besit:
*Gehoorsaamheid

(Kinders wat "ongehoorsaam" is, het gewoonlik nie die nodige RESPEK vir hulle ouers nie;  dit kan ook wys op SELFSUGTIGHEID - die kind se "liefde" vir die ouer word dus bevraagteken - liefde, respek en onderdanigheid gaan hand aan hand  /  Wanneer 'n kind egter "gehoorsaam" is aan sy/haar ouers, dan is daar vertroue by beide partye) - Joh. 14:15 "As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer".     

*Om Lief te wees vir die Here
(Is jou begeerte na die Here?  Is Hy jou eerste Liefde? - Openb. 2:4 ; ...)
(As ons "liefde vir die Here" sou vergelyk met Liefde volgens 1 Kor. 13, dan kan ons die volgende vrae vra:  "Is jy geduldig om te wag dat God dinge doen op Sy tyd";  "Is jy hoopvol en vertrou jy op die Here met jou hele hart";  "Is jy bly oor die waarheid en soek dit by die Here, na Sy wil en Sy waarheid" .....ens.)


*Geregtigheid
Om "die regte ding te doen" is nie noodwendig God se wil nie bv. mense het baie verskillende opinies oor wat reg of verkeerd is, maar om die wil van God te soek en Hom gehoorsaam te wees, is "die regte ding" (geregtigheid).  Die skrif leer vir ons dat ons "geregtigheid" ontvang deur "geloof".  Ons moet die dinge doen wat VIR GOD AANNEEMLIK IS, nie wat ons reken aanneemlik is nie.

*Gebed
Jesus het vir ons 'n goeie voorbeeld gestel van hoe gereeld ons moet bid.  Die eerste kerke het ook daardie voorbeeld gestel - Hand. 1:14 -"Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed..." - eensgesindheid kom ook saam met gebed, iets wat die kerk kortkom vandag.  (Ook Hand. 2:42).
Min Christene vandag is regtig besig met dit wat belangrik is: -om tyd in gebed te spandeer, om die Here ONVOORWAARDELIK te dien, om Hom gehoorsaam te wees en Sy wil te soek in alles, om die dinge te doen wat vir Hom aanneemlik is........................ ens. 

*Om ander te vergewe
Mark. 11:25 -"En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom;  DAN SAL julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredinge vergewe".  Om ander te vergewe, is 'n VOORWAARDE sodat die Vader ook ons sondes vergewe.  Wanneer ons nie ander vergewe nie, dan sal die Vader ons ook nie vergewe nie - dit is eintlik baie eenvoudig - d.w.s. dan is ons nie in 'n "regte" verhouding met die Vader nie!
----------------------------------------------------------
Geloof moet nie gaan oor wat die mens wil nie, 
maar oor wat God wil. 


Beloftes en Voorwaardes

Vir elke mens is dit belangrik om gelukkig te wees - ons wil voel dit "gaan goed met ons"; alhoewel mense se definisie daarvan heelwat kan verskil.  Wanneer iemand die Here aanneem, verander so 'n persoon van iemand "sonder hoop" na iemand "met baie hoop".  Die vraag is egter, verwys hierdie hoop net na 'n "hoop van saligheid" of ook na 'n hoop op dit wat ek begeer in die lewe of drome wat waar word?  


Jak. 1:25 -"...hy...sal gelukkig wees in wat hy doen".
Joh. 15:7 -"...sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry".
Matt. 6:30-"As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?"

........daar is baie beloftes in die Bybel.  Party mense het getikte lyste van hierdie beloftes wat hulle selfs afbid van die Here, maar is dit hoe dit hoort?  Diesulkes sorg dat hulle deeglik bewus is van God se beloftes en neem 'n positiewe gesindheid in hieroor deur dit "uit te spreek" oor hulle eie lewens, maar ons weet goed dat mense nie altyd kry wat hulle bid nie en dat vele gelowiges, wat hierdie beloftes afbid van die Here, self ook getuig dat "dit nie werk nie".  

Om duidelikheid te kry oor hierdie onderwerp, moet ons gaan kyk na voorbeelde in die Bybel asook skrifte "met beloftes", in konteks gaan lees:

-Die deel wat baie Christene mis, is dat, vir feitlik 
ELKE BELOFTE IN DIE BYBEL, IS DAAR OOK 'N VOORWAARDE!  
Lees bv. Jak. 1:25 in konteks:  "Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarbly bly," (L.W.:  VOORWAARDES!!!)
-"hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen"- (BELOFTE).
Kyk ook die volgende voorbeelde:
*  Joh. 15:7 -"AS JULLE IN MY BLY EN MY WOORDE IN JULLE" -(L.w., voorwaarde!)-"sal julle vra net wat julle wil he, en dit verkry" -(belofte).

*  Matt. 6:30 - in konteks: v. 32 "julle hemelse Vader weet wat julle NODIG het;
            :33  "MAAR SOEK EERS DIE KONINKRYK VAN GOD EN SY GEREGTIGEHEID" - (voorwaarde) - " en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word" -(belofte).

...en so kan ons aangaan, belofte na belofte, voorwaarde na voorwaarde...

*  1 Joh. 3:22 -"en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom",- (belofte) - "omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom" -(voorwaarde).

*  Joh. 15:7 -"As julle in My bly en my woorde in julle," - (voorwaarde) - "sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry" -(belofte).

*  1 Joh. 5:14 - "En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor" - (belofte) - "as ons iets vra VOLGENS SY WIL" - (voorwaarde).

*  Joh. 15:16,17 -"Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly," - (voorwaarde) "sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee." - (belofte) -  "Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê" - (voorwaarde).

*  1 Joh. 3:22 -"en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom," - (belofte) - "omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom" - (voorwaarde).

Wanneer kan ek vra en kry?
- IN HOM BLY
-SY WOORDE BEDINK
-SY WIL SOEK
-SY GEBOOIE BEWAAR
-DOEN WAT REG IS VOOR HOM.......

Nie baie Christene soek vandag meer na die wil van die Here, spandeer regtig persoonlike tyd met die Here of soek na wat die regte ding is om te doen voor Hom nie, of  maak tyd om Sy woorde te bedink nie - maar omdat hulle "Christene" is, glo hulle dat hierdie beloftes vir hulle is?!  Om 'n "Christen" genoem te word en Sy beloftes deelagtig te raak, beteken egter om 'n CHRISTEN te wees!  Ons weet tog goed dat werke sonder geloof niks is, maar net so geloof sonder werke!  Die vrug van die Christen, bewys dat hy/sy 'n Christen is.  Wanneer iemand regtig tyd maak met die Here en Sy wil soek in alles, dan verander ons wil en gedagtes.  Die EIE WIL was maar altyd 'n groot probleem.  ONS WEET OOK dat ons slegs GELOOF KRY DEUR DIE WIL VAN GOD TE KEN, DEUR HOM TE KEN - dan, wanneer ons Sy wil ken en Hom kies as die Heerser oor ons lewens, dan verander ons wil en verkry ons geloof outomaties.   



Wanneer ons "geloof" of "hoop" het in iets wat nie die Here se wil is nie, sal ons dit nie kry nie, maar a.g.v. ons eie wil en begeertes, en omdat ons dit nie oorlaat aan die Here nie, het ons baiemaal "valse hoop". Ons kan ook nie "as God se kinders" staatmaak op Hom, as ons Hom nie waarlik dien nie! 

Kom ons kyk na die voorbeeld in 1 Samuel 4.  Ons lees hier van hoe Israel  (God se volk) in 'n geveg deur die Filistyne verslaan word. Hulle was regtig verbaas hieroor, want hulle kon nie verstaan hoekom God hulle in die steek gelaat het nie.  v.3 -  "Terwyl die manskappe die laer inkom, sê die oudstes van Israel: Waarom het die HERE ons vandag voor die Filistyne verslaan? Laat ons die verbondsark van die HERE uit Silo na ons toe bring, dat dit onder ons inkom en ons verlos uit die hand van ons vyande".  Ons is darem al goed bekend met die "verbondsark" wat in die allerheiligste gestaan het in die Tabernakel.  Dit was somtyds as SIMBOOL VAN GOD SE BESKERMING saamgeneem oorlog toe. Hulle het gereken dat God hulle definitief nou sou help met die teenwoordigheid van die ark. - v.5 -"En net toe die verbondsark van die HERE in die laer inkom, hef die hele Israel ‘n groot krygsgeskreeu aan, sodat die aarde gedreun het".- hul geskreeu het gedui op HOOP, maar was dit valse hoop? Hierdie is 'n goeie voorbeeld van hoe mense hulleself kan opsweep tot valse hoop soos ons somtyds merk in sekere kerke die geval, 'n leë geskreeu en geraasmaak om die "geloof te probeer opwek"!!!  (Nie dat dit altyd verkeerd is nie, maar ons moet verstaan dat geloof  'n hartsaak is!)

Selfs die Filistyne het bang geraak, lees ons in die volgende skrifte, toe hulle die geskreeu hoor en hoor dat die ark van die Here in die laer ingekom het, en het geroep:  1Sa 4:8 "Wee ons! Wie sal ons red uit die hand van hierdie geweldige gode? Dit is dieselfde gode wat die Egiptenaars met allerhande plae getref het in die woestyn." 
Wat het egter daarna gebeur?  Het die Here Sy volk gehelp?  NEE! -   1Sa 4:10  "Toe het die Filistyne geveg, en Israel is verslaan, sodat hulle gevlug het, elkeen na sy tente toe. En die slagting was baie groot: van Israel het daar dertig duisend voetgangers geval. 

1Sa 4:11  Die ark van God is ook geneem". 
DIT WAS VALSE HOOP!!! 
  GOD HET HULLE NIE GEHELP NIE, SELFS MET SY TEENWOORDIGHEID VAN DIE ARK IN HULLE MIDDE! 
Hoekom nie?

Ons kry in 1 Sam. 7:3 die antwoord: "...As julle met jul hele hart julle tot die Here bekeer, verwyder dan die vreemde gode...en rig julle hart op die Here en dien Hom alleen;  dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne."  - in die vers merk ons beloftes en voorwaardes.  Ons lei duidelik af dat die volk se harte verkeerd was voor die Here en dat hulle selfs ander afgode ook aanbid het.  Hulle het God nie alleen gedien nie!  Hulle het in sonde gestap en God nie as hulle eerste Liefde meer geken nie!  Hoe wil hulle dan nou staatmaak op Sy beloftes?

In v.5-10 lees ons hoe die volk hulle uiteindelik bekeer van hulle verkeerde weë EN DIE FILISTYNE OORWIN!  Ja, die voorwaardes maak saak.

Oor die "hoop van saligheid" wat ons as Christene het, is daar baie verskille onder die geleerdes, siende baie van mening is dat "eenmaal 'n kind van God, altyd 'n kind van God".  Selfs hierdie skrifte oor die "hoop van saligheid" moet ook in konteks gelees word en dit moet altyd onthou word dat die "eie wil" maar altyd in die pad gestaan het van 'n regte verhouding met God.  Die skrif is ook vol voorbeelde van mense (en engele) wat verloor het wat hulle ontvang het weens hulle terugval.  Dit is egter nie ons plek om te oordeel wie regtig in 'n verhouding met die Here is nie, maar Jesus het vir ons geleer dat "aan hulle vrug sal hulle geken word".  Ons lees ook van baie dissipels (in die Nuwe Testament) wat van die geloof afvallig geraak het.  "Christene" moet versigtig wees om vas te hou aan 'n "hoop van saligheid" wanneer hulle nie eens regtig die Here persoonlik ken nie!  Beter om seker te maak dat Christenskap nie net gaan oor vriendskap en om kerk te speel nie, maar omdat jy die Here waarlik ken en liefhet, Sy wil soek in jou lewe en Hom gehoorsaam wil wees.  
-------------------------------------------------------------------------

Kort opsomming:

*  Feitlik elke belofte in die Bybel, het ook 'n voorwaarde.

*  Geloof, God se wil en Gehoorsaamheid, gaan hand aan hand.

*  Ons moet nie net God se beloftes begeer om eie gewin nie, maar eerder Hom begeer en die res sal volg.

*  Christene moet seker maak dat hulle regtig besig is met die Here, Hom ken as Eerste Liefde en Sy wil soek in alles.
----------------------------------------------------


Ps. 66:18 -"As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie".

Sag. 7:12,13 -"Ook het hulle hul hart soos ‘n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat die HERE van die leërskare deur sy Gees, deur die diens van die vroeëre profete gestuur het nie. So het daar dan van die HERE van die leërskare ‘n groot toorn gekom.  Daarom, soos Hy geroep en hulle nie gehoor het nie—so sal hulle roep, maar Ek nie hoor nie, het die HERE van die leërskare gesê".

Jak. 4:3 -"Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring".

Joh. 9:31 -"En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie;  maar as iemand godvresend is en Sy wil doen, dié verhoor Hy".

Jes. 59:2 -"maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het Sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie".

1 Pet. 3:7 -"Net so moet julle, manne, verstandig met hulle (vroue) saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is-sodat julle gebede nie verhinder mag word nie".

Matt. 6:7 -"En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word".

Luk. 18:14 -"...want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word".







Opsomming Algemene Vrae: F - N

Gebed:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/gebed.html
deur die Gees gelei: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/10/wie-is-nou-eintlik-deur-die-gees-gelei.html
Gee ons Meer Geloof: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/10/gee-ons-meer-geloof.html
Geloof:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/geloof.html
Gereed wees: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/wat-beteken-dit-om-gereed-te-wees.html
God praat: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/het-god-al-ooit-aan-enige-iemand.html
Gooistene: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/was-gooistene-in-die-bybelse-tyd-gebruik.html
Handoplegging: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/handoplegging.html
Huwelik:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-huwelik-huwelik-hiernamaalsvoorhuwe.html
Irak: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/lees-ons-enige-iets-van-irak-in-die.html
Kiste (begrafnis): http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/was-die-mense-in-die-bybel-in-kiste.html
Krag in die Naam van die Here:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
Meer werd as baie mossies:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/julle-is-meer-werd-as-baie-mossies.html
...ons gemaak konings en priesters...":  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/ons-gemaak-konings-en-priesters.html
Koring en kaf:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/koring-en-kaf.html
Koring en onkruid:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/wies-die-koring-en-die-onkruid.html

Gebed

Die skrif se ons moet "Bid sonder ophou" (1 Thess. 5:17).  Nie alle Christene maak vandag tyd vir daaglikse gebed nie - dit is baie gevaarlik, want dit is een van die dinge hoekom vele nie die koninkryk van God sal ingaan nie, omdat hulle "meer besig is met die lewe, as met die Here".

Hier is 'n paar vrae om oor na te dink:
-Bid Christene genoeg wanneer hulle saamkom? (soos die eerste gemeentes gedoen het?)
-Jesus het die volgende stelling gemaak in Matt. 17:21- "Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie" (sekere vertalings laat die woord "vas" weg). Is dit miskien hoekom soveel Christene kragteloos voel - omdat hulle nie genoeg bid en vas nie?
-Word Christene enigsins nog geleer oor "gebed" en "vas"?
-Watter voorbeeld het Jesus gestel oor gebed?
-Hoeveel tyd spandeer jy daagliks met die Here (in gebed)?
-Fil. 4:6- "Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God"  - hoekom is mense se gedagtes meer op wereldse dinge as op die Here? (mense raak meer besorg oor die lewe, wanneer hulle nie tyd met God spandeer nie en alles aan Hom opdra nie).
--------------------------------------------------------------
HOEKOM WORD GEBED NIE ALTYD BEANTWOORD NIE?

*  Bid volgens God se wil (Gen. 17:18) - NIE MY EIE BEGEERTES NIE


Christene maak maklik die fout om te dink dat gebed gaan oor "wat ek wil hê" - GEDAGTES speel 'n belangrike rol en wanneer ons nie ons gedagtes op die Here rig en SY WIL soek nie, dan bid ons volgens ons wil.

Baie mense dink gebed is 'n manier waarop hulle God kan manupileer om te kry wat hulle wil he - so iemand se HART IS VERKEERD voor die Here - deur gebed moet jy juis NA DIE HERE SE WIL SOEK!


*  God antwoord gewoonlik nie die gebed van iemand wat in sonde stap nie (Deut. 3:23-26);
    of a.g.v. ongeloof nie (Matt. 17:20; 21:22)

Christene moet daagliks hulle sonde bely en seker maak dat hulle nie in aanhoudende sonde stap nie.  Christene moet LUISTER wanneer die Heilige Gees hulle oortuig van sonde in hulle lewens.
---------------------------------------------------------------


HOE MEER TYD ONS MET DIE HERE SPANDEER, HOE MEER BEKEND RAAK ONS MET SY WIL. Die Here vir ons baie beloftes in die Skrif, maar ook met VOORWAARDES.  Ons kan vra net wat ons wil he, en ons sal dit verkry (d.w.s., AS ONS DIE VOORWAARDES NAKOM!)(1 Thes. 5:17 - Bid sonder ophou!) (Open. 2:4  Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het...)


Jak. 4:3  "Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring".
1Joh. 3:22 " en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.


Kort Opsomming:
"Waarvoor om te vra in gebed":

* vra in gebed waarvoor ek moet bid (Job 37:19)
* dat God ons Sy paaie sal leer en in Sy waarheid en Sy weg (Ps. 25:4,5; 27:11; 86:11)
* bid wanneer jy ly (Jak. 5:13)
* geestelike reën (Sag. 10:1)
* vir kennis (Ps. 119:66)
* vir hulp (2 Kron. 20:4)
* vir goeie dinge (Matt. 7:7-11)
* vir wat ons nodig het (Matt. 6:8)
* vir wysheid (Jak. 1:5-8)
* vir lewe (1 Joh. 5:16)
* om my tong in toom te hou (Job 6:24)
ens......

Kort Opsomming:
"Hoe moet ons bid":
* in die Gees (Ef. 6:18)
* wees spesifiek (1 Sam. 1:28)
* met danksegging (Kol. 4:2) 
* volhard in die gebed (Kol. 4:2)
ens......

-Moenie bid net om deur mense gesien te word nie (Matt. 6:5) 
-Mat 6:7 " En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word". 
 -"bid vir die wat julle beledig en julle vervolg" (Matt. 5:44) 
-Spandeer alleen gebed tyd met die Here (Matt. 6:6)(Matt. 14:23 - Jesus het vir ons die voorbeeld gestel - kyk hoeveel tyd hy spandeer het in gebed!)(Matt. 26:36,41)
-Bid vir mekaar (Matt. 19:13)(2 Kor. 10:1)(2 Kor. 13:19)(Fil. 1:4)(Jak. 5:16)(Hand. 12:5)...
-Bid vir die leiers (Kol.4:3)(2 Thess. 3:1)(Hebr. 13:18)
-Bid vir vergifnis van sondes (Hand. 8:22)
-Bid by elke moontlike geleentheid saam (Ef. 6:18)(1 Tim. 2:8)
-Bid vir die nodige gawes (1 Kor. 14:13)
-Ouderlinge moet vir die bid wat siek is (Jak. 5:14)
-Bid vir mekaar vir goeie dinge: dat hulle nie moedeloos word nie (Ef. 3:13) ens.; (Ef. 6:18)
-Bid vir ander (1 Joh. 5:16)


Ef. 6:18  "terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges". 

Waarvoor moet ons vir ander medegelowiges bid?
-Vir versoening met God (2 Kor. 5:20)
-Vir medegelowiges dat hulle nie kwaad mag doen nie, maar goed (2 Kor. 13:7)
-Vir ander gelowiges se "volmaking" in Jesus Christus  (2 Kor. 13:9) en voleinding van hulle geloof (1 Thess. 3:10)
-Bid MET BLYDSKAP vir ander (Fil. 1:4)
-Dat hull liefde oorvloedig sal in kennis en alle ervaring (Fil. 1:9)
-Dank God vir hulle (Kol 1:3)
-Vir kennis in God se wil in alle wysheid en geestelike insig (Kol.1:9)
-Vir insig vir die wat die woord verkondig dat God vir hulle die woord sal "open" (Kol. 4:3)

Nog iets om oor na te dink:
-WAAROOR GAAN KERK?
Matt. 21:13  "En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet ‘n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit ‘n rowerspelonk gemaak". 



Opsomming Algemene Vrae: T - Z

Tweede dood: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/wat-bedoel-die-skrif-met-die-term.html
Tempel: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-tempel.html
Valse Profete:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/valse-profete.html
Verbittering:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/pasop-vir-verbittering.html
die Vrug van die gelowige:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/die-vrug-van-die-gelowige.html
Wat is die verskil tussen "goeie vrug" en "goeie werke"?  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/wat-is-die-verskil-tussen-goeie-vrug-en.html
Wat beinvloed die vrug van die gelowige?  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/wat-beinvloed-die-vrug-van-die-gelowige.html
Versoeking/Beproewing:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/versoekingbeproewing.html
Versoeking deur eie begeerlikhede:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/versoeking-deur-eie-begeerlikhede.html
jy mag die Here jou God nie Versoek nie: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/jy-mag-die-here-jou-god-nie-versoek-nie.html
Weerstaan die duiwel:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/weerstaan-die-duiwel.html
Vrae wat kinders vra:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/opsomming-blogposts-vrae-wat-kinders-vra.html
Wat was eerste?  Die hoender, of die eier?:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/wat-was-eerste-die-hoender-of-die-eier.html
Waarskuwings vir Christene:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/waarskuwings-vir-christene.html
nie Wederkoms verhaas nie:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/mag-n-christen-wens-dat-die-wederkoms.html
Vrug dra:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/wat-beteken-dit-om-vrug-te-dra.html
Wie sy lewe vind, sal dit verloor:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/wie-sy-lewe-vind-sal-dit-verloor.html
Verassing: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/was-die-mense-in-die-bybel-in-kiste.html
Voorhuwelike seks: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-huwelik-huwelik-hiernamaalsvoorhuwe.html

Valse Profete

'n Profeet is iemand wat die wil van die Here aan ander bekend maak - die valse profeet gee voor dat hy die wil van die Here ken, maar in der waarheid praat hy uit sy eie -
- DIT IS DIE WAT SKYNHEILIG IS EN WIE SE MENSLIKE WYSHEID BELANGRIKER IS AS DIE HERE SE WIL.
(Valse profete is mense wat voorgee dat hulle die Here ken, maar hulle ken Hom nie regtig nie).
Hoe identifiseer ons mense wat VOORGEE DAT HULLE DIE HERE KEN?
*  Hulle wil hulle gesag op ander afdwing.
*  Hulle raak kwaad oor die waarheid.  (Hand. 5:28,29) (Matt. 15:7,12)

Van die skrifgeleerdes en Fariseërs het Jesus die volgende gese:
(Mat 15:8)  "(Mat 15:8)  Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.
(Mat 15:9)  Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is".  Jesus het hier onderskei tussen die wat die Here ken, en die wat Hom nie ken nie. Die basiese bewys van of iemand die Here ken of nie, is deur na die "vrug" van 'n persoon te kyk.  God kyk na die hart van die mens, maar ons weet nie altyd wat in die hart van 'n mens aangaan nie.  Iemand se vrug is egter die bewys van wat in die mens se hart aangaan;  daarom se Jesus in Mat 15:11- "Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein".  Die Fariseers het nogal aanstoot geneem oor die dinge wat Jesus oor hulle gese het, tipies hoe sulke mense kwaadraak oor die waarheid (v.12), maar Jesus se reaksie hierop aan sy dissipels, was as volg: "Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word.  Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val" - (v.13,14).  

Ons moet verstaan dat die hoofdoel van die "profeet" juis is dat daardie persoon die een is wat "van die Here hoor" en God se wil met ander deel.  As iemand hom dan nou voordoen dat hy "van die Here hoor", maar nie regtig hoor nie, dan sal hy nie die waarheid verkondig nie en kan veroorsaak dat die wat hom volg, ook "in die sloot val". Daar is baie valse profete in die wereld wat voorgee dat hulle van die Here hoor en vele gaan agter hulle aan om verskeie redes.
(Mat 7:15)  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

(Mat 7:16)  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
(Mat 7:17)  So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.
(Mat 7:18)  ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
(Mat 7:19)  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
(Mat 7:20)  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

Alhoewel ons die nie kan stop nie, moet ons "pas op" vir hulle, het Jesus gesê. Hy beskryf hulle as die "wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is".  Ware Christene dink maklik dat diesulkes vir hulle geen gevaar inhou nie, maar ons moet let op Christus se bevel hier en besef dat as ons nie die onderskeiding maak nie, ons van binne beroof kan word!   Jesus gee vir ons 'n baie eenvoudige manier om te kan onderskei:  "aan hulle vrugte sal julle hulle ken".  (Ons moet egter ook pasop dat ons nie verkeerd onderskei deur mense te beoordeel op die manier "hoe ons dit sien nie", want dan maak ons dieselfde fout as die valse profeet.)
ALHOEWEL GOEIE WERKE NIE ONS SALIGHEID KAN BEWERK NIE, DIEN "VRUG" AS 'N BEWYS DAARVAN DAT ONS HOM VREES, omdat geregtigheid slegs verkry kan word deur geloof. "Geregtigheid" word ook baie verkeerd verstaan en gesien as gehoorsaamheid aan leiers en kerkwette.  Geregtigheid is egter baie meer as dit en verwys eerder na " "n wil om reg te doen " en "gehoorsaamheid aan die Here"!  Sommige Christene reken dat hulle geregtigheid het omdat hulle "doen wat van hulle verwag word", maar is dit wat die Here van hulle verwag? Dit is slegs die persoon wat in 'n persoonlike verhouding is met die Here en versoekinge kan teestaan, wat 'VRUG DRA".  Dit is daardie persoon wat bereid is om sy lewe op te gee vir die Here.  Dit is dan ook waarop die gelowige gemeet word:  -op vrug!  Dit is die "ultimate" manier om te sien of iemand regtig die Here ken of nie en dit gaan ook bepaal of iemand die koninkryk ingaan of nie. 
 Die feit is:  nie alle "Christene" ken Hom regtig nie!, en nie alle Christene staan versoekinge tee en soek na die wil van die Here nie.  Baie dink hulle ken Hom, maar ken hulle Hom regtig?. (Matt. 7:21-23) Christenskap word deur sekere mense gesien as 'n "kerksaak", maar dit is eintlik 'n "hartsaak" ! 


 A.g.v. die feit dat die Fariseërs die Here nie regtig GEKEN het nie, was hulle vrug as volg:  jaloesie,  afguns, kwaadpraat, laster, hulle het selfs leuens oor Jesus en Sy dissipels versprei, kwaad geraak oor die waarheid en ander opgesweep om die leuen te glo........ is dit iets wat ons in die kerk sien vandag?     NOU PRAAT ONS VAN DIE VERKEERDE "OORDEEL" waarvan Jesus gepraat het:- WAAR MENSE KWAADPRAAT VAN  ANDER, HULLE AGTERAF BESKINDER EN  MANIERE SOEK OM DIE OPREGTES AF TE BREEK EN ANDER OPSWEEP TEEN HULLE.  (L.w. dat die skrif ons waarsku teen die kwaadsprekers en se dat, al staan so iemand as 'n broeder bekend, ons nie eens met hom moet saam eet nie! (1 Kor. 5:11)).  

Lees gerus die hele gedeelte in Matt. 23:1-33.  (Jesus het ook die volgende van hulle gesê:  dat hulle self nie die dinge doen wat hulle van ander verwag nie;  doen skyn lang gebede, blinde leiers, ens.)  Kyk v. 13 -  "Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie").  On s sien dus hier die probleem met "menslike wysheid/gebooie".  Waar mense eerder kultuur of menslike wette kies bo die waarheid, is hulle nie besig om van die Here te hoor nie en ook nie onderdanig aan die Here se wil nie. 
"AAN HULLE VRUGTE SAL HULLE GEKEN WORD" !!!

(Act 8:9)  En ‘n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stad met towery omgegaan en die bevolking van Samaría verbyster deur te sê dat hy iets besonders was.
(Act 8:10)  En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot krag van God.
(Act 8:11)  En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle ‘n geruime tyd deur sy towerye verbyster het.
(Act 8:12)  Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
(Act 8:13)  En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.
(Act 8:14)  En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
(Act 8:15)  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
(Act 8:16)  want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
(Act 8:17)  Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
(Act 8:18)  En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied
(Act 8:19)  en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.
(Act 8:20)  Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.
(Act 8:21)  Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie.
(Act 8:22)  Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.
(Act 8:23)  Want ek sien dat jy in ‘n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.
Simon wou BELANGRIK wees - sy hart was verkeerd, verkeerde gedagtes, gal van bitterheid, ongeregtigheid.... AAN HULLE VRUGTE SAL HULLE GEKEN WORD
...
(Act 13:6)  En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en ‘n towenaar gevind, ‘n valse profeet, ‘n Jood met die naam van Bar-Jesus.
(Act 13:7)  Hy was by die goewerneur Sérgius Paulus, ‘n verstandige man. Dié het Bárnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor.
(Act 13:8)  Maar Élimas die towenaar—want so word sy naam vertaal—het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.
(Act 13:9)  Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:
(Act 13:10)  Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?
(Act 13:11)  En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son ‘n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.
(Act 13:12)  Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo.
Hier sien ons 'n voorbeeld van iemand wat iemand anders opsweep om eerder die leuen te glo, as die waarheid.

Kyk ook na die volgende skrifgedeeltes wat meer verduidelik oor valse profete en watter dinge ons hulle mee kan identifiseer:
- 2 Kor. 11:13-15 (posisie)
- Kol. 2: 8,18        (menslike gebooie)
- Rom. 1: 18-32   (menslike wysheid)
- Rom. 16:17,18  (skyn, nie waarheid lief nie)
- Fil. 3:17-19        (bedink aardse dinge)
- 1 Tim. 4:1-8       (menslike gebooie)
- 2 Tim. 3:1-13     (liefhebbers van hulleself ens.)
- 2 Tim. 4:3,4       (eie begeerlikhede, verdraai waarheid)
- Judas 4-19       (eie goddelose begeerlikhede)
- Open. 2:14,20  (verdraai waarheid en leer ander om ook die verkeerde te doen)
"AAN HULLE VRUGTE SAL HULLE GEKEN WORD" !!!

(Hand. 19:13)  "En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
(Hand. 19:14)  Dit was sekere sewe seuns van Skeva, ‘n Joodse owerpriester, wat dit gedoen het.
(Hand. 19:15)  Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?
(Hand. 19:16)  Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het" .

As ons die gedeelte sou vgl. met Mark. 9:38-41 waar Jesus  die dissipels beveel het om nie die ander te belet om duiwels in Sy naam uit te dryf nie, sal ons merk dat daardie mense in Mark. 9 "vir Jesus was", maar die 7 in bogenoemde skrifgedeelte nie regtig vir Jesus geken het nie.  Ons kan tog nou nie van hierdie 7 ook sê, "wie nie teen ons is nie, is vir ons" nie!  Daar moet weer-eens deeglik beoordeel word - HOE?   Aan hulle vrug!  (L.W., hulle was "duiwelbesweerders" - het dit ook vir hulle gegaan oor "om gesien te word deur mense"?).  

--------------------------------------------------------------------------------

Hoe weet ons -:
Wanneer mense ONGEHOORSAAM is:
-IS DIE WAT HULLE VERHARD EN NIE OORTUIG WIL WORD VAN DIE WAARHEID NIE.

* Hulle hits ander op en verbitter hulle teen die regverdiges (Hand. 14:2)
* Hulle spreek kwaad van die regverdiges en die waarheid (Hand. 19:9)

Hoe weet ons wanneer-:
Mense JALOERS is:
- IS DIE WAT AFGUNSTIG EN NYDIG IS.

*  Hulle verdraai die waarheid en maak of die regverdiges leuenaars is (Hand. 17:5,7)

Hoe identifiseer ons -:
Mense wat NIE NA DIE WAARHEID WIL LUISTER NIE:
- IS DIE WAT HARDKOPPIG IS EN GLO DAT HULLE ALTYD REG IS.

*  Stook ander op teen die regverdiges en maak of hulle leuenaars is
*  Stel strikvrae en maak planne om die regverdige uit die weg te kry  (Hand. 6:9,10) (Matt. 12:10,14)

Hoe identifiseer ons -:
Mense wat VOORGEE DAT HULLE DIE HERE KEN:
- IS DIE WAT SKYNHEILIG IS EN WIE SE MENSLIKE WYSHEID BELANGRIKER IS AS DIE HERE SE WIL.

*  Hulle wil hulle gesag op ander afdwing.
*  Hulle raak kwaad oor die waarheid.  (Hand. 5:28,29) (Matt. 15:7,12)

Hoe identifiseer ons -:
Mense wat LIEG:
*  Hand. 5:8 - Selfsugtig.
"AAN HULLE VRUGTE SAL HULLE GEKEN WORD"

----------------------------------------------------------------------------

Hoe moet die Christen optree teenoor:

-Teenoor die wat tweedrag saai?

*  VERMY HULLE (Rom. 16:17)

(Rom 16:17)  En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.

(Rom 16:18)  Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.


-Teenoor die weerspanniges?

*  WYS HULLE IN SAGMOEDIGHEID TEREG (2 Tim. 2:25)

(2Ti 2:25)  Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie

-teenoor die kwaadsprekers?

*  VERMAAN EN ONTTREK JOU AAN HULLE (1 Kor. 5:11)

(1Co 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.

-teenoor die ongelowiges?

*  MOENIE IN DIESELFDE JUK TREK MET HULLE NIE (2 Kor. 6:14)

(2 Kor. 6:14)  Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

-teenoor ongehoorsame leiers:

*  WEES DIE HERE MEER GEHOORSAAM AS AAN HULLE (Hand. 5:29)

(Hand. 5:29)  En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.

-teenoor valse leraars wat mense betrokke kry by twisvrae, woordestryd en nuttelose stryerye:

*  ONTTREK JULLE AAN SULKE MENSE  (1 Tim. 6:3-5)

(1Tim. 6:3)  As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,

(1Tim. 6:4)  dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,

(1Tim. 6:5)  nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.


- Teenoor valse leraars wat nie bly in die leer van Christus nie:

*  ONTVANG HOM NIE IN DIE HUIS NIE EN GROET HOM NIE  (2 Joh. 1:10)

(2Jn 1:10)  As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.

- Teenoor die weerspanniges:

*  WYS HULLE IN SAGMOEDIGHEID TEREG (2 Tim. 2:24,25)

(2Ti 2:24)  en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.

(2Ti 2:25)  Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,

- Teenoor valse broeders:

*  MOET NIE OMGAAN MET SO IEMAND NIE EN VERWYDER DIESULKES UIT JULLE MIDDE (1 Kor. 5:10-13) (Gal. 5:19-21)

(1Kor. 5:10)  dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan—

(1Kor. 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.

(1Kor. 5:12)  Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?

(1Kor. 5:13)  Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

- teenoor 'n teruggevalle Christen:

*  VERMAAN HOM (2 Kor. 13:1-10)

(2Co 13:1)  Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.

(2Co 13:2)  Ek het dit vroeër gesê, en ek sê dit vooruit soos toe ek die tweede keer aanwesig was, en ek skrywe dit nou in my afwesigheid aan die wat vroeër gesondig het en aan al die ander, dat as ek weer kom, ek nie sal spaar nie,

(2Co 13:10)  Daarom skryf ek dit in my afwesigheid om nie, as ek teenwoordig is, strengheid te gebruik nie, volgens die gesag wat die Here my gegee het om op te bou en nie om af te breek nie.


- teenoor iemand wat nie die skrif gehoorsaam wil wees nie:


*  HOU GEEN GEMEENSKAP MET HOM NIE - BESKOU HOM NIE AS 'N VYAND NIE, MAAR VERMAAN HOM AS 'N BROEDER (2 Thess. 3:14)


(2Th 3:14)  En as iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken dié man en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word.

- teenoor ander broeders wat teen ons sondig:

*  VERGEWE HOM ELKE KEER WAT HY BEROU HET;
*  BESTRAF HOM, MAAR
*  AS HY NIE LUISTER, NEEM 1 OF 2 PERSONE SAAM;
*  AS HY NOG NIE LUISTER, Sê DIT AAN DIE GEMEENTE;
*  AS HY NOG NIE LUISTER, LAAT HOM WEES SOOS HEIDEN OF TOLLENAAR;
(Matt. 18:15-17) (Luk. 17:4)

------------------------------------------------------------------------------------

(Gal 5:19)  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
(Gal 5:20)  afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
(Gal 5:21)  afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

(2Pe 2:1)  Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;
(2Pe 2:2)  en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
(2Pe 2:3)  en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
(2Pe 2:4)  Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
(2Pe 2:5)  en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
(2Pe 2:6)  en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;

(1 Kor.  6:8)  Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.
(1 Kor.  6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
(1 Kor. 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
(1 Kor. 6:11)  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
(1Kor. 6:12)  Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.

(Ware kinders van God moet aanhoudend, opsetlike sondes aflê - terwyl "goeie vrug" nie saligheid bewerk nie, is dit 'n bewys van geloof en dien dit as 'n teken van of iemand die Here ken)




Wat kan alles as "Afgode" geklassifiseer word?


Volgens onderstaande opsomming uit die skrif, kan die volgende gese word oor afgode:
-  Afgode word nie net geklassifiseer as *  "gegote of gesnede beelde" nie, maar die volgende word ook gekenmerk as "afgode":
*  hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid
en  *  die navolg van menslike wette 

---------------------------------------------------------------------------
(Exo 20:3)  "Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
(Exo 20:4)  Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
(Exo 20:5)  Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat"

(Hand. 15:19)  "Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,
(Hand. 15:20)  maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed".

(1Kron. 16:26)  ""Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak.

(Jer 10:14)  "Elke mens word dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd deur die gesnede beeld; want sy gegote beeld is ‘n leuen, en daar is geen gees in hulle nie".

(1Jn 5:21)  "My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen".

(Deu 27:15)  "Vervloek is die man wat ‘n gesnede of gegote beeld maak, ‘n gruwel vir die HERE, werk van ‘n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen".


(Hand. 17:16)  "En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was".
Paulus se reaksie uit bogenoemde gedeelte is heelwat anders as die van meeste Christene in vandag se lewe rondom die aanbidding van ander gode.  Die mens is gekondisioneer om te dink dat dit selfsugtig is om "hul geloof op iemand anders af te dwing" - alle gelowe word bemoedig om met mekaar in vrede saam te lewe en mekaar 'n plek te gun in die wêreld.  Selfs baie "Christene" stem saam met hierdie sienswyse.  Nie alle Christene vandag voel soos Paulus in bogenoemde skrifgedeelte, opstandig in hulle gees wanneer hulle afgodsbeelde aanskou nie.  Duidelik mis baie Christene hulle roeping: -(Mat 28:19)  "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".  Dit laat mens wonder of sekere mense wat hulleself Christene noem, ooit wel tot bekering gekom het en of hulle werklik die enigste waaragtige God van die heelal leer ken het!?
(1Kron. 16:24-31)-  "Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.Want die HERE is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode.Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak. Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en blydskap is in sy woonplek. Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die HERE in heilige gewaad.Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning!"

"Afgodediens" sluit nie net die aanbidding van "beelde" in nie, maar verskeie sondes word in die skrif vergelyk met "afgodediens".
(Kol. 3:5)-  "Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is"


Terwyl die Israeliete in die woestyn vertoef het oppad na die beloofde land, Kanaän, nadat God hulle wonderbaarlik uit Egipte uitgelei het en talle wonderwerke vir hulle gedoen het - nadat hulle God eerstehans ervaar het - lees ons dat hulle, toe hulle ongeduldig raak toe Moses te lank wegbly op die berg met God, vir hulle 'n goue kalf gemaak het !  Wat het hulle besiel?!  Dit wys duidelik op hulle hartstoestand op daardie oomblik.  Die aanbidding van gode, het te doen met hulle TEKORT AAN VERTROUE en BEGEERTE NA SONDE.  Dit was altyd in tye van afvalligheid wat die volk na afgode gedraai het.  Dit wys op die mens se hart, dat hy nie na 'n God soek aan wie hy moet onderdanig wees nie, maar hy wil liewer vir homself 'n geloof skep waar die mens in beheer is en nie God nie.  Sodoende kan hy doen wat hy wil en dit deur "werke" probeer regverdig of geloof verdien.  
(Fil. 3:18,19)-  "Want baie—van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê—wandel as vyande van die kruis van Christus. Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge".


Kol. 3:5 maak nou veel meer sin.  Die aanhoudende, opsetlike sondes word gesien soos afgodediens.

Afgodediens wys op die hardkoppigheid van die mens - sy onwilligheid om homself ondergeskik te stel aan God en wys daarop dat iemand liewer vir homself 'n "geloof" te skep waar hy in beheer is - daarom word soveel sondes vandag onder die naam van geloof geregverdig - dit gaan nie meer oor "wat die waarheid is nie", maar oor "hoe die mens dit sien" - dit is in der waarheid 'n vorm van afgodediens (m.a.w. die navolg van menslike gebooie).
(Gal 4:4)  Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,
(Gal 4:5)  om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
(Gal 4:6)  En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!
(Gal 4:7)  Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
(Gal 4:8)  Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie;
(Gal 4:9)  maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?
(Gal 4:10)  Julle neem dae en en maande en tye en jare waar.
(Gal 4:11)  Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.
Die navolg van menslike gebooie kan dus ook gesien word as "afgodediens"!
"hoe keer julle dan terug na die eerste....beginsels..."  -  (na die wet) ?!  V. 8 - as hulle God dan nou ken, hoekom wil hulle weer wees soos destyds toe hulle afgode aanbid het?

  Dit is vir mense makliker om 'n paar wette na te kom om hulself te regverdig, as om in der waarheid regtig GEHOORSAAM te wees - mense word deur die samelewing gekondisioneer om sekere beginsels na te kom.  Deesdae word daar bv. baie aandag gegee aan "wat ons eet", "hoeveel oefeninge ons doen", "hoeveel geleerdheid jy het", ens.  Selfs in die kerk is daar soveel mensgemaakte "wette" en Christene word in baie kerke beheer deur kerkleiers wat geensins onderdanig is aan die Here nie. Christene word  gekondisioneer om te dink dat hulle 'n kaartjie hemel toe het omdat hulle die "wette" nakom.  Min Christene soek regtig na die wil van God en begeer Hom. Dit gaan oor "kerk speel", in plaas van "oor die Here". Daar word ongelukkig deesdae min van Christene verwag om GEHOORSAAM te wees;  Christene wat kwaadpraat word bv. nie eens aangepraat nie! Baie Christene stap in opsetlike sonde soos hoereerdery of  gierigheid, maar hulle word nie eens tereggewys nie!  Eerder word daar baie aandag gegee aan menslike beginsels wat niks met die geloof te doen het nie!  Het die kerk ook maar net " 'n geloof" geraak?  Dit is tyd dat daar 'n onderskeid gemaak word tussen dit wat God van ons verwag en dit wat mense van ons verwag.