Saturday, September 28, 2013

Versoeking/Beproewing

In hierdie blogpost gaan ons veral kyk na die tema van 
"versoeking" 
- in sommige skrifgedeeltes vertaal as "beproewing".

  Jesus het bv. die volgende aan die gemeente van Filadelfia gese:  
Openb. 3:10 - "Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing (G3986 - temptation) wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel".  Die woord "beproewing" hier,  is dieselfde as die woord wat gebruik word in die gelykenis van die saaier, maar daar vertaal word as "versoeking".  

(Luk 8:6)  "En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie"...................
(Luk 8:13)  "En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking (G3986 - temptation - a putting to proof, try) VAL HULLE AF"(G868 - fall away - withdraw self, depart, draw (fall) away).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kort opsomming:

(1)  VERSOEKING  GAAN OOR "OM OP DIE PROEF TE STEL".  Wanneer iemand nie die proef (beproewing) of versoeking deurstaan nie, VAL HY AF (Luk. 8:13; Hebr. 13:12)
(2)  GOD VERSOEK NIEMAND NIEDit is die duiwel wat mense versoek, maar dit is God wat dit toelaat, of nie toelaat nie - God sal ook nie toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie.
(3)  Dit is die TOESTAND VAN DIE HART wat bepaal of iemand versoeking kan deurstaan, en nie net dit nie, maar deur versoeking word ook bewys wat in die hart aangaan (vgl. met "vrug").
(4)  GEBED kan veroorsaak dat ons nie in versoeking kom nie.
(5) Iemand word versoek "AS HY DEUR SY EIE BEGEERLIKHEID WEGGESLEEP EN VERLOK WORD" -  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/versoeking-2.html
========================================================================

(Heb 3:12)  "Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God AFVALLIG(G868 - departing - withdraw self, depart, draw (fall)away) word nie".  In hierdie skrifgedeelte leer ons dat dit die HART is wat bepaal of iemand versoeking kan deurstaan.  Kyk ook na Jesus se verduideliking in die gelykenis van die saaier - "En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie,aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking  VAL HULLE AF".  Maar kan 'n Christen dan 'n bose hart he? Of 'n ongelowige hart? JA!  In die geval van waar die saad op die rots val, "neem hulle die woord met blydskap aan wanneer hulle dit hoor" - so iemand kom dus tot geloof, maar glo net vir 'n tyd en ontwikkel 'n ongelowige hart.

 'n Ander interessante vb. is die van Simon die towenaar, wat tot bekering gekom het, maar wie se hart nie reg was nie: - (Hand. 8:13)  "En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur"........(Hand. 8:18-23)  "En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry. Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie. Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word. Want ek sien dat jy in ‘n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is".

DIT IS DIE TOESTAND VAN DIE HART WAT BEPAAL OF IEMAND VERSOEKING KAN DEURSTAAN.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIT IS DUS DUIDELIK DAT NIE ALLE "GELOWIGES" VERSOEKING DEURSTAAN NIE, DIE MET 'N BOSE OF ONGELOWIGE HART, EN DIT TOT GEVOLG HET DAT HULLE AFVALLIG RAAK VAN DIE HERE.  
In die geval van Simon, was hy in 'n "gal van bitterheid" en "bande van ongeregtigheid" - gaan lees meer hieroor op page E-H op hierdie blog, en rol af tot: 
"In 'n gal van bitterheid": http://warechristene.blogspot.co.nz/p/e-h.html.)
VGL. DIT OOK MET HEBR. 3:8 (VERHARDE HARTE - verbitterd)

Hierdie afvalligheid kan tot gevolg he dat sulke afvallige gelowiges verleidende geeste en leringe van duiwels aanhang:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Ti 4:1)  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof AFVALLIG (G868 - depart - withdraw self, depart, draw (fall) away) sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang  -  GAAN LEES GERUS DIE HELE 1 TIM. 4 OM TE SIEN WAT HIER GENOEM WORD, DIE BELANGRIKHEID VAN OM DIE GODSALIGHEID NA TE JAAG, en wat  AS LERINGE VAN DUIWELS beskou word...(" wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het .................ens......)".

GELOWIGES WAT NALAAT OM DIE GODSALIGHEID NA TE JAAG, EN "VERLEIDENDE GEESTE EN LERINGE VAN DUIWELS BEGIN AANHANG", IS DIE WIE SE HARTE NIE REG IS NIE - BOSE EN ONGELOWIGE HARTE - DIE WAT NIE DIE VERSOEKING DEURSTAAN NIE - DIE WAT AFVALLIG GERAAK HET.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1Ti 6:9)  "Maar die wat ryk wil word, val in versoeking (G3986) en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang". (ook in hierdie geval verwys dit na wat in die hart van die mens aangaan)

========================================================================
GOD VERSOEK NIEMAND NIE!
Dit is die duiwel wat mense versoek, maar dit is God wat dit toelaat, of nie toelaat nie.


(Jak. 1:12)  Salig is die man wat versoeking (G3986) verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
(Jak. 1:13)  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek (G3985 - tempted - examine, proof, tempt, try) Hy niemand nie.

(Luk 4:13)  En toe die duiwel elke versoeking (G3986) geëindig het, het hy ‘n tyd lank van Hom gewyk.

(1Kor. 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking (G3985) bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

(1Kor. 10:13)  Geen versoeking (G3986) het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
========================================================================
GEBED kan ons beskerm teen versoeking:
(Heb 2:18)  Want deurdat Hy self onder versoeking (G3985) gely het, kan Hy dié help wat versoek word.


Jesus het vir ons geleer dat ons die volgende moet bid:
(Luk 11:4)  "en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking (G3986) nie, maar verlos ons van die Bose".

Voor Hy gevange geneem is, het Hy ook die volgende aan die dissipels gese:
(Luk 22:46)  En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking (G3986) kom nie.
(Mar 14:38)  Waak en bid, dat julle nie in versoeking (G3986) kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

dus het Jesus vir ons 'n groot waarheid geleer, dat:  AS ONS BID, KAN DIT VEROORSAAK DAT ONS NIE IN VERSOEKING KOM NIE.
========================================================================
As dit gebeur dat 'n gelowige in versoeking val, moet hy dit sien louter vreugde!, want as hy die toets deurstaan, bewerk dit lydsaamheid...

(Jak. 1:2)  "Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
(Jak. 1:3)  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
(Jak. 1:4)  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie".

(Deu 8:2)  En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing,om te weet wat in jou hart isof jy sy gebooie sal hou of nie.

========================================================================

Wie van ons is regtig sterk genoeg om staande te bly "sou ons versoek" word?  Bid ons genoeg?  Wat is die toestand van ons harte?  Vir die een wie se hart reg is, wat IN DIE HERE BLY, alhoewel met min krag, MAAR SY WOORD BEWAAR EN SY NAAM NIE VERLOEN NIE (Openb. 3:8), vashou aan die geloof en gereeld BID, sal die Here bewaar van hierdie "val" wat kan kom wanneer hy sou beproef word - m.a.w. bewaar van versoeking.  (2Pe 2:9)  'die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word' - kyk ook my blogpost: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-here-weet-om-die-godsaliges-uit.html.  Doen wat Jesus geleer het, WAAK EN BID, en  bid tot die Vader - "lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose".  Ondersoek jou eie hart en maak seker of jou begeerte is na Hom? (dat sou jy versoek word, jy staande kan bly en nie afval nie)

(Jak. 1:12-16)  

Waarna is jou begeerte?  Hoe lyk jou hart?  En is jou gedagtes op die dinge daarbo?  
(Vgl. dit met 1 Tim. 6:9).
=================================================================================

Terwyl baie gelowiges dink dat die duiwel hulle uitlos omdat hulle "onder die bloed van Jesus Christus is", is die waarheid:
- dat die duiwel hulle steeds probeer vang om sy wil te doen, en nie die Here se wil nie.
- dat hy gelowiges nog steeds met sy listigheid probeer bedrieg, deurdat hy hulle probeer kry om (1) ‘n ander Jesus aan te neem; (2) of om 'n ander gees te ontvang; (3) en om 'n ander evangelie aan te neem. 
- dat hy probeer om gelowiges se sinne bedorwe te maak 
- dat hy probeer om gelowiges wat in sonde stap, opgeblase te maak met wereldse wysheid waardeur hulle hul sonde probeer regverdig 
- dat hy probeer om gelowiges afvallig te maak van die Here
- dat hy gelowiges versoek om verkeerd te doen
=================================================================================
Alhoewel "verdrukking" ook gesien kan word as "versoeking", moet ons verstaan dat die rede vir verdrukking nie altyd versoeking is nie!  Die rede vir verdrukking of vervolging, is nie altyd "om op die proef te stel" nie, maar ook om ander redes, soos om "uit die weg te ruim"! (en l.w. dat Jesus gese het:  Joh 15:20 -  "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar") - en l.w. dat hierdie beproewinge ook lydsaamheid leer!.
(1Pe 4:12-16) 

Bekering

Wat beteken dit "Om tot bekering te kom"?

(2Pe 3:9)  "Die Here vertraag nie die belofte (van Sy wederkoms) soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
__________________________________________

Toe Johannes die Doper die volgende woorde gebruik het in Mat 3:2-"...Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom", was hierdie begrip glad nie iets nuuts vir die Jode nie.  Hulle het presies geweet wat dit beteken "om te bekeer".  Jesus het ook dieselfde woorde gebruik rakende die koninkryk van die hemele wat naby gekom het:  (Mat 4:17)  "Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom".  

Die Jode was maar alte bekend met die geskrifte, en hoeveel God die volk moes terugroep tot bekering.  "Bekering" was altyd soos 'n voorwaarde gebruik, en daar was natuurlik gevolge vir die wat nie tot bekering gekom het nie.  Hulle het goed verstaan dat dit gegaan het oor: 
"bekeer van werke" (die wil v/d Here soek bo werke, of barmhartigheid eerder as werke)
"bekeer van afgode" (om afgode te verwyder en die Here alleen te dien), en
"bekeer tot die Here" (sonde neerle,  na Sy stem  luister, Hom  gehoorsaam, reg  doen en die waarheid  soek).   
 Ook in die voorbeelde van evangelie prediking in die boek van Handelinge, in die eerste gemeentes, is dit duidelik dat bekering een van die voorwaardes was om kinders van die koninkryk te wees/word http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/evangelie-verkondiging.html. Nie net is bekering een van die voorwaardes nie, maar dit is self deel van "geloof"! Iemand kan nie bely "hy glo", maar hy het nooit tot bekering gekom nie.  Daarom is daar baie onbekeerde "Christene", mense wat beweer dat hulle glo, maar hulle is nie vry van afgodsdiens nie; hulle stap in opsetlik, aanhoudende sondes; hulle soek nie daagliks na die wil van die Here in hulle lewens nie;  hulle soek nie na die waarheid nie; hulle het werke meer lief as barmhartigheid...
========================================================================
(1)  JESUS HET DIE VOLGENDE OPMERKING GEMAAK in Mar 4:11- "En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, (Mar 4:12)  sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie". (kyk ook na Jes. 6:10, Joh. 12:40,41, en Hand. 28:27).
BEKERING 
en
VERGIFNIS VAN SONDES
gaan hand aan hand.
Dit is ook deels wat die doop voorstel! (wat die doop van Johannes voorgestel het, en deels wat die Christelike doop voorstel).   As iemand bely dat hy "vergifnis van sondes" ontvang het, moes hy ten minste eers tot bekering gekom het!
Ook waar Jesus die 12 uitgestuur het in Mark. 6, het hulle uitgegaan om mense "tot bekering" te roep (6:12) -(saam met die bekering sien ons hoe baie mense vrygeraak het van duiwels en siekes gesond gemaak is, omdat siektes somtyds die gevolg van sondes is - hulle "sondes word vergewe" wanneer hulle tot bekering kom).  
(Lees ook Luk 24:45-47; Hand. 5:30, 31; 15:3; 26:19,20)
================================================================
(2)  (Psa 7:11)  (7:12) God is ‘n regverdige regter, en ‘n God wat elke dag toornig is.
(Psa 7:12)  (7:13) As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee
"BEKERING" was nooit opsioneel nie!

(Lees Rom 2:3-6; 2 Kor. 7:9,10; 2 Tim. 2:25; Hebr. 6:6; Luk. 13:103; 15:10; Hand. 9:35)
================================================================
(3)  (Psa 51:13)  (51:15) Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.

WANNEER IEMAND BEKEND RAAK MET DIE WEE VAN DIE HERE, IS DIT LOGIES DAT BEKERING VOLGENDE VOLG.  So iemand raak bewus daarvan dat hy self die sonde en homself dien, en kom tot die besef dat hy homself moet bekeer om die Here ALLEEN te dien.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  BEKERING uit dooie werkeWAS DEEL VAN DIE FONDAMENT WAT GELE IS IN DIE EERSTE GEMEENTES:

(Heb 6:1,2; Hand. 8:22; 2 Kor. 12:21; Jak. 5:19,20; Openb. 2:5; 2:16,21; 3:3) 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  OM DAARDIE REDE IS DIE CHRISTEN GEROEP OM VRUG TE DRA, nie om wette na te kom nie, maar OMDAT DIT WYS OP DIE FEIT DAT IEMAND TOT BEKERING GEKOM HET.  Die persoon wat voorgee dat hy 'n Christen is, maar nie die nodige vrug dra nie, wys eintlik dat hy nie tot bekering gekom het nie!

(Mat 3:8; 9:13; 2:17)
================================================================
(6)  KOM ONS KYK NA DIE BETEKENIS VAN "BEKERING":

(Jer 35:15)  En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en maak julle handelinge goed en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien nie; dan sal julle bly in die land wat Ek aan julle en julle vaders gegee het. Maar julle het geen gehoor gegee en na My nie geluister nie.
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Deu 30:2)  en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,
-  NA SY STEM LUISTER
- HOM GEHOORSAAM
(Deu 30:10; Jer. 18:8-10; Eseg. 18:21; Sag. 1:4) 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Sa 7:3)  Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.
(1Sa 7:4)  Daarop het die kinders van Israel die Baäls en die Astartes verwyder en die HERE alleen gedien.
- OM DIE HERE ALLEEN TE DIEN

(2Ki 17:12,13) 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Ki 8:33)  As u volk Israel verslaan word voor ‘n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, en hulle hul tot U bekeer en u Naam bely en tot U bid en smeek in hierdie huis,
- VAN SONDE BEKEER
(1Ki 8:35; 1 Kon. 8:47; 2 Kron. 6:24; Jes. 55:7; Jer. 3:8-10; 23:14; 36:3; Eseg. 18:21, 23, 24; 18:27; Sag. 1:4)
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Ki 23:25)  En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot die HEREbekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele wet van Moses, en ná hom het nie een soos hy opgestaan nie.
-  AG GEE OP DIE HERE SE WIL/GEBOOIE (NA SY STEM LUISTER)(WIL HOM GEHOORSAAM) - v.1-3
 VERWYDER AFGODE -  2 Kon. 23: 4-24
(2Ch 30:9; 2 Kon. 23:4-24; Jes. 31:6,7; Jer. 4:1; 23:14; 25:5,6; 44:5; Eseg. 14:6)
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jer 5:1)  Swerf rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is wat reg doen, wat waarheid soek—dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.
(Jer 5:2)  En of hulle al sê: So waar as die HERE leef, sekerlik sweer hulle vals.
(Jer 5:3)  o HERE, is u oë nie op opregtheid gerig nie? U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie, hulle tot niet gemaak, maar hulle het geweier om tugtiging aan te neem; hulle het hul aangesig harder gemaak as ‘n rots, geweier om hulle te bekeer.
-  WIL REG DOEN 
-  WAARHEID SOEK 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Eze 3:17-21) 

-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Openb. 9:21)  En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.
- BEKEER VAN SONDE
(Openb. 16:11)  en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.

(Openb. 16:9)  En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
- OM HOM ALLEEN TE DIEN
================================================================

(2 Kor. 3:15)  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart;
(2 Kor. 3:16)  maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.

================================================================
(Psa 22:27)  (22:28) "Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid".
========================================================================http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html

...ons gemaak konings en priesters...

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/en-ons-gemaak-het-konings-en-priesters.html

...en ons gemaak het KONINGS EN PRIESTERS vir sy God en Vader... 


Die term van "konings en priesters" verwys veral daarna  "dat gelowiges saam met die Here sal regeer" (in die 1000 jaar): 
-(Openb. 5:10)  en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.
-(Openb. 20:6)  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Vgl. dit met Dan. 7:
(Dan 7:18)  en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.
(Dan 7:27)  Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.
================================================================

HIERDIE BELOFTES WAS SPESIFIEK GEMAAK AAN DIE JOODSE VOLK (sou hulle die voorwaardes nakom!):

(Eks. 19:5)  "As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou (L.W. VOORWAARDE!), sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
(Eks. 19:6)  En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
KYK OOK JES. PROFESIE:
(Jes. 61:6) "Maar júlle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem".

================================================================
Die vraag is nou, of hierdie woorde bedoel is vir alle gelowiges, en of dit net vir gelowige Jode bedoel is? In die boek van Petrus word dit vir ons goed verduidelik dat hierdie van toepassing is op alle gelowiges: 
(1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
(1Pe 2:10)  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
(1Pe 2:11)  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
(1Pe 2:12)  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

In die 1000 jaar sal dit nie net die gelowige Jode wees wat saam met Jesus gaan regeer nie, maar alle gelowiges (die wat deel het aan die eerste opstanding) - "hulle sal saam met Hom as konings regeer 1000 jaar lank.

-  KYK DIE DOEL VAN DIE "HEILIGE VOLK", V.9: "om te verkondig die deugde van Hom"
-  KYK OOK DIE KONTEKS VAN PETRUS SE SKRYWE:
(1Pe 1:15)  "Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word"
(1Pe 2:11)  "Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
(1Pe 2:12)  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon..." 

DIE HEILIGE VOLK, DIE GELOWIGES, MOET AG GEE OP DIE PAD VAN GODSALIGHEID.  DIE GELOWIGE IS GEROEP OM VRUG TE DRA EN TE VERTEL VAN DIE HERE. AS ONS DAN WIL VERKLAAR DAT ONS KONINGS EN PRIESTERS GEMAAK IS, DAN MOET ONS OOK DIE NODIGE VRUG DRA.  DIE GELOWIGE MOET BEREID WEES OM HOMSELF OP TE GEE VIR DIE HERE IN HIERDIE LEWE, SODAT HY DAARDIE BELOFTES DEELAGTIG KAN RAAK - hy moet die Here gehoorsaam wees en Sy wil soek,  Hom as eerste Liefde ken, en volhard in die geloof.

-KYK OOK Rom 8:17:  "en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word".
-(2Ti 2:12)  "As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën".
(Gal 3:7)  Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.

------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/jood-sowel-heiden-het-hulle-messias.html
-----------------------------------------------------------
DIE "EVANGELIE VAN VREDE?"
(Hand. 10:34)  En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,
(Hand. 10:35)  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
(Hand. 10:36)  Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal.

In hierdie gedeelte maak Petrus dit duidelik dat "evangelie van vrede" die volgende behels:
- dat "(1) God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in ELKE NASIE die een WAT HOM VREES en GEREGTIGHEID DOEN, Hom welgevallig is";  -(v.36)(2)"HY IS DIE HERE VAN ALMAL.
-Hierdie feit word ook in Ef. 2 goed verduidelik.
-Kyk ook  Rom 10:12-15 - "(1) Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde (2) Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!


========================================================================

Terwyl ons alreeds verklaar dat ons "kinders van die koninkryk" geword het deur ons geloof in Jesus Christus, en daarom 'n koninklike priesterdom, moet ons nie uit die oog verloor dat dit juis beteken dat ons "diensknegte" is van Jesus Christus (" 'n volk as EIENDOM verkry..")
Die wat nie die nodige vrug dra nie, sal uitgewerp word!
(Mat 7:20)  "So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele niemaar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is".


Die tema van "konings en priesters", verwys na die toekoms, wanneer ons saam met Hom sal heers soos konings - en is beperk tot die wat deel het aan die "eerste opstanding". - ons regeer nog nie as konings en priesters saam met Jesus Christus nie - ons moet eers deel he aan die eerste opstanding!  Die gelowiges wat nie die nodige vrug dra nie, sal nie deel he hieraan nie!  

Die Vrug van die Gelowige

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-vrug-van-die-gelowige.html

Die Vrug van die Gelowige

(Joh 15:1)  "Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jak. 5:7)  "Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike VRUG van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het".
---------------------------------------------------------------------------------------------
(Mar 4:26)  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi;
(Mar 4:27)  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.
(Mar 4:28)  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.
(Mar 4:29)  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.
================================

Die gelowige is geroep "om vrug te dra":
 (Joh 15:16)  "Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkiesen julle aangestel om vrug te gaan dra EN dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee". 
  In die gelykenis van die saaier, verduidelik Jesus 4 groepe mense - (1) die wat hoor, maar vergeet;  (2)  die wat hoor, die woord ontvang, maar net vir 'n tyd glo en in tyd van versoeking of verdrukking afval;  (3) die wat die woord hoor, ontvang - begin vrug dra - maar die rykdom en genietinge v/d lewe ens. verstik dit en hulle raak onvrugbaar, of dra geen ryp vrug nie;  (4)  die wat die woord hoor en ontvang, in 'n goeie hart hou en met volharding vrug dra.  Dit is slegs die wat met volharding vrug dra (dertig, sestig of honderdvoudig), wat verseker kan wees dat hulle nie uitgekap sal word nie. As iemand slegs vir 'n tyd glo, dan "bly hy nie in die Here nie" - en Jesus het dit duidelik gemaak dat as iemand nie in Hom bly nie, hulle nie vrug kan dra nie.  Iemand kan dus tot bekering/wedergeboorte kom (die woord hoor en met blydskap aanneem)(soos baba-stadium in trappe van geestelike onderving)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/hoe-groei-die-christen-geestelik.html), maar as hy nie "in Hom bly" nie - as hy "net vir 'n tyd glo", dan gaan hy nie vrug dra nie!  Kyk ons na die volgende vlak van geestelike groei, nl. "kind", dan gaan dit juis oor 'n verhouding met die Here - waar iemand Hom begin KEN.  Iemand wat nie geestelik oorgaan van baba na kind nie, gaan nie vrug dra nie!  

Net soos daar dinge is wat die gelowige doen wat veroorsaak dat hy vrug dra, bv. "om in die Here te bly", so is daar dinge wat veroorsaak dat hy nie vrug dra nie (bv. om net vir 'n tyd te glo), of dat hy onvrugbaar raak (bv. om meer besig te wees met die lewe as met die Here.
===============================================
Die onderwerp van "vrug dra" gaan egter nie oor "werke wat saligheid verwerf" nie, maar oor iemand wat "reeds saligheid ontvang het" in Jesus Christus! (m.a.w. iemand soek bv. daagliks na die wil van die Here omdat hy saligheid ontvang het, nie om saligheid te verkry nie;  of iemand maak persoonlike gebedstyd met die Here omdat hy saligheid ontvang het, nie om saligheid te verkry nie...)(MAAR sou iemand nie in die Here bly nie, Sy wil soek nie, Hom as eerste Liefde ken nie ens., dan gaan hy nie vrug dra nie - en sy vrug dan bewys dat hy nie regtig die Here liefhet nie, en sal hy afgesny word en in die vuur gegooi word - in so 'n geval kan iemand sy saligheid wat hy ontvang het, verloor). 
 (Luk 6:44)  "Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ‘n mens tog nie vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n doringbos nie". 

As die koringkorrel nie sterf nie, bly dit alleen, maar as dit sterf, dra dit veel vrug! (Joh. 12:24,25).  

(Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
========================================================================
(Mat 12:35)  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn". 

Vrug is 'n bewys van wat in iemand se hart aangaan.

(Heb 12:5)  En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;
(Heb 12:6)  want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.
(Heb 12:7)  As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns;want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?
(Heb 12:8)  Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
(Heb 12:9)  Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?
(Heb 12:10)  Want húlle het ons wel ‘n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.
(Heb 12:11)  Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

(Joh 15:2)  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
========================================================================

Wat is die verskil tussen "Goeie vrug" en "goeie werke"

Wanneer ons praat van "goeie vrug", verwys dit nie net bloot na "goeie werke" of goeie gesindheid nie, maar inteendeel werke wat uitspruit uit gehoorsaamheid aan die Here omdat die persoon tot bekering gekom het - omdat hy diensbaar geword het aan God.  Goeie vrug van die gelowige is dus 'n bewys dat iemand hom/haarself onderwerp het aan die Here.  Hy soek na die wil van die Here, en doen dit. 
=============================================================================================

Om "goed te doen" of die manier hoe ons optree, word ook gesien as "vrug", bv.  vredeliewendheid, vriendelikheid, barmhartigheid, die manier hoe ons praat, goeie lewenswandel, om in ander se behoeftes te voorsien, stoflike goed te deel ens. (Jak. 3:11-18; Fil. 4:17; Rom 15:26-28)  Die vrug van die Gees is immers  liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.  HIERDIE "VRUG" VAN DIE GELOWIGE IS EGTER NIE DIESELFDE AS DIE VRUG VAN DIE ONGELOWIGE NIE - al lyk dit ook of DIE ONGELOWIGE "GOEDDOEN".  

-DIT IS NIE DIESELFDE NIE, WANT DAN SOU DIT BETEKEN DAT IEMAND DIE EWIGE LEWE KAN VERKRY DEUR WERKE en ons weet goed dat saligheid nie verkry kan word deur werke nie. 

DIE VERSKIL tussen die gelowige wat goeddoen, en die ongelowige wat goeddoen, IS DAT DIE GELOWIGE DIENSBAAR GEWORD HET AAN GOD!, maar dieselfde kan nie gese word van die ongelowige nie - die ongelowige doen soos hyself goeddink, maar die gelowige doen die wil van die Here. 
-  (Rom 6:21,22)(Mat 7:20)  
(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
--------------------------------------------------

 Kyk gerus my blogpost getiteld  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html vir meer skrifgedeeltes oor die onderwerp van "goed doen". 
Bv. (1)  As iemand liefdadigheid bewys omrede  'OM GESIEN TE WORD' of 'SELFVERHEFFING', dan sal so iemand nie daarvoor beloon word nie;  dus,  As iemand liefdadigheid bewys omrede 'OM GESIEN TE WORD' of vir 'SELFVERHEFFING', dan is daardie daad nie volgens die wil van God nie! (2)Wanneer iemand beoog om goed te doen,maar nie sy "ja, ja hou nie", dan soek hy sy eie wil en nie na die wil van die Vader nie. (3) "Om goed te doen" gaan oor DIEN, nie oor gesag uitoefen of "OM EERSTE TE WEES" nie.  (4) Deur om "goed te doen" slegs omrede "VIR EIE GEWIN", bring iemand 'n oordeel oor homself. (5) Wanneer iemand "goed doen" volgens menslike wysheid, bedink hy nie die dinge van God nie en kan 'n struikelblok wees in die plan van God.

"OM GOED TE DOEN" moet dus beweeg word deur die leiding van die Heilige Gees
dit moet geskied "uit gehoorsaamheid", nie omrede selfverheffing nie. 
--------------------------------------------------------------------------------------------
(Joh 12:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.


Lees ook (Rom 7:1-6)  

"Goeie Vrug", of "vrug wat by die bekering pas", het dus te doen met "gehoorsaamheid aan die Here" - "die wil van die Vader doen", nie "doen wat ek dink ek moet doen" of om te "probeer om goed te doen nie"Dus moet die gelowige IN DIE HERE BLY om Sy wil te ken en Hom gehoorsaam te wees - hy vra die Here se wil in alles, hy vertrou die Here, soek na die waarheid, spandeer persoonlike gebedstyd met die Here....ens.  Dit stem ooreen met wat Jesus gese het: (Joh 15:5)  "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie".


---------------------------------------------------------------------------------------------
Die koninkryk van God sal gegee word aan die wat die vrugte daarvan dra!

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/goeie-vrug-en-goeie-werke.html

Wat beinvloed die VRUG van die gelowige?

nie vrug dra nie,
 of onvrugbaar raak,
 gaan hy uitgekap en in die vuur gegooi word (Joh. 15:2). 
---------------------------------------------------------------------------------
Wat beinvloed die VRUG van die gelowige?
==========================
(1)  BLY hy IN DIE HERE?
(2) hou hy VAS AAN DIE GELOOF, of glo hy net vir 'n tyd?
(3)  SORGE VAN DIE WERELD
(4)  verleiding van die RYKDOM
(5)  BEGEERLIKHEDE in verband met ander dinge en GENIETINGE VAN DIE LEWE  
--------------------------------------------------------------------------------


(Luk 13:6)  En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.
(Luk 13:7)  Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?
(Luk 13:8)  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.
(Luk 13:9)  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
=================================================================================