Saturday, September 28, 2013

Maar die wat buite is, word deur God geoordeel!

Ons kan twee dinge leer uit 1 Kor. 5:12 en 13:
*  MOENIE OORDEEL NIE (die wat buite is)(die ongelowiges)
*  ONS MOET OORDEEL (die wat binne is)(die gelowiges)(verstaan dat hierdie oordeel spesifiek gaan oor die wat in "aanhoudende sonde" stap, bv.  hoerery, gierigheid, afgodsdiens, kwaadspreek, dronk drink, steel ens.; dit gaan nie oor om "fout te soek by ander" of hulle te oordeel op "mensgemaakte wette" nie!!!)



Die Christen se plig is nie om die afvalligheid te keer nie, maar om die evangelie te verkondig!   Dit beteken nie dat die sonde wat hulle doen, reg is nie; ook nie dat die Christen die waarheid moet verdraai nie, maar baie Christene is so besig om vingers te wys na ongelowiges, dat hulle nalaat om die evangelie te verkondig!  Terwyl in evangelie-prediking die ongelowige bedag gemaak word van hoe verlore hy is in sy sonde, kan die Christen egter nog nie van 'n ongelowige verwag wat hy van 'n gelowige verwag nie (evangelie-verkondiging gaan nie daaroor dat ons die ongelowige oordeel op wat hy verkeerd doen nie, maar gaan oor om hom te beweeg om te kies om die Here te dien, wat dan sal beteken dat hy bv. afgodsdiens moet neerle).  "Bekering" gaan oor "ondergeskiktheid aan die Here" en 'n belsuit "om Hom gehoorsaam te wees", maar die persoon wat nog nie tot daardie punt gekom het nie, wat nog nie tot bekering gekom het nie,  is die "natuurlike mens" - hy neem die dinge v/d Gees nie aan nie, want dit is vir hom dwaasheid - hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word.

BEKERING was altyd saam met geloof gepreek:
-kyk Johannes se prediking;  
-ook het Jesus die belangrikheid van bekering gepreek;  
-kyk maar hoe die evangelie verkondig is in die eerste gemeentes...: http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/evangelie-verkondiging.html 
=================================================================================
Dus, terwyl die Christen nie vingers wys nie, is dit belangrik dat die ongelowige gewys word dat hy verlore is in sonde.

Om dus te se dat hoerery of homoseksualisme of lieg ens. sonde is, beteken nie "om te oordeel" nie; Maar om bloot vingers te wys na die ongelowige en om van hom te verwag wat ek van 'n gelowige verwag (nl. "om in geregtigheid te stap), is "oordeel".  Ons mag uitwys "wat sonde is", maar ons moet versigtig wees wanneer ons van ongelowiges verwag om in geregtigheid te stap, terwyl hulle nie "geregtigheid" ontvang nie (omdat hulle nie glo nie).

In Evangelisasie le die klem op geloof, nie wette nie (alhoewel iemand slegs tot geloof kan kom deur sy sonde af te le en die Here se wil te kies).   
  Wanneer Jesus terugkom, dan sal Hy hulle met 'n ysterstaf regeer (Openb. 2:27; 19:15)- Hy sal dit doen; dit is nie die Christen se plig om nou te regeer met 'n ysterstaf nie, want ons regeer nog nie - ons sal eendag saam met Hom regeer, ja, en Hy sal hulle met 'n ysterstaf regeer... Die Christen moet homself altyd sien as 'n dienskneg, nie as 'n regter nie. (Ook waar die Christen oordeel "die wat binne is", gaan dit oor om die persoon terug te bring op die pad, nie om regter te speel nie!).

Wat beteken dit dat daar KRAG is IN DIE NAAM VAN DIE HERE; en om in die Naam van die Here op te tree?

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html

"om 'n woord IN DIE NAAM VAN DIE HERE te spreek, of ander IN SY NAAM te leer", betken die volgende : 

(1) "om van Hom te getuig", Jesus Christus te verkondig aan ander en te bewys dat Hy die ENIGSTE Saligmaker is, die Seun van God; 
(2)   om lering te gee en te verkondig wat Jesus vir ons gedoen het, bv. "om die opstanding uit die dode" en "vergifnis van sondes" te verkondig;
(3)  om te getuig van Sy werke (bv. wat Hy doen, gawes en bedieninge wat Hy deur ons werk, ens.) en Sy genade (bv. persoonlike ervaringe met Hom- "sien en hoor").
---------------------------------------------------------------------------------
(1) WAT BETEKEN DIT DAT DAAR "KRAG IS IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS"?:  



  *  (Jer 10:6)  
*  (Dan 2:20) 
*  (Rom 9:17) 
*  (Ef. 1:20)

BG. SKRIFGEDEELTES IN KONTEKS GENEEM, BETEKEN "KRAG IN DIE NAAM VAN DIE HERE", DAT DIE HERE GROOT IS -  "HY IS IN BEHEER, DIE LOT IS IN SY HANDE, ALLES IS AAN JESUS ONDERWERP" - "omdat Hy in beheer is, is daar krag in Sy Naam"


LEES OOK:  (Openb. 4:11)  (Openb. 5:12)  (Fil. 2:9)  (Fil. 2:10)  
========================================================================
(2) WAT DIT BETEKEN OM "IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS" OP TE TREE:

 Wat beteken dit "om te SPREEK OF ander te LEER" IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS -
(soos die dissipels gedoen het...)


(Hand. 4:18) (Hand. 5:40)  (Hand. 9:27)

*  WAT BETEKEN DIT OM IN IEMAND ANDERS SE NAAM OP TE TREE?:
(1Sa 17:45) -  As jy gestuur word om in iemand anders se naam op te tree, maar jy voer nie daardie persoon se wil uit nie, dan tree jy nie meer op ter wille van daardie persoon nie, maar vir jouself! Die Naam van Jesus moet nie soos 'n towerwoord gebruik word nie!  As 'n gelowige weergee dat hy iets se of doen "in die Naam van Jesus" (m.a.w. om in Sy Naam op te tree), maar hy tree nie op volgens die wil van die Here nie, dan tree hy eintlik op "vir homself"!  Deu 18:20 - "Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe" -  In die Nuwe Testament het Jesus ons egter beveel dat ons sulke mense moet verdra (Mark. 9:38,39) - elkeen sal uiteindelik geoordeel word vir sy dade. 
Elke gelowige moet verstaan dat, om in die Naam van die Here iets uit te spreek, nie gaan oor "outoriteit" nie, maar eerder "verantwoordelikheid"
=================================================================================
-  "omdat Hy in beheer is, is daar krag in Sy Naam" - dit is nie die Christen wat in beheer is nie!  Die Here is in beheer, en die Christen moet "ter wille van Hom" spreek, m.a.w. "Sy wil uitvoer..." (hoe kan jy Sy wil uitvoer, as jy nie weet wat Sy wil is nie?) -(Joh 15:4,5 - "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie")
=================================================================================
*  WAT BETEKEN DIT OM "TEEN DIE NAAM VAN JESUS" OP TE TREE?  -Paulus noem die tyd wat hy die gelowiges vervolg het, 'n tyd wat hy "teen die Naam van Jesus" daardie dinge gedoen het:   (Hand. 26:9 - Wat my betref, ek het gemeen dat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Jesus die Nasaréner moes doen).  
Die persoon wat egter "in die Naam van Jesus" optree, verteenwoordig die Here en erken Hom as Here en in beheer:  (Mat 25:40)  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen - kyk ook v.45.  Alhoewel sommige gelowiges dink dat hulle altyd "in die Naam van Jesus" optree, is dit tog nie so nie - baie gelowiges tree "teen die naam van Jesus" op wanneer hulle bv. in die pad staan van 'n ander broer se bediening, kwaadspreek van sy broeder, sy broeder vervloek ens.  
=================================================================================

Wat het Jesus bedoel met die woorde: "Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom"


Wat het Jesus bedoel met die woorde:
"maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom..."  - Hand. 1:8 ?
==============================================
 (Hand. 1:8)  "maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde".  

Alhoewel hierdie "krag ontvang"  gepaardgaan met gawes en bedieninge, is die werklike rede vir "krag ontvang" nie om in gawes en bedieninge te stap nie (alhoewel dit outomaties volg), maar die rede daarvoor,  "om te getuig".  Baie Christene wil graag hierdie krag ontvang deur die Heilige Gees, tog het hulle geen begeerte om TE GETUIG nie, maar het eerder 'n begeerte na selfverheffing - "om iets te wees" of "om gesien te word" of  "om geeer te word" - dit is nie die rede hoekom Jesus hierdie krag belowe het nie.  Dit is nie verkeerd om die "beste gawes te begeer" nie, maar om watter rede word dit begeer? (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html). Net so is iemand se redes somtyds verkeerd "hoekom hy wil goed doen", of "hoekom hy so en so 'n besluit neem" ens. - ons redes hoekom ons iets wil doen of begeer, moet reg wees.  

Nie baie Christene het 'n begeerte vandag OM TE GETUIG nie, tog begeer hulle die krag van die Heilige Gees?  Hoekom?  

-(Hand. 9:22)  Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.(WAT IS DIE REDE HOEKOM HY MEER KRAG ONTVANG HET? -om te getuig)

-(Hand. 4:29,30)  En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind. (WAT IS DIE REDE HOEKOM HULLE VRA DAT DIE HERE WONDERS, TEKENS ENS. DOEN? -om met vrymoedigheid te kan getuig!)

(Hand. 1:8)  "maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde" (WAT IS DIE REDE HOEKOM HULLE KRAG GAAN ONTVANG?  - om te getuig!)

....m.a.w.? - "OM TE GETUIG!" -(en dan sal die Heilige Gees gawes en bedieninge werk soos Hy wil...) -
Die rede hoekom die Heilige Gees gawes en bedieninge deur die gelowige werk, is sodat hy kan getuig! (om met alle vrymoedigheid die waarheid te spreek!). Ten eerste moet ons verstaan dat dit slegs die is wat die voorwaardes nakom, wat die gawe v/d Heilige Gees ontvang.  Nie almal wat se hulle is gelowig, ontvang die Heilige Gees nie! Dit kos "onderwerping aan die Here se wil, om te glo en om Hom gehoorsaam te wees..."  - dit is die persoon wat regtig tot bekering en wedergeboorte gekom het, wat die gawe v/d Heilige Gees ontvang.  (Joh 10:27 - "My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My".)

- Ook volgens Hand. 5:32, is dit "net die wat gehoorsaam is aan die Here", wat die Heilige Gees ontvang.

Kyk maar, dat selfs waar die Christen in Ef. 6 beveel word om KRAGTIG TE WORD IN DIE HERE, gaan dit ook nie oor "outoriteit" nie, maar in konteks gaan die skrifgedeelte oor onderwerping aan die Here se wil, om Hom gehoorsaam te wees, om Hom te vertrou, die waarheid te soek, in geregtigheid te stap ens. Wanneer 'n Christen hierdie godsaligheid najaag, dan word hy "kragtig in die Here". 

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/wat-dit-beteken-om-kragtig-te-wees-in.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die gelowige voel nie altyd of hy baie krag het nie - (inteendeel, die manier hoe ons "kragtig" sien, is meestal verskillend van hoe die Here dit sien).  'n Gelowige mag dalk lyk of hy "min krag" het, maar tog kragtig wees in die Here!  'n Goeie vb. van sulke gelowiges, was sommige in die gemeente van Filadelfía in Openb. 3:7-13 - kyk wat het Jesus vir hulle gese: (Openb. 3:8)  "Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit niewant jy het min krag en (1) jy het my woord bewaar en (2) my Naam nie verloën nie". 

Is jy regtig vry van afgodsdiens?

Afgodsdiens behels nie net die aanbidding van afgodsbeelde nie, maar heelwat ander dinge.  In die aanbidding van afgodsbeelde, gaan dit oor "waarin die persoon sy hoop plaas" - dit gaan ook oor 'n "god en geloof wat hulle self skep".  Afgodsaanbidding is 'n teken van selfsug en 'n bewys dat iemand homself nie ondergeskik wil stel aan sy Skepper nie.
================================================================
3 Vorme van afgodsdiens:

 (1)  Menslike gebooie as sekuriteit (bedink aardse dinge en soek eie wil, o.a. "eiesinnigheid"-
1 Sam. 15:23; Kol. 2:20-23; Gal. 4:4-11; Fil. 3:18,19; Matt. 15:8,9).
(2)  Wereldse rykdom en wereldse sekuriteit (niemand kan twee here dien nie- Matt. 6:24; Luk. 16:10-15)
(3)  Sonde en "eie wil"  (bv. hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid - gewoonlik stap so iemand in daardie sonde, m.a.w. "aanhoudende sonde"- Kol. 3:5,6; Matt. 6:24; Ef. 5:5; Rom. 6:16; Jak. 4:4; Rom. 1:18-25) 

Redes hoekom mense afgodsdiens beoefen:
-   Sonde en "eie wil"
-  Hulle vertrou nie die Here nie
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 4:10)  Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

Julle is meer werd as baie mossies

(Mat 10:30)  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
(Mat 10:31)  Wees dan nie bevrees niejulle is meer werd as baie mossies.



In konteks het Jesus die woorde van "meer werd as baie mossies", gebruik saam met "vervolging" en "verdrukking" - ook saam met "om te getuig".  Hoekom moet ons nie bevrees wees nie?  -nie omdat Hy ons sal verlos van verdrukking nie, maar kyk die volgende woorde (v.26):  "daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie" As iemand ter wille van sy geloof verdruk en vervolg word, en selfs doodgemaak word, sal dit wat die ander persoon aan die gelowige doen, aan die lig kom - die gelowige sal nie "op die aarde val sonder die Vader nie", m.a.w. sonder dat Hy weet nie, en dit sal uiteindelik aan die lig gestel word!  Die gelowige is baie werd vir die Vader en die ander sal geoordeel word vir die feit dat hulle die waarheid (deur die getuienis van die gelowige) verwerp het, en vir enige vervolging of verdrukking wat die gelowige moes verduur.

LEES GERUS DIE HELE MATT. 10.  

(Mat 10:39)  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Gaan die bloed van die gelowiges gewreek word?

In Openb. 6, onder die 5 de seel, sien ons die siele onder die altaar, van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis (v.9). Volgens v. 10 is duidelik dat die gelowiges wat gedood is, wag op die tyd wanneer hulle bloed gewreek word: 

(Openb. 6:10)  En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê:Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
(Openb. 6:11)  En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.


"Vrees hulle dan niewant daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie"!
=================================================================
Die gelowige se oe moet nie gerig wees op 'n uitkoms nie!, maar op die feit dat die Here alles weet en omdat Hy vir die gelowige omgee, daardie mense sal oordeel wat in opstand kom teen Sy kinders - Die feit dat Hy vir die gelowige omgee, gaan dus nie daaroor dat Hy noodwendig 'n uitkoms gaan gee nie, maar eerder dat Hy weet van alles en elkeen sal oordeel vir hulle werke en die gelowiges se bloed sal wreek op die ongeregtiges. 

Monday, September 23, 2013

Opsomming Algemene Onderwerpe O - S

Saligheid (debat oor saligheid):  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/10/christen-debat-saligheid.html
die wat buite is, word deur God geoordeel:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html
...Ons gemaak konings en priesters...: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/ons-gemaak-konings-en-priesters.html
moenie Oordeel of veroordeel nie:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/moenie-oordeelveroordeel-nie.html
Olyfberg: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2014/12/olyfberg.html
Skape en bokke:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/na-wie-verwys-die-skape-en-die-bokke.html
7 briewe van Openbaring:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-7-briewe-in-openbaring.html

Handoplegging

Die tema van handoplegging, was nie iets vreemds
 in die eerste gemeentes nie. 

Die gebaar van handoplegging was 'n ernstige saak in die O.T. sowel die N.T., en behoort steeds so gesien te word.  In die Nuwe Testament word die volgende van ons verwag in 1 Tim. 5:22:  "Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein" -(rol af vir konteks).


(1)    Matt. 9:18, 19:13, Mark. 5:23, 7:32, 8:25,  wys op hoe die Here Jesus Christus deur handoplegging kinders GESEEN (EN VIR HULLE GEBID HET); Baie vb.e wys ook dat Hy mense die hande opgele het  WANNEER HY HULLE GESOND GEMAAK HET.

(2)  'n VOORBEELD in die N.T.  WYS DAT DEUR DIE HANDOPLEGGING VAN DIE APOSTELSDIE HEILIGE GEES GEGEE WAS AAN DIE WAT TOT GELOOF GEKOM HET (Hand. 8:18). Let wel dat die ontvang van die Heilige Gees, nie onderworpe was aan die handoplegging van die apostels nie - kyk bv. na Hand. 10:44/11:16. Ons sien egter 'n vb. in Hand. 8 van waar gelowiges in Samaria alreeds gedoop was in Christus Jesus (die Christelike doop), maar nog nie die Heilige Gees ontvang het nie! - die apostels het vir hulle die hande gaan ople sodat hulle die Heilige Gees kan ontvang  (Hand. 8:14-17).

(3)  IN DIE GEVAL VAN SAULUS (LATER PAULUS), HET ANANIAS IN OPDRAG VAN DIE HERE, GEGAAN EN HOM DIE HANDE OPGELE SODAT HY WEER KON SIEN (die Here het hom gestuur) (Hand. 9:12).

(4)  NOG 'N VOORBEELD WYS DAT OUDERLINGE HANDOPLEGGING GEDOEN HET WAAR 'N GENADEGAWE AAN IEMAND GEGEE IS (deur profesie - m.a.w weer-eens deur die wil van die Here gedrywe!)(1 Tim. 4:14). 


(5) WANNEER ONS WEET DAT IEMAND IN OPSETLIKE SONDE STAP, OF HULLE NOG NIE BEKEER HET VAN DOOIE WERKE NIE, MOET ONS HULLE NIE DIE HANDE OPLE NIE - In daardie sin:  "moenie iemand haastig die hande ople nie!" - laat jou liewer lei deur die Heilige Gees.  Dit moet nie gaan oor "vir wie jy wil hande ople nie", maar soos die Here jou lei (1 Tim. 5:22).
--------------------------------------------------------

(6) Baie siekes is ook gesond gemaak "deur die hande" van die apostels. (Selfs wanneer doeke of voorskote wat aan Paulus sy lyf was, op die siekes gelê is, het die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan!  (Hand. 19:12)).  Genesing deur handoplegging, was nie net vir die apostels uitgesit nie, maar Jesus het dit duidelik gemaak in Mark. 16 dat enige gelowige die hande op siekes kan le (Mar 16:16).

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OU TESTAMENTIESE SKRIFTE OOR HANDOPLEGGING:

-  Kyk bv. Gen. 48:14 (Israel  lê sy hand op die hoof van Efraim... dit was toe hy sy kinders geseen het);  soos ook die vb. van hoe die hele volk die Leviete geseen het nadat hulle gereinig is (Num. 8:10); en waar Moses vir Josua geseen het en die hande opgele het (Num. 27:22; Deut. 34:9; Num. 27:23);
-  handoplegging was ook gedoen met die sondoffer, waar die hande op die kop van die bul gelê is (Eks. 29:10; 29:15; Lev. 4:15; 8:14,18,22...) - in hierdie geval 'n offer aan die Here; of belydenis van die volk se sonde, waar die sonde deur handoplegging op die bok se kop gele is (Lev. 16:21); -hierdie was ook gedoen op iemand wat vir God gevloek het in Lev. 24:14 - die wat hom dit hoor se het, moes hulle hande op sy hoof le voor hy gestenig word;
-  Kyk ook waar versoening gedoen is vir die hele volk: Lev. 9:22, en 'n seen daarna oor die hele volk uitgespreek:  "Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het"; ook Num. 8:20.


==============================================================================

Ander interessante feite oor die tema van "hande" in die Skrif :

Die woord "hande" word baie gebruik in terme van beeldspraak in die Skrif:
Dit praat van "krag" in hande, "verdienste van die hande", "werk van die hande" ens.  Dit is deur God se hande wat Hy die mens geskep het.  
-Van iemand wat regverdig is, word die beeldspaak "rein van hande" gebruik.
- Van iemand wat doodmaak, word die beeldspraak "hande vol bloed" gebruik. -  Van die goddelose, word die beelsdspraak "boosheid van hulle handelinge" gebruik, of gepraat van die werke van hulle hande.  
- Van 'n hart wat swak raak (soos die vrees wat oor die goddelose sal kom met Jesus se wederkoms), word die beeldspraak gebruik "hande slap".


(Jos. 10:6 -in hierdie sin het dit gegaan oor hulp - "soos 'n hand op hulle" wat hulle moet help; Rig. 7:9-11in hierdie sin is dit "soos mag in sy hand" - ook Rig. 9:24 en 2 Sam. 2:7;  2 Sam. 17:2Die teenoorgestelde beeldspraak:  "slap hande" Esra 1:6; 4:4.  (ook Neh. 2:18; 6:9...) ;   2 Kron. 34:25 - goddelose verstrik in die werk van sy hande; Rig. 9:16 "verdienste v/d hande";  Job 1:10; Ps. 9:16,17; Job 10:8; 17:9; Ps. 18:24,25; Jes. 1:15,16; 3:6,7,11)



  
*  (Psa 139:5)  "U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my".

'N HAND OP IEMAND, KAN DUS VERWYS NA HULP OF IETS AFSPREEK OP IEMAND, SOOS IN DIE GEVAL VAN DIE VADERS TOT DIE SEUNS.  DIT IS SOOS IETS WAT NEERGELE WORD OP IEMAND. IN DAARDIE GEVAL OOK JOS. 10:6, DIE HAND OP HULLE WAT HULLE HELP, of waar die sonde op die bok neergele word...   
===========================================================
Iets anders interessant oor "hand":
Dit lyk of "hand onder iemand se heup le", in die O.T. 'n manier was om iets te "belowe": Gen. 24:2,3;  47:29-31