Saturday, September 28, 2013

Wat het Jesus bedoel met die woorde: "Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom"


Wat het Jesus bedoel met die woorde:
"maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom..."  - Hand. 1:8 ?
==============================================
 (Hand. 1:8)  "maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde".  

Alhoewel hierdie "krag ontvang"  gepaardgaan met gawes en bedieninge, is die werklike rede vir "krag ontvang" nie om in gawes en bedieninge te stap nie (alhoewel dit outomaties volg), maar die rede daarvoor,  "om te getuig".  Baie Christene wil graag hierdie krag ontvang deur die Heilige Gees, tog het hulle geen begeerte om TE GETUIG nie, maar het eerder 'n begeerte na selfverheffing - "om iets te wees" of "om gesien te word" of  "om geeer te word" - dit is nie die rede hoekom Jesus hierdie krag belowe het nie.  Dit is nie verkeerd om die "beste gawes te begeer" nie, maar om watter rede word dit begeer? (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html). Net so is iemand se redes somtyds verkeerd "hoekom hy wil goed doen", of "hoekom hy so en so 'n besluit neem" ens. - ons redes hoekom ons iets wil doen of begeer, moet reg wees.  

Nie baie Christene het 'n begeerte vandag OM TE GETUIG nie, tog begeer hulle die krag van die Heilige Gees?  Hoekom?  

-(Hand. 9:22)  Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.(WAT IS DIE REDE HOEKOM HY MEER KRAG ONTVANG HET? -om te getuig)

-(Hand. 4:29,30)  En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind. (WAT IS DIE REDE HOEKOM HULLE VRA DAT DIE HERE WONDERS, TEKENS ENS. DOEN? -om met vrymoedigheid te kan getuig!)

(Hand. 1:8)  "maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde" (WAT IS DIE REDE HOEKOM HULLE KRAG GAAN ONTVANG?  - om te getuig!)

....m.a.w.? - "OM TE GETUIG!" -(en dan sal die Heilige Gees gawes en bedieninge werk soos Hy wil...) -
Die rede hoekom die Heilige Gees gawes en bedieninge deur die gelowige werk, is sodat hy kan getuig! (om met alle vrymoedigheid die waarheid te spreek!). Ten eerste moet ons verstaan dat dit slegs die is wat die voorwaardes nakom, wat die gawe v/d Heilige Gees ontvang.  Nie almal wat se hulle is gelowig, ontvang die Heilige Gees nie! Dit kos "onderwerping aan die Here se wil, om te glo en om Hom gehoorsaam te wees..."  - dit is die persoon wat regtig tot bekering en wedergeboorte gekom het, wat die gawe v/d Heilige Gees ontvang.  (Joh 10:27 - "My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My".)

- Ook volgens Hand. 5:32, is dit "net die wat gehoorsaam is aan die Here", wat die Heilige Gees ontvang.

Kyk maar, dat selfs waar die Christen in Ef. 6 beveel word om KRAGTIG TE WORD IN DIE HERE, gaan dit ook nie oor "outoriteit" nie, maar in konteks gaan die skrifgedeelte oor onderwerping aan die Here se wil, om Hom gehoorsaam te wees, om Hom te vertrou, die waarheid te soek, in geregtigheid te stap ens. Wanneer 'n Christen hierdie godsaligheid najaag, dan word hy "kragtig in die Here". 

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/wat-dit-beteken-om-kragtig-te-wees-in.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die gelowige voel nie altyd of hy baie krag het nie - (inteendeel, die manier hoe ons "kragtig" sien, is meestal verskillend van hoe die Here dit sien).  'n Gelowige mag dalk lyk of hy "min krag" het, maar tog kragtig wees in die Here!  'n Goeie vb. van sulke gelowiges, was sommige in die gemeente van Filadelfía in Openb. 3:7-13 - kyk wat het Jesus vir hulle gese: (Openb. 3:8)  "Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit niewant jy het min krag en (1) jy het my woord bewaar en (2) my Naam nie verloën nie". 

Is jy regtig vry van afgodsdiens?

Afgodsdiens behels nie net die aanbidding van afgodsbeelde nie, maar heelwat ander dinge.  In die aanbidding van afgodsbeelde, gaan dit oor "waarin die persoon sy hoop plaas" - dit gaan ook oor 'n "god en geloof wat hulle self skep".  Afgodsaanbidding is 'n teken van selfsug en 'n bewys dat iemand homself nie ondergeskik wil stel aan sy Skepper nie.
================================================================
3 Vorme van afgodsdiens:

 (1)  Menslike gebooie as sekuriteit (bedink aardse dinge en soek eie wil, o.a. "eiesinnigheid"-
1 Sam. 15:23; Kol. 2:20-23; Gal. 4:4-11; Fil. 3:18,19; Matt. 15:8,9).
(2)  Wereldse rykdom en wereldse sekuriteit (niemand kan twee here dien nie- Matt. 6:24; Luk. 16:10-15)
(3)  Sonde en "eie wil"  (bv. hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid - gewoonlik stap so iemand in daardie sonde, m.a.w. "aanhoudende sonde"- Kol. 3:5,6; Matt. 6:24; Ef. 5:5; Rom. 6:16; Jak. 4:4; Rom. 1:18-25) 

Redes hoekom mense afgodsdiens beoefen:
-   Sonde en "eie wil"
-  Hulle vertrou nie die Here nie
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 4:10)  Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

Julle is meer werd as baie mossies

(Mat 10:30)  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
(Mat 10:31)  Wees dan nie bevrees niejulle is meer werd as baie mossies.



In konteks het Jesus die woorde van "meer werd as baie mossies", gebruik saam met "vervolging" en "verdrukking" - ook saam met "om te getuig".  Hoekom moet ons nie bevrees wees nie?  -nie omdat Hy ons sal verlos van verdrukking nie, maar kyk die volgende woorde (v.26):  "daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie" As iemand ter wille van sy geloof verdruk en vervolg word, en selfs doodgemaak word, sal dit wat die ander persoon aan die gelowige doen, aan die lig kom - die gelowige sal nie "op die aarde val sonder die Vader nie", m.a.w. sonder dat Hy weet nie, en dit sal uiteindelik aan die lig gestel word!  Die gelowige is baie werd vir die Vader en die ander sal geoordeel word vir die feit dat hulle die waarheid (deur die getuienis van die gelowige) verwerp het, en vir enige vervolging of verdrukking wat die gelowige moes verduur.

LEES GERUS DIE HELE MATT. 10.  

(Mat 10:39)  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Gaan die bloed van die gelowiges gewreek word?

In Openb. 6, onder die 5 de seel, sien ons die siele onder die altaar, van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis (v.9). Volgens v. 10 is duidelik dat die gelowiges wat gedood is, wag op die tyd wanneer hulle bloed gewreek word: 

(Openb. 6:10)  En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê:Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
(Openb. 6:11)  En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.


"Vrees hulle dan niewant daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie"!
=================================================================
Die gelowige se oe moet nie gerig wees op 'n uitkoms nie!, maar op die feit dat die Here alles weet en omdat Hy vir die gelowige omgee, daardie mense sal oordeel wat in opstand kom teen Sy kinders - Die feit dat Hy vir die gelowige omgee, gaan dus nie daaroor dat Hy noodwendig 'n uitkoms gaan gee nie, maar eerder dat Hy weet van alles en elkeen sal oordeel vir hulle werke en die gelowiges se bloed sal wreek op die ongeregtiges. 

Monday, September 23, 2013

Opsomming Algemene Onderwerpe O - S

Saligheid (debat oor saligheid):  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/10/christen-debat-saligheid.html
die wat buite is, word deur God geoordeel:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html
...Ons gemaak konings en priesters...: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/ons-gemaak-konings-en-priesters.html
moenie Oordeel of veroordeel nie:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2013/09/moenie-oordeelveroordeel-nie.html
Olyfberg: http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2014/12/olyfberg.html
Skape en bokke:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/na-wie-verwys-die-skape-en-die-bokke.html
7 briewe van Openbaring:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/die-7-briewe-in-openbaring.html

Handoplegging

Die tema van handoplegging, was nie iets vreemds
 in die eerste gemeentes nie. 

Die gebaar van handoplegging was 'n ernstige saak in die O.T. sowel die N.T., en behoort steeds so gesien te word.  In die Nuwe Testament word die volgende van ons verwag in 1 Tim. 5:22:  "Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein" -(rol af vir konteks).


(1)    Matt. 9:18, 19:13, Mark. 5:23, 7:32, 8:25,  wys op hoe die Here Jesus Christus deur handoplegging kinders GESEEN (EN VIR HULLE GEBID HET); Baie vb.e wys ook dat Hy mense die hande opgele het  WANNEER HY HULLE GESOND GEMAAK HET.

(2)  'n VOORBEELD in die N.T.  WYS DAT DEUR DIE HANDOPLEGGING VAN DIE APOSTELSDIE HEILIGE GEES GEGEE WAS AAN DIE WAT TOT GELOOF GEKOM HET (Hand. 8:18). Let wel dat die ontvang van die Heilige Gees, nie onderworpe was aan die handoplegging van die apostels nie - kyk bv. na Hand. 10:44/11:16. Ons sien egter 'n vb. in Hand. 8 van waar gelowiges in Samaria alreeds gedoop was in Christus Jesus (die Christelike doop), maar nog nie die Heilige Gees ontvang het nie! - die apostels het vir hulle die hande gaan ople sodat hulle die Heilige Gees kan ontvang  (Hand. 8:14-17).

(3)  IN DIE GEVAL VAN SAULUS (LATER PAULUS), HET ANANIAS IN OPDRAG VAN DIE HERE, GEGAAN EN HOM DIE HANDE OPGELE SODAT HY WEER KON SIEN (die Here het hom gestuur) (Hand. 9:12).

(4)  NOG 'N VOORBEELD WYS DAT OUDERLINGE HANDOPLEGGING GEDOEN HET WAAR 'N GENADEGAWE AAN IEMAND GEGEE IS (deur profesie - m.a.w weer-eens deur die wil van die Here gedrywe!)(1 Tim. 4:14). 


(5) WANNEER ONS WEET DAT IEMAND IN OPSETLIKE SONDE STAP, OF HULLE NOG NIE BEKEER HET VAN DOOIE WERKE NIE, MOET ONS HULLE NIE DIE HANDE OPLE NIE - In daardie sin:  "moenie iemand haastig die hande ople nie!" - laat jou liewer lei deur die Heilige Gees.  Dit moet nie gaan oor "vir wie jy wil hande ople nie", maar soos die Here jou lei (1 Tim. 5:22).
--------------------------------------------------------

(6) Baie siekes is ook gesond gemaak "deur die hande" van die apostels. (Selfs wanneer doeke of voorskote wat aan Paulus sy lyf was, op die siekes gelê is, het die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan!  (Hand. 19:12)).  Genesing deur handoplegging, was nie net vir die apostels uitgesit nie, maar Jesus het dit duidelik gemaak in Mark. 16 dat enige gelowige die hande op siekes kan le (Mar 16:16).

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OU TESTAMENTIESE SKRIFTE OOR HANDOPLEGGING:

-  Kyk bv. Gen. 48:14 (Israel  lê sy hand op die hoof van Efraim... dit was toe hy sy kinders geseen het);  soos ook die vb. van hoe die hele volk die Leviete geseen het nadat hulle gereinig is (Num. 8:10); en waar Moses vir Josua geseen het en die hande opgele het (Num. 27:22; Deut. 34:9; Num. 27:23);
-  handoplegging was ook gedoen met die sondoffer, waar die hande op die kop van die bul gelê is (Eks. 29:10; 29:15; Lev. 4:15; 8:14,18,22...) - in hierdie geval 'n offer aan die Here; of belydenis van die volk se sonde, waar die sonde deur handoplegging op die bok se kop gele is (Lev. 16:21); -hierdie was ook gedoen op iemand wat vir God gevloek het in Lev. 24:14 - die wat hom dit hoor se het, moes hulle hande op sy hoof le voor hy gestenig word;
-  Kyk ook waar versoening gedoen is vir die hele volk: Lev. 9:22, en 'n seen daarna oor die hele volk uitgespreek:  "Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het"; ook Num. 8:20.


==============================================================================

Ander interessante feite oor die tema van "hande" in die Skrif :

Die woord "hande" word baie gebruik in terme van beeldspraak in die Skrif:
Dit praat van "krag" in hande, "verdienste van die hande", "werk van die hande" ens.  Dit is deur God se hande wat Hy die mens geskep het.  
-Van iemand wat regverdig is, word die beeldspaak "rein van hande" gebruik.
- Van iemand wat doodmaak, word die beeldspraak "hande vol bloed" gebruik. -  Van die goddelose, word die beelsdspraak "boosheid van hulle handelinge" gebruik, of gepraat van die werke van hulle hande.  
- Van 'n hart wat swak raak (soos die vrees wat oor die goddelose sal kom met Jesus se wederkoms), word die beeldspraak gebruik "hande slap".


(Jos. 10:6 -in hierdie sin het dit gegaan oor hulp - "soos 'n hand op hulle" wat hulle moet help; Rig. 7:9-11in hierdie sin is dit "soos mag in sy hand" - ook Rig. 9:24 en 2 Sam. 2:7;  2 Sam. 17:2Die teenoorgestelde beeldspraak:  "slap hande" Esra 1:6; 4:4.  (ook Neh. 2:18; 6:9...) ;   2 Kron. 34:25 - goddelose verstrik in die werk van sy hande; Rig. 9:16 "verdienste v/d hande";  Job 1:10; Ps. 9:16,17; Job 10:8; 17:9; Ps. 18:24,25; Jes. 1:15,16; 3:6,7,11)



  
*  (Psa 139:5)  "U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my".

'N HAND OP IEMAND, KAN DUS VERWYS NA HULP OF IETS AFSPREEK OP IEMAND, SOOS IN DIE GEVAL VAN DIE VADERS TOT DIE SEUNS.  DIT IS SOOS IETS WAT NEERGELE WORD OP IEMAND. IN DAARDIE GEVAL OOK JOS. 10:6, DIE HAND OP HULLE WAT HULLE HELP, of waar die sonde op die bok neergele word...   
===========================================================
Iets anders interessant oor "hand":
Dit lyk of "hand onder iemand se heup le", in die O.T. 'n manier was om iets te "belowe": Gen. 24:2,3;  47:29-31



Sunday, October 14, 2012

Christen Debat: Saligheid


Almal is bekend met die gesegde:  
"eenmaal 'n kind van God, altyd 'n kind van God"
 Alhoewel die gesegde glad nie voorkom in die Bybel nie, is daar heelwat ander skrifte waarvan die afleiding gemaak kan word;  of is daar?

Vir jare is daar heelwat verskil onder leke sowel geleerdes oor die onderwerp van of die Christen sy/haar saligheid weer kan verloor nadat hy/sy tot bekering of wedergeboorte gekom het. 
 Sommige is van mening dat jy nooit jou saligheid kan verloor nadat jy 'n kind van God geword het nie;  ander is weer oortuig daarvan dat jy wel jou saligheid kan verloor, sou jy afdwaal of in opsetlik, aanhoudende stap.  

Daar is heelwat skrifte rondom die onderwerp en in hierdie debat word beoog om na soveel moontlik skrifte te gaan kyk en die moontlikhede van elke stelling te oorweeg.   
------------------------------------------------------------------------


Groep 1:  "Die Christen kan nooit sy/haar saligheid weer verloor nie"
(Die volgende word deur die groep as bewyse voorgehou)


-  Nadat iemand Jesus Christus as sy Saligmaker aangeneem het, dan kan daardie persoon versekerd wees van sy/haar kindskap in die Here.(Joh. 6:37-40; 3:16; 10:9) 
-  As 'n Christen bly stap in sonde en nie die nodige vrug dra nie, dan het hy nooit regtig tot bekering gekom nie.(Joh. 10:24-27;  1 Joh. 2:3,4; Matt. 7:16; Matt. 7:22,23) 
-  "Saligheid" kan nie verkry word deur "heilig lewe" of wette nie, maar deur 'n keuse te maak vir die Here. (Rom. 3:23,24; Joh. 3:16; Rom. 4:13-16;  5:1,2; 1 Joh. 1:8-10))
-  Almal sondig, al kom hulle tot bekering - God vergewe altyd -   Jesus het klaar vir daardie sondes betaal.(1 Joh. 1:9; 1 Kor. 5:1-5)  


(Joh 6:37)  Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.
(Joh 10:27)  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
(1Jn 2:4)  Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie.
(Matt 7:15)  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
(Rom 4:13)  Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.
(Rom 5:1)  Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;
(1Kor 5:5)  om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
(1Kor 3:15)  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
(Rom 8:38,39)  Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
---------------------------------------------



Groep 2:  "Die Christen kan sy/haar saligheid verloor as hy/sy bly stap in aanhoudend, opsetlike sonde" 
(Die volgende word deur die groep as bewyse voorgehou)  
                                  


-  Daar is heelwat voorbeelde van mense in die Bybel wat verloor het wat hulle eens ontvang het van die Here; dus alhoewel die kind van God versekerd kan wees van sy saligheid, kan hy dit verloor as hy dit nie oppas nie.(Adam en Eva het ewige lewe verloor - Gen. 3;  koning Saul het Heilige Gees verloor - Dawid het ook geglo dit kan gebeur - Ps. 51:11; Lucifer, gevalle engele - het "seunskap" verloor;  ens.)

-  Heelwat gemeentes en Christene is gewaarsku in die Bybel dat hulle afgesny kan word van die saligheid(Hebr. 10:26-31; Gal. 6:7,8; Rom. 8:12,13)

-  Christene se name kan uitgevee word uit die boek van die lewe(Openb. 3:5,6)

- Daar moet onderskei word tussen "opsetlike, aanhoudende sondes" en "daadsondes wat gedurig bely word" - die skrif is duidelik dat die uiteinde van opsetlik, aanhoudende sondes, "die dood" is.(1 Joh. 2:15-17; Hebr. 10:26,27; Ef. 5:5-7; Rom. 8:12,13; 1 Kor. 10:1-12; Fil. 3:18,19; Gal. 4:8-11)(Heb 10:25-28)  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;


(Gal 6:7)  Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
Openb 3:5)  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
(Openb 3:11)  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
(Openb 2:11)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
(1Jn 2:17)  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.
(Ef 5:5-7)  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.  Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.  Wees dan nie hulle deelgenote nie.
(Rom 8:12,13)  Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
(1Kor 10:12)  Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
(Openb 2:4,5)  Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.
-------------------------------------------------------------------------------

Opsomming:

Tussen die twee sienings, dra altwee se sieninge heelwat krag en die oplossing is nie noodwendig dat een reg is en een verkeerd is nie, maar eerder dat die sienings mekaar aanvul, bv. Joh. 6:66 is 'n goeie voorbeeld. In die gedeelte sien ons dat  'n klomp dissipels Jesus verlaat.  Wanneer ons die skrif in konteks lees, dan spreek dit nie van mense wat heeltemal alvallig geraak nie, maar eerder van mense wat in die eerste plek nie regtig geglo het nie!  Dus, soos die eerste groep se stelling, is daar BAIE MENSE WAT VOORGEE HULLE IS CHRISTENE, MAAR  INDERDAAD NIE IS NIE EN HULLE VRUG BEWYS DIT, maar ons moet ook die hele Bybel in konteks neem, nie net een skrifgedeelte nie, en saamstem met die tweede groep wat die stelling maak dat DAAR  DIESULKES IS WAT REGTIG TOT BEKERING KOM, MAAR AFVALLIG RAAK EN DIE GEVAAR LOOP DAT HULLE AFGESNY KAN WORD - sien verse.

 Net so kan met sekerheid gesê word dat die ware kind van God absoluut versekerd kan wees van saligheid, maar dan moet ander skrifte wat duidelik weergee dat mense hulle saligheid kan verloor, sou hulle dit nie oppas nie, ook in aanmerking geneem word.  Die een is nie verkeerd en die een reg nie, maar altwee is reg - ONS KAN SEKER WEES VAN ONS SALIGHEID, MAAR ONS KAN DIT VERLOOR AS ONS DIT NIE OPPAS NIE - sien skrifte.

Dat saligheid nooit verkry kan word deur "werke" nie en dat vrug 'n bewys is van die wat regtig tot geloof gekom het, is duidelik uit die skrif;  tog is daar Christene wat in aanhoudend opsetlike sonde stap, maar  werklik die Here eens as eerste liefde geken het, dus verwys dit na die wat van die geloof afvallig raak of geraak het.  Paulus bemoedig ons om diesulkes te vermaan tot hoop dat so iemand terugkom op die pad, maar dit is duidelik uit die skrif dat sou iemand hom nie bekeer nie, die Here "sy kandelaar kan verwyder".  Die uiteinde van die sonde is die dood, dus die verskil tussen opsetlik aanhoudende sonde en daadsondes wat opregtelik bely word en afgelê word.

Alhoewel ons deur genade die ewige lewe verniet verkry het, beteken dit nie dat God dit nie sal wegneem as ons van die geloof afvallig raak nie (soos party mense glo dat God nie 'n geskenk sal terugneem nie).  Die briewe deur Jesus aan die gemeentes in Openbaring, is genoeg bewys van hoe die Here daaroor voel - Hy sal 'n geskenk terugneem as iemand Hom as sy eerste Liefde verlaat (dit praat dus van iemand wat die Here op 'n stadium as Eerste Liefde geken het, maar nie meer nie - dus,  iemand wat gelowig geword het, maar afvallig geraak het).








Tydlyn Adam - 12 stamme van Israel


SKEPPING
|
ADAM  +  EVA
(Sondeval / Weggestuur uit die tuin)
|
Kain               Abel   
Set
(Kain het vir Abel doodgemaak)
|
ENOS
KENAN
MAHALALEL
JERED
HENOG
METUSALAG
LAMEG
|
NOAG
(Sondvloed  /  Noag se Ark)
(God sluit 'n verbond met Noag)
|
GAM                    JAFET
SEM
|
ARPAGSAD
SELAG
HEBER 
PELEG
REHU
SERUG
NAHOR
TERA
|
ABRAM  (ABRAHAM)
(Die roeping van Abraham)(Abram verlaat Ur - sowat 1900 jaar v.C.)
|
ISAK
|
JAKOB (ISRAEL)
|
ISRAEL SE 12 SEUNS (12 STAMME VAN ISRAEL)

=============================================================


http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/p/ons-ware-geskiedenis.html